Bfn-meisie steeds kritiek; ‘dronkbestuurder’ vas

Anrike Marais. Foto: Verskaf

Anrike Marais. Foto: Verskaf

Anrike Barnard (16), wat Saterdagaand ernstig in ʼn motorongeluk beseer is, se toestand is steeds kritiek.

Anrike,’n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Sand du Plessis, is ernstig beseer nadat ʼn beweerde dronkbestuurder agter teen die motor waarin sy ʼn insittende was, vasgejaag het. Die botsing het op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Jac van Rhynstraat in Bloemfontein plaasgevind.

Anrike se ma, Marelize, het aan Maroela Media gesê haar dogter is steeds in die intensiewesorg-eenheid van die Life Rosepark-hospitaal waar sy aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is. Sy word gedeeltelik onder verdowing gehou. Volgens Marelize is Anrike se longe ernstig beseer en het ʼn bloedklont ook in een long gevorm. Haar bekken, femur en neus is ook gebreek.

“In dié stadium sukkel sy regtig met asemhaling, maar ons bly positief,” het Marelize gesê. “Dit gaan baie goed met haar beenbreuke en die fisioterapeut is baie tevrede. Ons gee maar elke dag klein treetjies, maar ons los nooit God se hand nie.”

Die ander drie insittendes in die motor het slegs geringe beserings opgedoen. Anrike se vriendin, Bianca Marais (16), het ʼn nekbesering en harsingskudding opgedoen, maar is dieselfde aand uit die hospitaal ontslaan. Marais se oom en tannie, Divan en Marina Rossouw, is nie in die hospitaal opgeneem nie.

Intussen het konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, bevestig dat die bestuurder van die ander motor, Sechaba Kgaile (40), Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn het op aanklagte van dronk- en roekelose bestuur. Die saak is uitgestel, maar Nkabi kon nie bevestig of Kgaile steeds in aanhouding is nie.

Volgens Marelize ontvang die gesin ongelooflike ondersteuning van die publiek sedert die ongeluk. “Mense van oor die wêreld stuur vir ons boodskappe en bid vir Anrike. Ons glo en volhard in gebed dat Anrike ten volle sal herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Francois ·

En so word onskuldige mense se lewens deur barbare verwoes.

anet ·

Sterkte aan die familie, en ek bid Anrike ‘n spoedige herstel toe. Altyd hartseer om te hoor van roekelose bestuurders wat ander mense so onnodig kan beseer, en selfs se dood kan veroorsaak

Maritza Van Zyl ·

Dear beloved in CHRIST JESUS, you, family & everybody concerning you was pertinentjy laid upon our hearts today in the Prayer Room to let you Pray this SPECIAL Prayer with us…!! “Dear JESUS NOW I take his/her hands in mine & put it in YOUR FATHERS HAND together as we stand in the SHADOW OF THE ALMIGHTY & SUDDENLY THE HURT BECOMES LESS, YOUR GRACE TAKES IT AWAY , COS YOUR LOVE TOOK THE HURT AWAY.. JESUS, THROUGH YOUR BLOOD, CHANGE his/her LIFE NOW.! HOWEVER… LORD WE ASK FOR COMPLETE CHANGED & LIVES THAT ARE MADE WHOLE BY YOUR BLOOD..! HOLY SPIRIT PLEASE TAKE COMPLETE CONTROL IN THIS PRECIOUS LIVES IN THE MAJESTIC NAME ABOVE ALL NAMES… YES, THE NAME OF JESUS OF NAZARETH OUR LORD & SAVIOUR.! THANKYOU LORD JESUS CHRIST..! Amen & Amen..! BE BLESSED & STAY BLESSED.. Soly deo Gloria..!!

Nico ·

Dit is God se beskerming dat daar nie meer ongelukke in Nelson Mandelaweg is nie laat staan nog noodlottig. Dit is omdat daar geen krieseltjie wetstoepassing is nie. Ons moet gereeld in die vroeëoggend ure daar deur ry en dit is ‘n skok om te sien hoe rooi verkeersligte verontagsaam word en meestal teen ‘n hoë spoed met verkeer wat by die groen verkeerslig is en geregtig is om te ry.

My mening ·

Soos gewoonlik kom die dronkies niks oor nie, en onskuldige mense se lewens word verwoes. Vir my part kan almal wat met ‘n drankasem op die pad is, toegesluit word!!!

magriet ·

ek hoop hierdie kind herstel volkome.
ek hoop ook daar sit ‘n regter wat die vonnis moet uitspreek op die bank wat goed gatvol is vir mense wat suip en ry en die man tot baie jare vonnis sonder kans op parool.

Gina ·

Dis jammer vir die ongeluk, die hartseer en trane wat daarmee saam gaan. Ek moes gister oggend sien hoe le n swart seun so 8j oud dood in die pad en dat nie een voertuig stop nie….Almal het soos varke verby hom gejaag. Ek was so geskok. Kon nie gloe mense in Hartbeespoort ry soos varke nie, wat nog te sê van die kind wat daar gelê het. Mense ek het nie meer woorde vir sulke padvarke nie. WAT AS dit jou seuntjies was wat daar gelê het? Dis paas naweek en ek wonder hoeveel mense ken die betekenis daarvan. In plaas daarvan drink en bestuur hul. Dinsdag hof toe dan is hul spyt……..Mense veilig ry en mag GOD se hand oor jul en jul geliefdes waak deur die paas tyd

