Bfn-huishulp vermoor: Verdagte vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die voorval waar ʼn huishulp van Hospitaalpark, Bloemfontein, Maandag helder oordag, in die huis waar sy werk, met ʼn tou verwurg is.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is omstreeks 22:00 Dinsdagaand in Bloemfontein in hegtenis geneem. Volgens Nkabi het die 38-jarige verdagte glo aan die polisie erken dat hy die moord gepleeg het. Hy sal Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die 40-jarige huishulp se liggaam is deur die eienaar van die huis gevind toe sy tuis gekom het. Volgens voorlopige ondersoek is die huishulp met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan voordat sy verwurg is. Daar is vroeër berig dat niks uit die huis vermis word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Z bc ·

Vreemd hoe die nuusberigte so kan verskil van dag tot dag. Met die vorige berig was gemeld dat ‘n afleweringsbode onraadvermoed het en op die liggaam afgekom het toe hy ondersoek ingestel het nadat hy ‘n verdagte persoon opgemerk het wat oor die heining spring en toe ‘n sekuriteitsfirma se wag genader het en die eienaar sodoende van die moord op die perseel verwittig is – en nou word daar berig dat die eienaar van die huis klaarblyklik op die liggaam afgekom het …….. Hoe dit ookal sy, sterkte aan die huishulp se geliefdes. Dis baie hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.