Bewyse van sabotasie by Eskom ingewin

Die toring het Woensdagaand onverwags omgeval. (Foto: Verskaf)

Bewyse het aan die lig gekom wat daarop dui dat ʼn verskaffingstoring wat by die Lethabo-kragstasie omgeval het wel die werk van boosdoeners was, eerder as ʼn blote ongeluk.

“Dit is moontlik dat daar kriminele elemente is wat doelbewus Eskom se bedrywighede en die hoop vir stabiele kragtoevoer in die land wil kniehalter.”

Só sê André de Ruyter, hoof van Eskom, nadat ʼn verskaffingstoring by dié Vrystaatse kragstasie vroeër vandeesweek omgeval het. Hierdie kragstasie is tans Eskom se betroubaarste kragstasie.

Maroela Media het vroeër berig dat die toring Woensdagaand net voor piektyd onverwags omgeval het. Die land sou volgens die kragvoorsiener na fase 6-beurtkrag toe moes skuif indien Eskom se personeel nie ná dié voorval vinnig op hul voete gedink het nie.

De Ruyter het Vrydag tydens Eskom se jongste mediakonferensie die voorval as ʼn “kwaadwillige daad van sabotasie” bestempel.

Daar is sedert die insident bewyse ingewin wat daarop dui dat die toring nie bloot per toeval of weens ʼn tekort aan voldoende onderhoud omgeval het nie, maar eerder doelbewus met iets soos ʼn hoekslyper gesny is.

“Daar is duidelike merke aan die staalkabels, wat aandui dat dit met ʼn instrument gesny is en nie weens metaalmoegheid, korrosie of roes gebreek het nie,” sê hy.

“Dit was ook nie ʼn ekonomiese misdaad soos diefstal nie, want niks is van die toring of selfs in die gebied om die toring gesteel nie. Dit was blote sabotasie en ons kan dit by die naam noem.”

Volgens De Ruyter het die toring boonop teen ʼn opdraande geval, in die teenoorgestelde rigting as wat dit sou val as die toring van self gebreek het.

“Indien ons nie daarin kon slaag om steenkool van ʼn ander bron na die stasie toe aan te ry nie, sou dit beduidende ekonomiese gevolge vir die land gehad het.

“Hierdie is ʼn duidelike aanduiding dat daar individue daar buite is wat daarop uit is om die ekonomie te stuit.”

De Ruyter wou egter nie spekuleer nie en het nie verder uitgebrei oor wie dié individue kan wees nie.

Die Valke is sedert die voorval aan die voorpunt van die ondersoek, maar volgens De Ruyter is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Dit is ontmoedigend dat daar mense is wat ʼn alternatiewe agenda het, terwyl Eskom alles in sy vermoë doen stabiele kragtoevoer te verseker.”

Beurtkrag is een van die meganismes wat Eskom gebruik om landwye kragonderbrekings te voorkom, maar kommer heers nou dat dit ʼn realiteit kan word indien sabotasie voortduur.

“Eskom het verhoogde veiligheidsmaatreëls by kragstasies landwyd getref, soos hommeltuie met infrarooi kameras, hoogsgevorderde sekuriteitskameras en meer lede van veiligheidsmaatskappye op voetsoolvlak.

“Dit is nou belangriker as ooit tevore dat owerhede saamwerk om Eskom se bates te beskerm, juis omdat daar nie op elke kilometer van die netwerk patrollies gedoen kan word nie,” sê hy.

Eskom het glo geruime tyd gelede ʼn aantal kragstasies geïdentifiseer wat brandpunte vir misdaad is, maar die Lethabo-kragstasie was nie op dié lys nie.

Desnieteenstaande is bykomende sekuriteit by die stasie ontplooi. Die Matimba-kragstasie in Limpopo is ook beter beveilig nadat eenheid 1, 2 én 3 van die kragstasie Woensdag gelyktydig uitgeskop het.

Die ondersoek na die voorval in Limpopo is steeds aan die gang.

Beurtkrag opgeskort

Beurtkrag fase 1 sal Vrydag tot 21:00 van krag wees, waarna dit heeltemal opgeskort word.

Geen verdere beurtkrag word vir die res van die week óf volgende week verwag nie.

Die kragnetwerk bly egter nog onder druk en Eskom het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul kragverbruik te verminder waar moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pierre ·

Maar net een van baie voorbeelde van sabotasie, die regering saboteer daaglisk die ekonomie met ondeerdenkde besluite en wette.

tweeling ·

Daar is nou ‘n wag aangestel wat keer dat die diefstal by Eskom voortgaan en nou wil die kriminele die wag weg hê deur dit te laat lyk of die wag nie sy werk doen nie. Hierdie is terrorisme.

Lourens JP ·

Die snywerk is nie net hoekslyper uitgevoer nie maar met gewone ystersaag. Hoekslyper snitte lyk heeltemal anders as snitte op fotos. Tydens sabotasie moet jy dit ongesiens en stil doen.

Julius ·

Met ‘n ystrsaag kan jy nie so laag op die grond afsaag nie, hoeksnyer wel. Geraas is nie ‘n faktor hier nie, want dis n die veld gedoen. Kordlose hoeksnyers is oral beskikbaar.

Tipper ·

Sit met n ou gangster president wat niks beteken nie, niks, moes hom lankal uitgehaal het, nou sal ons eindig met die gemors,kry vir julle paspoorte en emigreer na Potugal, suid afrika ons geboorte land sal al hoe verder in n gemors tuimel.

H.A. ·

TIPPER, portugal is net so kommi soos die anc- groot maatjies.