Maritza Van Zyl ·

Dear beloved in CHRIST JESUS, you, family & everybody concerning you was pertinentjy laid upon our hearts today in the Prayer Room to let you Pray this SPECIAL Prayer with us…!! “Dear JESUS NOW I take his/her hands in mine & put it in YOUR FATHERS HAND together as we stand in the SHADOW OF THE ALMIGHTY & SUDDENLY THE HURT BECOMES LESS, YOUR GRACE TAKES IT AWAY , COS YOUR LOVE TOOK THE HURT AWAY.. JESUS, THROUGH YOUR BLOOD, CHANGE his/her LIFE NOW.! HOWEVER… LORD WE ASK FOR COMPLETE CHANGED & LIVES THAT ARE MADE WHOLE BY YOUR BLOOD..! HOLY SPIRIT PLEASE TAKE COMPLETE CONTROL IN THIS PRECIOUS LIVES IN THE MAJESTIC NAME ABOVE ALL NAMES… YES, THE NAME OF JESUS OF NAZARETH OUR LORD & SAVIOUR.! THANKYOU LORD JESUS CHRIST..! Amen & Amen..! BE BLESSED & STAY BLESSED.. Soly deo Gloria..!!

Anke ·

Sterkte aan haar en die familie. Dis ‘n baie moeilike ding om deur te gaan. Ongelukkig gaan die dronkbestuurder niks oor kom nie. Ek praat uit ondervinding met die vark wat my skoonsus vermoor het 8 ure na haar huweliksbevestiging met my broer. Dis was in 2012 en nou nog niks met hom gebeur nie.

Piet Pompies ·

Ons was toevallig die Saterdag in Bloem en ‘n person met ‘n swart Mercedes sport model het soos ‘n maniak in die strate (Parkweg) gejaag, gaan voertuie aan die linkerkant verby. Dit was al laat aand en daar is padwerke in die stad. Die Mercedes was al houtkas gery, het duike gehad en nie al sy ligte het gewerk.

Henri du Plessis ·

Paul,
Die ongeluk het reeds gebeur en om nou te vra oor veiligheidsgordels gaan nie die seer minder maak nie. Gebruik liewer jou energie en bid saam met ons vir haar herstel. Sodra sy volkome herstel het, kan ons haar versoek om in die toekoms n veiligheidgordel te dra.

Henri

ig ·

Paul,dit is n idiotiese vraag.Jy kan 20 veiligheidsgordels dra maar as iemand van agteraf teen jou vasjaag gaan jy beserings opdoen

Faan ·

Vanoggend op RSG is gepraat oor die tipe beserings wat gepaardgaan met die nie dra van veiligheidsgordels. Dit is juis die tipe beserings wat die kind opgedoen het. Ons moet seker maak almal is vasgegordel as ons ry. Sterkte aan die meisie en haar familie. Mag julle gedra word in die tyd wat voorle. Ek praat van ondervinding.

Fia ·

Anrike se familie vra om 7uur vanaand n gebedsketting, asb. Die ventilator werk nie meer nie. Spesiale masjien v Jhb word nou ingevlieg wat suurstof d m v die hart gaan versprei. Snit in nek gaan gemaak word. Baie dankie.

OP ·

Ai tog bitter baie sterkte. Mag God julle almal vrede en krag gee in hierdie tyd. Mag HY haar hand styf vashou.

Neptunus ·

Sterkte aan die kind en haar familie. Ek stel voor die familie vind uit solank uit wie is die ondersoekbeampte in die saak, en hoor of die man se bloed binne twee ure vanaf die tyd van die botsing getrek is – dit sal interessant wees om vas te stel of dit wel gebeur het.

Wat Paul se vraag oor ‘n veiligheidsgordel betref: Paul, jy behoort te weet vryheid van spraak is nie welkom op hierdie forum onder sekere “kommintators” nie. Die spul wat kekkel oor jou vraag gee nie werklik om vir veiligheid van padgebruikers nie. Dis die soort wat self nie by stopstrate tot stilstand kom nie, dit as toegeetekens beskou en met selfone teen die oor bestuur.

Kom ons hoop die kind het wel ‘n gordel gedra, en dat sy nie haarself blootgestel het aan erger beserings deur dit na te laat nie. Dit lyk egter op die foto of die karsitplekke dalk losgeskeur het van die slag. Paul, die soort platformhelde en bekrebelle wat jou vraag as “idioties” beskou weet duidelik nie wat ‘n idioot is nie, en ook nie dat die Padongelukkefonds aansienlik minder uitbetaal as mens nie ‘n gordel gedra het nie. Hulle sal dit dalk eendag uitvind op die harde manier.

OP ·

Niemand weet feitelik of sy n gordel aangehad het of nie. Wat ons WEL weet is daar was n dronkbestuurder. Dis nie n ongeluk as jy dronk agter n stuurwiel inklim nie, soos dit nie n ongeluk is as jy n gelaaide geweer in jou hand het nie. As jy nie vir jou eie lewe omgee deur dronk te bestuur/selfoon praat of watookal nie – ander mense gee wel om vir hulle lewens.

Peet Schabort ·

Is daar enige beterskap in Anrike se toestand?
Volg asb. op.
Terloops, sy is beide ‘Barnard’ en ‘Marais’ in die berig maar ‘Barnard’ blyk korrek te wees.

Charmaine ·

Anrike vanoggend vroeg oorlede. Weet iemand of Mr Sechaba Kgaile wat verantwoordelik is vir haar dood in aanhouding is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.