Bfn-kroegeienaar verkrag glo kelnerin

boeie 5Die eienaar van ʼn sportkroeg in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Woensdagaand ʼn kelnerin wat aan diens was, verkrag het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die 23-jarige vrou was in die badkamer toe sy ʼn harde slag gehoor en die deur oopgeswaai het. Die eienaar het glo binnegekom en haar na die vloer toe gedwing waar hy haar verkrag het.

Volgens Kareli het die meisie gewag tot haar skof verby was voordat sy die saak by die polisie aangemeld het. “Die eienaar was glo nie onder die invloed van alkohol toe die beweerde voorval plaasgevind het nie,” het hy gesê.

Die verdagte is deur die Navalsig-polisie in hegtenis geneem en sal môre in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

pop ·

En hoekom sou sy nou gewag het tot haar skof verby is. Maak nie sin nie.

Dave ·

Miskien was daar opsies wat sy teen mekaar opgeweeg het soos ‘n werk en inkomste teenoor reg laat geskied en as dit so was dat sy eers moes besluit, het sy die regte keuse geneem.

Peet Schabort ·

Natuurlik het hy haar dopgehou sodat sy nie vroeër kon wegkom.
Wat ‘n vernedering om dan nog verder vir die vark te moes werk.

boer ·

sit die vark se gesig in die koerant,dat almal kan sien wie hy is

MARTIN ·

Hy sal seker weer op ‘n tegniese puntjie loskom. Ek sê ook wys sy gesig.

Janine ·

Ek moet ongelukkig saamstem, Scalla. Iets klink vreemd. Ek kan my nie indink dat enige vrou eers ‘n skof gaan klaar werk en dan Polisie toe gaan nie. Maar dan, elkeen reageer seker anders.

Michiel ·

Janine en Scalla – lees Peet Schabort se kommentaar. Dit maak nogals sin. Sy was seker so angsbevange na die gebeure en gesien hy hou haar pal dop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.