Hardekwas ·

Hierdie is definitief nie die eerste en laaste voorval nie. Dit is sabotasie, verraad en terrorisme, en moet as sulks behandel word. Dit lyk of die land nou totaal vernietig moet word. Wie sal daarby baat? Gaan soek maar antwoorde by die RET faksie van anc en eff.

JohanR ·

Wat is die doel daarvan, en wat probeer bereik. Dit slaan my stom dat daar gemors in die land is wat sabotasie met krag sal pleeg!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Hoogverraad! Daar is baie kriminele elemente in Suid-Afrika. Vind hulle en lê die hoogste moontlike vonnis op! Ek dink nie dit is nuus dat daar ñ klein hoeveelheid kriminele elemente in Suid-Afrika is wat dit wil saboteer en anargie wil veroorsaak nie. Maklik om die witman aan die stuur van sake te wil blameer.

Nuustak ·

Weet jy wat, die is net bewys van wat ek nog altyd sê: ‘ons’ wil nie vooruit gaan en verbeter nie. Solank ALMAL dieselfde lei is dit mos OK?

SlinkseKoljander ·

En dit tel nou vir al die probleme by Eskom? Die toring staan moes nou al baie lank al.

Genis ·

Ag siestog, hulle kon nie eers die opstokers van plundery in Natal, en Gauteng vervolg nie….

absoluut ·

Daar is nie meer wit mense of apartheid wat hulle kan blameer nie, die sabotasie is eie aan anc en eff, hulle het dit voor 94′ gedoen en het nog steeds nie opgehou nie, so sal hulle aangaan en alles in die verderf in forseer

gehasie ·

Beplande sabotasie…. Die vraag is deur wie en kan dit deel uitmaak van die plandemie?

Kobus ·

Hierdie beplande sabotasie is slegs om de Ruiter in ‘n swak lig te stel . Hier is meer as net kwaaddoeners betrokke. Word operasioneel beplan en uitgevoer.

henndrik ·

Nou wonder ek, hoekom is die kragstasie in die Vrystaat die betroubaarste? Is dit omdat die toerusting beter is of omdat dit beter onderhou word? is die mense wat daar werk net meer bevoeg? Hoekom kan al die stasies dan nie so wees nie?
Ek het ‘n voorstel, indien julle die skuldiges vang wat die mas kabels gesny het – gee hulle vrywaring indien hulle bystand gee om die mense wat agter die sabotasies staan gevang en ge-vonnis kan kry

Magda ·

Moet nie te ver soek nie, wanneer gaan *hulle” mense agter kom dat die huidige regering asook rooi pette nie vir di mense van SA omgee nie, en julle net gebruik om hulle self te verryk. Stop di ANC en EFF in hulle voet spore asb mense. Stem hulle UIT, UIT, UIT UIT.

Waarnemer ·

Kyk maar na die regering se top 3….sabotasie kom van daar af.

Waarnemer ·

Daar is n nuwe krag reus oppad….en gaan soek maar die leiers van daardie kragreus by die regering beginnende met CR homself.Ons gaan betaal dat ons bars!!!!

Casper ·

Ek wil voorspel dat iemand wat by escom weggejaag is agter dit sit om de Ruiter onbevoeg te laat lyk.

Nicholaas ·

Knap gedaan Andre, hopelik kan hul by die bron iutkom, dit kan nogal baie verrassings inhou.

anniekiewiet ·

In die Vrystaat was daar maande gelede al en ook onlangs, ook sprake van sabotasie wat kragtorings, en ook watervloei geraak het. Niemand kan iets bewys nie, maar snaakse dinge gebeur gereeld. As Escom wel in die spervuur is, kan die weermag seker ingespan word vir sekuriteit soos vir Nasionale bates, dan nie?

Martie Smartie ·

Ten minste het die ruiter nou n lekker nuwe verskoning

TO ·

Wat sal die goed nie als doen om die skuld op De Ruyter te laai nie, maar julle dink almal is pampoene

fransdutoit3 ·

Dit kan nie die enigste rede wees nie en maak ook nie sin nie.. Eskom soek verskonings en maak staat op die publiek se oningeligtheid..

Frank John ·

Ek sal van nou af my beste probeer om vlees en bloed te beveg nie soos die Woord van God sê.
Ons geveg is teen die nose magte… Om die oorwinning in ons land te kry oor die bose magte (nie mense) wat werk in ons land sal ons met die krag van God in Christus en leiding van die Heilige Gees, die bose magte begin uit dryf uit ons land sodat God weer kan heers soos in Sy plan van die begin af. Toe ons aan God sê: Ons sal vir U ‘n huis bou (of “monument”) het God dit gesien as dat ons saam met Hom aan Sy huis sal bou was dit nie ‘n huis wat met bakstene en cement gebou word nie maar met lewende stene. Kom veg saam met my teen die magte wat ons land wil verwoes en dryf hulle uit en bid vir die leiers dat ons in vrede kan leef.
Take it or leave it.

DIABLO ·

Ek het dit op n vorige berig gesê, en gaan dit weer sê. DIE ANC BETAAL DIE MISDADIGERS!!! ANC dryf hul eie agenda met n ander Kragopwekking maatskappy!

Brandwag ·

Ons land is in anargie gedompel, dit gaan nie beter word nie. Tref voorbereiding mense, moet nie dat julle met julle broeke op julle kniee gevang word nie.

Peter ·

Absoluut krimineel. Geen 1e wêreld sal so iets toelaat nie. Minder as die norm van 30% mentaliteit want almal ly daaronder.

madels ·

Sê dit nou al lankal, dankie tog, iemand het wakker geword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.