BFN-man vir bakkiesleutels doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige man is Maandag in Rocklands in Bloemfontein doodgeskiet nadat hy nie sy motorsleutels wou oorhandig nie.

“Drie mans het glo die man by die kamer wat hy huur, genader,” het ao Isaac Police, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Hulle het die sleutels vir sy bakkie geëis.”

Volgens Police het een van die mans ʼn vuurwapen te voorskyn gebring toe die man geweier het om die sleutels te oorhandig.

Die mans het te voet gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Slim Daan ·

Met n naam soos Isaac Police neem ek aan sy nering was reeds by geboorte vir hom uitgeknip ?
Die Wilde Weste leef hom toenemend voort in die Rynbouw Neisin vannie RS of A. Hier gaan n man slegs oorleef as jy ala Jesse James en Cisco Kid jou ” single sixshooter ” uitpluk ten einde die sakie ” uit te sort “.
Eis die wa-pad rowers ” your car keys or your life ” – laat waai jy soos n Ruiter in Swart van ouds met n vinnige pow! pow! Sien geen ander oplossing nie. Dis woes daar buite. Die sterkste ( en vinnigste ) is al wie aan die einde van n lang nag, staande gaan bly.

Jasper ·

Hulle skiet n man vir sy voertuigsleutels en vlug te voet. Dit is net plein moord, omdat ons lus was.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.