Bfn-vrou in nek gesteek tydens rooftog

Argieffoto: Kent Williams

Argieffoto: Kent Williams

ʼn Werker by ʼn kompleks in Bloemfontein het glo Saterdag ʼn 32-jarige vrou aangeval en met ʼn mes in die nek gesteek.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige verdagte het omstreeks 07:00 Saterdagoggend die vrou se huis in ʼn kompleks in Helicon Heights, Bloemfontein, binnegegaan. Hy is gehuur om konstruksiewerk by die kompleks te doen.

Die verdagte het die vrou met ʼn vuurwapen aangehou en geëis dat sy geld na sy bankrekening oorplaas.

“Hy het die vrou hierna met die vuurwapen oor die kop geslaan en met ʼn mes in die nek gesteek. Die verdagte het met ʼn selfoon, skootrekenaar, tabletrekenaar en klere van die toneel gevlug.”

ʼn Buurman het die vrou se gille gehoor en die verdagte sien weghardloop, waarna hy die polisie ontbied het. “Polisiebeamptes het die kompleks deursoek en die verdagte is ʼn paar kilometer van die toneel af in hegtenis geneem.”

Volgens Nkabi is die gesteelde goedere en ʼn 9mm-pistool in die verdagte se besit gevind. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit ook in ander misdade gebruik is.

Die verdagte sal Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, gewapende roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Die vrou is intussen in ʼn hospitaal opgeneem vir behandeling. Haar toestand is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pik ·

Die probleem hier is dat komplekse altyd die goedkoopste kwotasies aanvaar maak nie saak wie of wat kwoteer nie daar word geen inligting aangevra oor wie gaan werk doen verwysings en nodige dokumente dit plaas dan die inwoners op risiko dis tyd dat die bestuur van komplekse hul werk deeglik doen en nie altyd na prys kyk nie geen geld kan n lewe vervang nie sterkte aan die dame

Cherokee ·

re:
‘Dat komplekse altyd die goedkoopste kwotasies aanvaar’.

Sulke veralgemenings is sinneloos en onkundig. Hoeveel ervaring het jy werklik en hoeveel komplekse is jy in staat om in te sluit by jou ‘altyd’? Het jy geweet dat inwoners dikwels selfs kontrakteurs huur vir werk is wat nie op algemene eiendom maar op privaat eiendom is, wat gedoen moet word? Pasop vir roekelose veralgemenings.

Hannetjie ·

Dit het nie by kompleks gebeur, maar by private huis. Die werker is deur kontrakteur by huis geplaas om werk te doen, al verskeie kere. Die vrou se toestand stabiel, maar baie getraumatiseer asook haar seuntjie van 5.

Cherokee ·

Dankie Hannetjie, dat jy die growwe veralgemenings as totaal misplaas uitwys want dit dui op wat ek gesê het met betrekking tot eienaars wat self kontrakteurs huur omdat dit vir werk op privaat eiendom is.

Winston ·

Waar kry hy die wapen? Elke keer as n verdagte in besit betrap word moet hy d m v wetgewing gedwing word soos wettige applikante vir wapens dokumentasie MOET voorsien. Sterkte vir die dame wat nou erg traumatiseer is.

Arizona ·

Ai Pik jy slaan die spyker so op sy kop. My man is die konstruksie bedryf. Hy werk nie met n span nie want betroubare hulp is baie hard om te kry. Hy doen al sy werk homself en is baie betroubaar. Hy gee kwotasies by die komplekse en hoor nooit weer van hulle nie net om daar verby te ry en te sien daar is n span wat die werk soos hulle agter ente doen om nie eers te praat van dat hulle goedkoop labour is wat van die strate af kom nie. Mense van vandag betaal liewer cheap labour en agterstand werk as wat hulle bietjie duurder betaal vir uitstekende betroubare werk. My man is bekend by Tile Africa en ook dit maak geen verskil nie.

John ·

Ja. Die afgetrede ooms wat gewoonlik aan die stuur van sake staan, is erger as Nazi-generaals en dikwels baie meer slu. Hulle bereik skynbaar uiteindelik die toppunt van hul lewensideale en glo vas die inwoners is hul onderdane. Buiten vir dwase besluite soos om eerder tienderangse verlangse familie vir kontrakte te huur (glo om te spaar), is hulle intens bemoeisiek. Van hulle het internet-insig via sekuriteitsnetwerke tov die beweging van inwoners. Sulke siek nonsens hou hulle ure besig. Inwoners wat vrae durf vra oor onkonsekwente aksies, word daarna oneindig geteister.

Marius van Coller ·

John word wakker en kry jou feite reg voor jy veralgemeen

Alien ·

John ek hoor jou!! Vroeer vanjaar het huis eienaar se “handyman” op my geskree en lelik sleg gese net omdat ek terloops genoem het dat al die werkies wat hy daar was om te doen, nie gedoen was nie. Maar nou ja, dis wat gebeur as hulle vir jou ‘n “elektriese ingenieur” stuur om ‘n hout deur wat vas sit, te kom reg maak.
Aan die ander kan voel ek egter dat mense meer agtergrond moet kry voor iemand aangestel word. Daar is maatskappye wat “police clearances” doen. Kos ekstra maar kan jou baie hartseer spaar in die toekoms wanneer een van jou kontrakteurs betrokke is by misdaad omdat hulle toegang tot ‘n perseel deur jou besigheid gekry het.

Cherokee ·

Daar is mense wat in kompleks eenhede kan woon en mense wat nie daar kan woon nie. Dit is maar soos iemand in ‘n ander berig laat verstaan het, dat elke kompleks ‘n vlieg in die salf het. Die inwoner wat ander nie ontsien nie, hetsy met kar lawaai, harde musiek, lawaaierige kuiermense en dies meer. As jy dit nie kan hanteer om jou bure te respekteer nie, gaan bly in ‘n alleenstaande huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.