‘Bewyse’ staaf besluit oor laerskole – minister

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys (14 Februarie 2020) (Foto: Koppano Tlape/GCIS)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Dinsdag die besluit verdedig om laerskole weer soos gewoonlik heeltemal vir leerders oop te stel.

Die derde kwartaal begin op 26 Julie. Die besluit geld vir alle laerskole, asook skole vir leerders met spesiale behoeftes.

“Ek besef dat die besluit om alle kinders tegelyk terug te stuur skool toe – te midde van die derde vlaag van Covid-19-infeksies – groot angs onder ouers veroorsaak. Dit is nie nodig om paniekbevange te wees nie. Ons besluit word gesteun deur empiriese bewyse,” sê Motshekga.

“Navorsing toon dat laerskoolleerders meer voordeel daaruit trek om deurlopend en ononderbroke kontakklasse met hul onderwysers te hê.”

Volgens Motshekga sal die departement deurlopend die infeksiesyfers monitor en seker maak dat alle regulasies in werking gestel is.

Kontaksport by skole bly intussen steeds opgeskort.

“Die gesondheid en veiligheid van leerders, onderwysers en die skoolgemeenskap is van sleutelbelang en sal nie in die gedrang kom nie. Ek wil ook weereens beklemtoon dat verjaardagpartytjies, troues en begrafnisse sover moontlik vermy moet word om die verspreiding van die virus te bekamp.”

Motshekga het ook bevestig dat die Covid-19-entstof “binne dae” vir onderwysers gereed sal wees.

Maroela Media het vroeër berig dat Johnson & Johnson binnekort 300 000 dosisse entstof vir Suid-Afrikaanse onderwysers beskikbaar sal stel. Nog dosisse word tans vervaardig en sal na verwagting in Julie beskikbaar wees.

Die onderwysvakbond Naptosa het aangekondig dat 500 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof vir die onderwyssektor opsy gesit is.

Staatskole sal voorkeur kry, waarna die private sektor sal volg.

“Ek het self reeds my Covid-19-entstof ontvang en is vol vertroue in die vermoë van ons regering om sy doelwit te bereik om 67% van ons bevolking in te ent.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fritz ·

Seker die 1ste keer ooit wat ek met n minister saamstem. Kan jy dit glo.

Pieter ·

Wonder net waar sy haar “empiriese bewyse” vandaan gekry het…….

Johan ·

Maak Angie presedent! Enigste een wat vir die kinders omgee, skoolhoof het net vandag weer ons kinders bang gepraat oor “covid”…. KINDERS IS NIE KWESBAAR NIE…Die hele storie dat mense sonder sintome dit noemenswaardig kan oordra is absoluut bog. Maar nou ja, NWO het gepraat.

Sonneblom123 ·

Ek sal graag my opinie wil lig… ek werk in die sektor en ook nou met al die laerskole en kleuterskole FET’s ens en ek sal graag onder jul aandag wil bring dat kleuterskole selfs oortrek is met covid posetiewe gevalle, laerskole ens is vrot onder covid. Ek weet van talle kinders in die hospitaal weens covid. Die sal jul nie in die nuus lees nie. So ek sal graag vir daai hoof wil opkom dis nie ‘n skrik maak metode nie dis die waarheid, dis die feite kinders jonk tot oud kry covid en hul kan ander aansteek, daar is selfs personeel wat se eie kinders hulle aansteek. Mense asb find uit van die feite voordat julle die onderwysers of hoofde steenig! Ons bid daagliks saam vir ons leerders en ouers en staff en hul families wat erg onder covid deur loop

Francois ·

Wie gaan na die kinders kyk as die skole weer moet toemaak. Ek kan nie bekostig om by die huis te sit sonder werk. Wie gaan dan na my kinders omsien. Ek stem hou die skole oop

annie ·

Die minister disinfect bloot net haar hande teen toekomstige chaos. Ouers kan nie of wil nie bedags na hul kinders omsien nie, skole moet dit doen. Voeding is nog ‘n saak. Die polisie is duidelik ook ten gunste van die terugkeer na die status quo met onderwysers as ‘n buffer teen ooreising. Geen opvoeding word gegee of waarskuwing oor gevare word aan ouers gerig nie en uiters min misdadigers aan bande gelè.

Katryn ·

is sy dan nie bewus daarvan dat daar n 60% kans is om ander mense covid te gee na die enting nie? as mens die nood nommer hotline bel en hulle die vrae vra se hulle dan daar is die moontlikheid dat baie nuwe infeksies gevolgtrekking het tot op die entings?

Katryn ·

indien dit gebeur dat enige een van my kinders dood gaan van covid …. sal ek beslis hierdie berig onthou, en ek sal die hele regering dagvaar omdat hulle wetend in die middel van n lewens gevaarlike pandemie ouers forseer om hulle kinders in gevaar te stel. ons mag nie die kinders weg hou nie dan word jy gedryg hulle gaan jou aangee by welsyn werkers. die het n regte boelie sisteem geword.

Wat het geword van – om maar net een vir die span te neem – skole toe te maak en weer die dinge te hervat waneer die gevaar uit die weg is. ek sal graag eerder my kind in matriek wil sien op 20 en trots wees want dit was covid as wat ek sien op sy 20ste verjaarsdag n bos blomme op die graf. ek is ongelukkig jammer as die mense gaan voel dit gaan oor salarisse en geld vir onderwysers. cool – geniet jou geld en salaris terwyl elke kind in jou klas siek is huig na asem en dood gaan oor jou geldgurigheid. weldone suid afrika julle passie vir kinders het sopas geslaag hoor.

Elinette ·

Sê my net die een ding – wat is beter, om jou kind skool toe te stuur terwyl jy gaan werk, te midde van ‘n pandemie wat dálk jou kind mag affekteer … of dalk nie. Of sal dit beter wees as jy vir jou werkgewer, wat jou salaris betaal, wat sorg vir kos in jou kind se maag, sê: “Jammer, ek kan nie kom werk nie, want ek moet na my kind kyk, wat nie nou skool toe mag gaan nie, omdat ek bang is hy/sy raak siek aan COVid-19”. Wat sal jy eerder wil sien – ‘n kind wat skool toe gaan met ‘n vol magie omdat sy/haar ouer kan werk, of ‘n kind wat tuis sit (of dalk in die strate rondlê) en niks het om te eet nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.