Bfn-tienermoord: Verdagte was uit op borgtog

Noeline Koekemoer. Foto: Verskaf

Noeline Koekemoer. Foto: Verskaf

Die man wat aangekla word van die moord en verkragting van die 15-jarige Noeline Koekemoer van Bloemfontein, was uit op borgtog toe sy vermoor is.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 38-jarige verdagte het Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die hof het gehoor dat hy vroeër op borg vrygelaat is nadat hy van huisbraak aangekla is. Sy borg is Vrydag teruggetrek. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

Noeline se liggaam is op 7 April in ʼn plas bloed op haar slaapkamervloer deur haar ma, Natasha Mans, aangetref. Noeline en haar ma het in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon. Sy is vermoedelik verwurg.

Dennis Castens, ʼn familievriend, het vroeër aan Maroela Media gesê die man wat in hegtenis geneem is, is ʼn werker wat voorheen op die kleinhoewe gewerk het waar Noeline vermoor is. Marope kon dit egter nie bevestig nie en het gesê dit sal deel uitmaak van die ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nina ·

Dis nou al die soveelste keer wat ‘n barbaar op borg weer misdaad pleeg! Zuma moet aangekla word! Verdomp!

Eish! ·

Ennnnnnnn gevangenesse wat al baie jare sit, ennnnnnn op sterwe is, kry nie borg nie. Ek neem aan dit is omdat hul gesondheid te swak is om iemand te gaan verkrag en vermoor.

Riaan ·

Wanneer ‘n misdadiger wat op borgtog vrygelaat is weer misdaad pleeg, moet die landdros of regter wat die borgtog toegestaan het in hegtenis geneem en as medepligtige vervolg word.

Willem Oosthuizen ·

Die doodstraf moet terug kom. Basta met die wat se dit is barbaars. Was dit nie barbaars van die misdadiger om die jong meisie van haar lewe ontneem? HANG HULLE IN DIE OPENBAAR !!!!!!!!!

Paul* ·

Die feit dat hy op borgtog uit was kan in hierdie geval nie blameer word nie. Hy was aangekla vir huisbraak wat nie ‘n “geweldsmisdaad” is nie en dit is enige persoon se konstitisionele reg daartoe. Mense word borgtog toe gestaan vir hierdie tipe misdaad, nie net in ons land nie, maar wêreldwyd.
Dit gesê, en nie verwysend na hierdie spesifieke geval, stem ek glad nie saam oor sekere ander gevangenis wat borgtog kry nie. Die moordenaars, kinder molesteerders en verkragters, om net na ‘n paar te verwys, verdien om vir altyd in die tronk deur te bring en die sleutel moet weg gegooi word!

Ek stem volkome saam met Willem dat die doodstraf terug gebring moet word!! Dit is al manier hoe mense twee keer sal dink om sulke siek dade te pleeg.

Hannelie ·

Dankie Riaan. Hulle moet jou sommer Regter maak, want die wat in ons land is, is pateties. Hy sal natuurlik more vrygelaat word, want Zuma voel ‘n veer vir Suid-Afrika en sy mense. Dis hoekom ons land so agteruit gegaan het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.