Bewustelose kind uit kar gered

Paramedici by die winkelsentrum in Ballito.

Paramedici aan die KwaZulu-Natalse Noordkus moes Maandag by ’n geslote motor buite ’n winkelsentrum in Ballito inbreek om ’n bewustelose jong kind te hulp te snel.

Daar word beweer dat die kind se ouer (of ouers) hom of haar glo ure lank alleen in die motor sonder enige ventilasie agtergelaat het, terwyl hulle glo inkopies gedoen het.

’n Motorwag het die bewustelose kind eindelik in die motor in die parkeerterrein van die winkelsentrum gewaar en alarm gemaak.

Die ambulansdiens Medi-Respons sê die winkelsentrum se bestuur het paramedici na Ballito Junction ontbied waar hulle met hul aankoms ’n bewustelose jong kind in ’n geslote motor aangetref het.

Die paramedici het gedwonge toegang tot die motor verkry en die kind is op suurstof geplaas. Die kind het later sy of haar bewussyn herwin en is in die sorg van mediese praktisyns geneem.

Dit is nie duidelik of die ouers vervolg gaan word nie.

Maroela Media het Dinsdag ’n navraag aan die polisie gerig rakende die voorval en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Sluit die ouers vir ‘n paar uur in ‘n voertuig toe. Dan sal ons hoor hoe ONGERIEFLIK dit was! Gee die kind vir ouers wat werklik ‘n kind sal waardeer.

Di ·

Die ouers moet BESLIS vervolg word! Wat sou gebeur het as mense nie ingetree het nie, kind kon dalk gesterf het in die motor. SLEGTE OUERS!

Gert ·

Regtig het daai ouers geen verstand nie? Die plek is mos warm jy kan niemand in ‘n oop voertuig los nie wat nog van ‘n toe een

Vonny ·

Dit is SO wreed. Dankie aan die oplettende karwag!
Stem…sluit ouers ook toe in dieselfde motor■

Suzette ·

Lees weer Axel. Vonny het en ek dank òok die Here vir die karwag. Ek dink ook nie die karwag verwag enige eer nie. Die Here sal hom eer en seen en hy weet dit.

christo ·

Kindermishandeling en verwaarlosing. Kla strafregtelik aan. Leer hulle dat ‘n kind nie ‘n item is nie. So ook nie diere wat in voertuie toegesluit word nie. Lyk my die mensdom se IK en ‘common sense ‘ word met tegnologiese vooruitgang net minder.

Axel ·

Dankie aan die op en wakker motor wag. Mag God hom ryklik seën

Voilet ·

Hul moet alles maar alles wat hul het in die lewe verloor!!!

Swerwer ·

Natuurlik moet die ouers vervolg word, dit is moord. Geen kind behoort in ‘n motor gelaat te word nie. Ouers wat dit doen is beslis nie geskik om kinders op te voed nie.

melaney ·

Stem saam met jou. Gelukkig kon die kind gered word deur die vinnige optrede van ‘n kar wag. Die kind is darem nie dood nie. Ouer moet aangekla word vir kinder mishandeling en verwaarlosing.

Catherina ·

Moenie karwag vergeet nie. Behoort groot beloning te kry

Psyggie ·

HOE?! kan ‘n ouer so-iets doen?
Wonder hoe oud is die “jong” kind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.