Bfn-restauranteienaar vas oor perlemoen

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die eienaar en kok van ʼn restaurant in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat ʼn wenk ontvang is dat daar perlemoen by die restaurant verkoop word.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die restaurant, wat in ʼn sakekompleks in Pellisier geleë is, is deursoek. “Die 44-jarige restauranteienaar se huis is ook deursoek en daar is op perlemoen ter waarde van R10 000 beslag gelê.” Volgens Kareli is die vrou in hegtenis geneem.

Die restaurant se kok, ’n 48-jarige man, is intussen ook in hegtenis geneem nadat hy nie die nodige dokumente om in Suid-Afrika te woon en werk in sy besit gehad het nie. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die verdagtes is albei buitelanders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Nou stuur die verdagte buitelanders terug van waar hul kom dat hul daar hul straf uitdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.