Bfn-moord: ‘Noeline se klasmaats sukkel om dit te verwerk’

Noeline Koekemoer. Foto: Facebook

Noeline Koekemoer. Foto: Facebook

’n Gedenkdiens word Saterdag vir Noeline Koekemoer, die 15-jarige meisie van Bloemfontein wat in ’n woonstel in Bainsvlei vermoor is, gehou.

Koekemoer, ʼn gr. 10-leerder aan die Hoërskool Sand du Plessis, is Dinsdag deur haar ma in ʼn plas bloed in haar slaapkamer aangetref. Sy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp geslaan en verwurg.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê daar is tot dusver nog geen verdagtes vasgetrek nie. Aanklagte van verkragting en huisbraak is by die ondersoek bygevoeg.

Juanre Jenkinson, Noeline se spiesgooi-afrigter, het gesê sy was ʼn baie gewilde leerder omdat sy altyd geglimlag en drukkies aan haar skoolmaats uitgedeel het. “Sy was baie liefdevol en wou net altyd die beste vir almal gehad het,” het hy gesê. “Haar vriende en klasmaats hanteer dit [haar dood] baie sleg. Sy laat ʼn groot leemte by die skool.”

Volgens Jenkinson het die skool busse gereël om leerders na die gedenkdiens, wat by die Ou Apostoliese kerk in die stad gehou word, te vervoer.

Sedert die nuus van Noeline se dood bekendgemaak is, het talle mense hul medelye op die skool se Facebook-blad uitgespreek. Die skoolhoof, Willem du Buisson, het Noeline as ʼn voorbeeldige en hardwerkende leerder beskryf wat haar graad in die skool se leerlingraad verteenwoordig het.

“Ons sal haar vir seker mis. Ons betuig ons diepste meegevoel met haar ouers, gesin, familie en vriende,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anneke ·

Ek sal baie graag wil weet waarom NEWS 24 skryf dat sy ook verkrag is en waarom Maroela dit nie bekend maak nie.

ladybug ·

Dit sal na die lykskouing sekerlik bekend gemaak word, aldan nie.

Bespiegelinge kan erge gevolge he

ladybug ·

My hart gaan uit na haar ma … ek kan my nie indink hoe sy voel nie …

Cindy ·

Maroela berig wel van die verkragting ook: “Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê daar is tot dusver nog geen verdagtes vasgetrek nie. Aanklagte van verkragting en huisbraak is by die ondersoek bygevoeg.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.