Bfn-huishulp helder oordag by werk vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huishulp van Bloemfontein is Maandag helder oordag, in die huis waar sy werk, met ʼn tou verwurg.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 09:00 by ʼn huis in Hippocrateslaan in Hospitaalpark gebeur.

“’n Bode het by die huis aangekom om ʼn pakkie af te lewer en terwyl hy by die hek gewag het vir iemand om te antwoord, het hy gesien hoe ʼn man oor die muur van die erf spring en weghardloop,” het Marope gesê. “Hy het ʼn veiligheidsbeampte wat in die omgewing was in kennis gestel en hulle is die huis in waar hulle [die liggaam van] die 40-jarige huishulp op die vloer van die waskamer aangetref het. Daar was ʼn tou om haar nek en sy was reeds dood.”

Volgens Marope het die eienaar van die huis gesê niks word uit die huis vermis nie. “Die verdagte het ʼn swart denimbroek aangehad, met ʼn blou oorpakbaadjie en ʼn swart pet.”

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jakes ·

My huiswerker het vanmore weer nie opgedaag. Dis nou elke Maandag se ding.

Nic Grobler ·

Jakes, ek sukkel bietjie om jou kommentaar by die moord van die berig uit te bring?

CHRISTA ·

Ek dink roof was sy eerste prioriteit, maar toe is hy verras met die huishulp se teenwoordigheid en die posbode wat ‘n pakkie wou kom afgee – anders sou hy na die moord voortgegaan het met sy roof!!

Alta Basson ·

Jakes wees eerder dankbaar dis nie jou huishulp nie, dis ongevraagde kommentaar.

Inwoner Bfn ·

Dit is verskriklik. Het in my straat gebeur. Stil buurt met min misdaad. Dit ruk ons gemeenskap.

Pietie ·

Dit is hoogtyd dat al hierdie gevaarlike toue uit die samelewing verwyder word.

Paula ·

Ja Jakes, wat kan ek sê, dis skokkend dat mense so ongevoelloos is, jou kommentaar het niks met hierdie artikel te doen nie en is rerig ongevraagd maar weerspieel maar net jou mentaliteit en hart van klip. RIP dame, en sterkte aan haar familie.

faith ·

sterkte aan die familie. dankie aan die bode wat gesien het iets is verkeerd net jammer die verdagte is nie gevang nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.