Bfn-tienermoord: Verdagte steeds in aanhouding

Noeline Koekemoer. Foto: Verskaf

Noeline Koekemoer. Foto: Verskaf

Die man wat aangekla word van die moord en verkragting van die 15-jarge Noeline Koekemoer van Bainsvlei in Bloemfontein, het Vrydag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê die 38-jarige verdagte het op aanklagte van huisbraak, verkragting en moord verskyn. Die man is egter nie gevra om te pleit nie en sal in aanhouding bly totdat hy Vrydag weer in die hof moet verskyn.

Noeline se liggaam is twee weke gelede in ʼn plas bloed op haar slaapkamervloer deur haar ma, Natasha Mans, aangetref. Noeline en haar ma het in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon. Sy is vermoedelik verwurg.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anna ·

Wat het die verdagte gedoen nadat hy haar moontlik verwurg het? Maw waar kom die plas bloed vandaaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.