BFN-fietsryer dood toe hy motorfiets tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Fietsryer is Vrydag in Bloemfontein dood nadat hy ʼn motorfiets getref het.

“Ooggetuies voer aan die fietsryer, ʼn man in sy 60’s, het omstreeks 18:20 teen die verkeer in Curieweg gery toe hy die motorfiets getref het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Altwee mans het op die grond gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die fietsryer het kritieke beserings opgedoen en die motorfietsryer is ernstig beseer.”

Botha sê paramedici van Netcare het ongeveer 30 minute lank tevergeefs gespook om die fietsryer by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die motorfietsryer is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre Mpo ·

Ek haat hierdie fietsryers wat dink verkeersreels is net vir voertuie. Dit is onwettig om teen die verkeer te ry punt.

veronica ·

Ja nee! Jammer hys dood, maar weet nie WAAR hulle daar aan kom om so teen die verkeervloei op te ry nie!! My motor is nou nog minus n kant spieëltjie agv van so ene!! Gelukkig, vir daai ene, het hy net sy alie afgeval en sy fiets was nie meer dieselfde nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.