Bfn-sakeman vas oor geslagsdele in vrieskas

Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie in Bloemfontein het vroeër vandeesweek op ʼn huis in Langenhovenpark toegeslaan waar hulle vroue se geslagsdele in ʼn vrieskas gevind het.

Konst. Masilela Langa, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Donderdag op die huis toegeslaan nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het. Hy het gesê ʼn 58-jarige man, wat glo van Denemarke afkomstig is, is in hegtenis geneem.

Volgens Langa is daar ook op toerusting, waaronder tange, skalpels en verdoofmiddels, in die huis beslag gelê. Die verdagte, wat glo ʼn onderneming in die middestad het, het die huis met sy vrou en twee kinders gedeel. Die vrou en kinders is glo na ʼn plek van veiligheid geneem nadat die verdagte in hegtenis geneem is.

Langa het gesê daar is ook foto’s van vroue se geslagsdele gevind. “Dit is asof die man die hele proses gedokumenteer het.” Hy het gesê dit is nog nie duidelik of die vroue geleef het toe hul geslagsdele verwyder is nie.

Die polisie doen ’n beroep op mense wat slagoffers van die verdagte was of meer inligting het om met hulle in verbinding te tree. Die verdagte sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

CHRISTA ·

Ons weet dat ons plaaslike mense dit gebruik vir muti, maar wat maak ‘n man van Denemarke daarmee?!!!

derick ·

Waarvoor is verdowingsmiddel gebruik as die vroue moontlik dood sou wees?

Lynette ·

Dink julle nie dat as die vroue gelewe het sou iemand lankal hom gaan aankla het nie? Hulle het dalk gelewe tydens operasie maar ek twyfel of hulle daarna vrygelaat is.

pop ·

Hierdie is n reeksmoordenaaar met n baie siek brein. Daai was sy “keepsakes” Wie het die wenk gegee??

EMK ·

Ek kan nie die laaste paragraaf GLO nie! Die polisie doen ‘n beroep op ” mense wat slagoffers van die verdagte was…” – hello-o-o-o, ek dink nie die slagoffers lewe nog nie! Regtig, om nou te staan en dink die slagoffers sal hulself kan kom aanmeld! Glo my SOU die vrouens so-iets oorleef het sou hul seker lankal kom kla het, maar ja…wat kan mens se van die manne in blou?

Martie ·

Die vroue van sekere swart kulture glo aan geslagsmutulasie. Het dit nie dalk iets daarmee te doen nie. Bly nog steeds siek

Jan Stapskoen ·

In die foto lyk dit of daar iets soos neus-ringe en grommets op die tafel lê. Dit kan wees dat die ou piercings en agterplaas geslagsdeel “rejuvenation” operasies gedoen het. ‘n Klomp lyke met geskonde geslagsdele sou lankal reeds die polisie se aandag gehad het as die ‘n reeksmoordenaar was, en waarom sou hy dan sukkel met steriele verpakkings en verdowingsmiddels?

Gert ·

Baie dankie De klerk het hierdie piesang rupebliek ver oorsaak ,

Gert ·

jare en jare terug het die VADER endag 2 boxe neer gesit n grote en n kleintjie en toe sit hy n wh en n bl in lyn en se hardloop vir n box , bl was eerste daar hy is fiks en het veld maniere en kom eerste , wh kom laaste en moes die klein boxie aanvaar . klein box pen en papier , groot box . pik en graaf , rideneer die res vir jouself uit .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.