BFN-vrou doodgeskiet tydens kapers se skrikbewind

Die 26-jarige vrou se liggaam word van die toneel verwyder. Foto: SAPD

Die 26-jarige vrou se liggaam word van die toneel verwyder. Foto: SAPD

ʼn 26-jarige vrou van Bloemfontein in die Vrystaat is doodgeskiet en haar vriend is kritiek beseer nadat hulle die slagoffers was van ʼn groep kapers wat vroeg Sondagoggend ʼn skrikbewind langs die N8 gevoer het.

Volgens die polisie het die kapers motoriste geteiken toe hulle teruggekeer het van ʼn musiekfees by ʼn gewilde kuierplek langs die N8.

Die eerste kaping het Sondagoggend omstreeks 01:00 plaasgevind. ʼn Man in ʼn silwer VW Polo het by ʼn verkeerslig naby die kuierplek stilgehou, waarna ʼn blou City Golf langs met vier insittendes langs hom stilgehou het. Die vier mans het uit die motor gespring en ʼn vuurwapen op die man gerig en hom beveel om uit sy motor te klim. Die verdagtes het met die motor gevlug.

Die tweede kaping het omstreeks 02:30 plaasgevind. ʼn 28-jarige vrou is deur dieselfde mans voorgekeer en die mans het met haar silwer Tata Indica gevlug.

ʼn Paartjie wat ook die musiekfees bygewoon het, het omstreeks 04:00 langs die pad in Meadowsweg, Grassland stilgehou. Drie mans het die paartjie genader. Die 26-jarige vrou het geskree waarna die verdagtes haar 44-jarige kêrel in die bors geskiet het. Die vrou het probeer weghardloop en is in die agterkop geskiet. Sy is op die toneel dood. Haar kêrel is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Die kapers het met die paartjie se motor gevlug.

Polisiebeamptes is ontbied en was vinnig op die spoor van die kapers. Drie verdagtes is kort hierna in hegtenis geneem. Die polisie het op die drie gekaapte motors en ʼn vuurwapen beslag gelê.

Die polisie het ook op ʼn vierde voertuig beslag gelê nadat daar motorsleutels in die een verdagte se sak gevind is. Die motor is by ʼn winkelsentrum in Bloemfontein gevind nadat dit vroeër gekaap is. Die polisie soek intussen na ʼn vierde verdagte.

Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord, poging tot moord en kaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Amanda ·

Tekens van die tye waarin ons leef…
Later, nadat Jesus teen die hang van die Olyfberg gaan sit het, kom vra sy dissipels Hom vertroulik: “Vertel vir ons wanneer sal al hierdie dinge gebeur. En wat sal die voorteken van u koms en van die einde van die wêreld wees?
Die sonde sal so toeneem dat baie se liefde sal afkoel.”
•~Matt 24:3,12

veronica ·

Nou wonder ek net: Hoekom het die polisie nie die pad gepatroleer as daar reeds ‘n eerste en ‘n tweede kaping was nie? Miskien kon daardie arme vrou nog gelewe het en kon die polisie die kapers eerder vasgetrek gewees het!!! Swak van die polisie!

Pieter ·

Veronica,

Ons minister stuur mos ons polisie eerder Lesotho to ,om iemand te gaan oppas daar.
Die klomp is gevrek, hulle sal nooit weer hierdie land in order kry nie

At ·

Ai mense, lees weer die berig. Die kapings het met n tussenpose van 90 minute uitmekaar plaasgevind en op verskillende paaie. Moet die polisie nou wragtag so elke straat vol polisiemanne met voertuie laat patroller om hopelik die skelms te vang? Julle redeneer idioties. Geen polisiemag kan raak raai waar die volgende kaping gaan plaasvind nie.

Andre ·

Dit is onmoontlik vir die Polisie om oral te wees. Die misdadigers vind dit makliker om te steel en roof as om te werk. Daar is gemeenskaps polisiering in alle stede in ons land in samewerking met die Polisie. Sluit aan en neem deel daarin dit werk baie effektief in stede en dorpe waar daar toegewyd aksie geneem word.

George ·

Dit verdien niks minder as die “””DOOD STRAF””” nie . As Helen die dood straf sal terug bring kan hulle haar more pres. maak

Ansie ·

At, ek stem saam, die SPAD kan nie oral wees nie, MAAR as daar ‘n musiekfees was, hoekom is die Provinsiale Vekeer nie ook ingespan om roetes te patroleer nie? Gaan kyk na die Oppi Koppie fees naby Brits, SAPD in samewerking met Provinsiale Verkeer en die verskillende sekuriteit firmas self insleep dienste, is oral. Alhoewel die meeste die Thabazimbi pad gebruik (1 roete). As ‘n voertuig staan/stop langs die pad is daar gou ‘n plaaslike voertuig (SAPD/Sekuriteit/insleep voertuig) wat stop en opvolg of als reg is. Elk moet deel bydra om na mekaar se veiligheid om te sien. Kortom HOU OP SELFSUGTIG wees. Serkte aan die oorleedene se familie en gewonde man.

Adriaan ·

Dit is pateties man. Ons gaan niks meer kan doen nie. Ons gaan, op die ou ent soos kluisenaars lewe en dit is ook al net so gevaarlik. Bring die doodstraf terug en daar sal minder moored wees…

Caroline ·

Ek wil weet of dit Suid-afrikaners is wat so moord en doodslaan (?). My bediende se dit is mense van ander lande wat dit doen en dit is hoekom hulle nie die mense in die land wil he nie. I think they should mention where the criminals come from. I mean, we are being picked off – it’s as if they know they will get away with it – theyre not afraid of the law. Quite frankly, they piss on it ….

Niel ·

Ek stem saam dat die Verkeers afdeling en ander belanghebbendes ook betrokke moet wees – dit sal beslis help!!!!!!! Maar ek wil ook noem dat daardie betrokke plek waar die musiekfees gehou is, ook maar n ‘naam’ het en ek wil weet hoe ons Metro dit kan goedkeur dat daar so n fees gehou word langs n Nasionale roete (N8) en die pad so versper word dat geeneen eens daar verby kan kom nie. Hoe kry die organiseerders dit reg om so iets te reel sonder dat die nodige veiligheids maatreels in plek is????? Die Metro en SAPS en Verkeers afdeling moet tog almal in toestemming gee vir so iets op so n plek en hoekom is hulle dan nie meer betrokke en sigbaar nie?????

pinkie oosthuizen ·

Dit gaan nie oor ras nie ons land het met alle respek gese sy gat gesien . Skurke het meer reg vandag

Estelle ·

Dit sal maak dat Bloemfonteiners ook met hul wapen rondry om hulself te beskerm! n Lewe is so kosbaar, en dit word geneem sonder om twee keer te dink!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.