Bfn-sakeman vandag in hof oor geslagsdele in vrieskas

Peter Frederiksen (Foto verskaf deur die Valke)

Peter Frederiksen (Foto verskaf deur die Valke)

Die Deense man wat verlede maand in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Peter Frederiksen (63) sal na verwagting om borgtog aansoek doen. Hy is aangekla van seksuele mishandeling, intimidasie en die oortreding van Suid-Afrikaanse mediese wette.

Frederiksen is by sy huis in Langenhovenpark in hegtenis geneem, nadat sy vrou die owerhede in kennis gestel het. Die polisie het ook beslag gelê op ‘n verskeidenheid toerusting, waaronder tange, skalpels en verdoofmiddels, asook foto’s van vroue se geslagsdele. Daar word geglo dat hy sy slagoffers onder verdowing geplaas het voordat hy op hulle geopereer het.

Die saak het reeds internasionale mediadekking gekry en die polisie het ʼn beroep op slagoffers gedoen om na vore te kom.

Frederiksen besit glo ‘n vuurwapenwinkel in Bloemfontein en bly al sedert 2006 in Suid-Afrika.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Nou hoe gebeur dit dat hy die operasies uitvoer en niemand kla nie. Hulle het dalk gevra dat dit gedoen word. EN sy vrou, waars sy dan as die dinge gebeur???

Cheryl ·

Net n siek mens sal so iets doen. Geen regdenkende mens kan so optree nie.. Hoop hy sit lewenslank. of nog beter doodstraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.