Bfn-vrou verkrag toe man gaan draf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bloemfonteinse man moes Dinsdagoggend magteloos toekyk hoe ʼn aanvaller sy vrou verkrag, terwyl sy twee makkers hom met ʼn vuurwapen aangehou en hul huis geplunder het.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 53-jarige man is omstreeks 05:30 deur drie aanvallers in ʼn straat in Pellissier oorval terwyl hy gedraf het. Die mans het hom na sy huis gedwing waar sy vrou (51) in die hoofslaapkamer was.

“Een van die verdagtes het die man met ʼn vuurwapen aangehou, terwyl die tweede die huis deursoek het vir waardevolle items. Die derde verdagte is na die hoofslaapkamer waar hy die vrou verkrag het,” het Nkabi gesê.

Die drie aanvallers het daarna op die vlug geslaan met ʼn onbekende bedrag kontant en selfone. Die man was ongedeerd. Die egpaar se name kan nie bekendgemaak word nie, om die identiteit van die vrou te beskerm.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Nkabi is dit die derde voorval van verkragting die afgelope week in die stad. Sy kon nie bevestig of die voorvalle met mekaar verband hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Berhalet Beukes ·

So word mense geterroriseer… Dit is afskuwelik, afstootlik en onaanvaarbaar dat dit maar net al meer en meer begin gebeur. Ek voel baie jammer vir hierdie man wat hulpeloos moes toekyk en jammer dat hierdie vrou dit moes deurmaak.

Jaco ·

En die aanvallers het dit nou seker gedoen om ekonomiese redes die dat hulle nog disadvantaged is. My maag draai. Wanneer, wat en wie gaan iets hieraan gedoen word? Ek’s jammer dat dit met julle gebeur het, sterkte aan julle.

M ·

Mens is alklaar soos gevangene in jou eie huis. Jy kan nie eers meer gaan stap of draf nie want hiedie mense is altyd op die loer .

johny ·

Kry kameras om jou huis dat jy altyd kan sien wat in jou omgewing aangaan.En dan word jy nie onverhoeds betrap nie

tamboti ·

Ai Johny, lees weer: die aanvallers het die man buite aangeval terwyl hy gedraf het, die cctv kameras kan nie daar help nie nie, al is daar elke 50 m ‘n kamera in die strate sal dit nie die misdaadigers stop nie.
Ek hoop nie al jou vertroue is op ‘n kamera om jou en gesin te beskerm nie!

Meisie "A" ·

Tamboti ek dink johny bedoel daarby dat as so geval gebeur dan kan mens darm die aanvallers uitken en begin soek want nou weet mens hoe hulle lyk.

Hasie ·

En as hulle uit geken word kry hulle n koppie tee as versterking by die polisie stasie en n waarskuwing om meer versigtig te wees so dat hulle nie gevang word nie

Hein ·

Jammer wat met hierdie mense gebeur het. Regtigvaaklig…Wat het die politieke partye uitgerig sedert die vorige verkiesing. Indien hulle niks uitgerig het nie en toestande verskeg het kan jy nie vir hulle weer stem of geensis stem omdat die demokrasie nie werk nie. Ons moet nou ons rue styfmaak en saam met hierdie mense weerstand bied( nie oorlog).

Ans ·

Dit sal nie ophou, want die straf is te lig en oortreders lag dit af. Hulle leef lekker in die tronk. Werk nie, verdien niks maar leef lekker. Baie jammer maar ons leef in slegte tye. Sterkte aan daai mense wat dit mee gebeur het. Vertrou VADER God sal julle troos. BLESSINGS

Mismoedig ·

Jy is reg, dit gaan nie ophou nie. So wat staan mens te doen? Of is ons nou maar net magteloos en klaar?

Elizabeth ·

Hoe verwerk mens sulke trauma.
Ek verstaan nie meer die hoekoms nie.
Baie sterkte aan hierdie vrou en man..so so jammer vir julle.

Bruno Stef ·

MM se soetkoekie brigade het al weer toegeslaan in al hulle vurigheid maar woord vir woord is dit soos die publiek voel al sal die klippe dit later moet uitskreeu.

Jakes ·

Maar net weer n dag in die lewe van ons as Suid Afrikaners n siek korrupte samelewing maar hart breek vir julle mag julle die stukke kan optel en kan aangaan

Trolle ·

Klink nie soos SA misdadigers nie,ander sou hy nie niks oorgekom het nie?

DPJ ·

Sterkte vir die twee slagoffer.
Ons as gelowiges moet God drie enige se woord uitdra an almal en na God toe ly.
God die Vader, die Seun en Heilige Gees sal ons beskerm. Te vergeews wag die wagters op die mure as God nie teenwoordig is nie.
God is jou beskermer wat nie sluimer of slaap nie. Laat ons as Christene die voorbeeld stel en op God vertrou.
Laat ons as wit Suid Afikaners wat so roem op ons kinderskap van Jesus Christus voorbeeld stel en Sy beeld uitdra.
Die gereg sal sy gang gaan en die boosdoeners tot ‘n val kom.

Tokkie ·

Heeltemal reg DPJ – ek vertrou op die Drie-enige God daarom dat ek soos Dawid bid: Here verdelg my vyande voor my uit.

DPJ ·

Sterkte aan die slagofers mag julle deur God vertroos word.
Laat die vervolging aan die Here en gereg oor Hy sal die boosdoeners traf. (Ek weet dit is baie gevra maar dit is wat God van o s vra.)
Ons moet op God vertrou en Sy heilige naam(Ek is) aan aan almal uitdra. Tevergeefs wag die wagters op die mure as God nie met hulle is nie.
Ons moet net ons opdra getrou uitvoer en God drienig, dieVader, Die Seun en die Heilige Gees sal ons beskerm. Ons moet egter soos verantwoordelike mense optreë.
Onsse God sal ons bewaar wat Hy sluemer or slaap nie.

DPJ ·

Sterkte aan die slagoffers en hulle familie en vriende.
Vertrou op God en Hy sal julle paaie gelyk maak.
Ons moet net ons Godelike opdrag uit voer en sy saad saai.
Ons drie enige God vader seun en Hielige Gees sal ons bewaar van elke onheil.
Tevregeefs wag die waters op die mure as God nie met hulle is nie.

johan ·

En dan mag ons nie kwaad word nie ,dit sal die dag wees!!!!!!!!!

Eddie ·

Regtig Maroela kan julle asb verduidelik hoekom my kommentaar nie geplaas word nie. Ek het dood seker gemaak ek is nie rasisties of iets gese wat julle my nie sal blok oor nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Eddie

Jou kommentaar is hoofsaaklik afgekeur as gevolg van die woorde “hierdie gemors”. Vergewis jouself asseblief van ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname om seker te maak dat jou kommentaar nie afgekeur word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Mismoedig ·

Waar gaan dit eindig? Ek bly self in Pellissier. Daar is al drie maal in my huis ingebreek. Ek het al ‘n plassie bloed op my oprit gekry. Selfs my klere het van die draad verdwyn. Nou het ek stadig bly opgradeer. Eers ‘n alarmstelsel, toe duiwelsvurk bo op die bestaande heining aangebring. Toe na nog ‘n inbraak, maar Trellidor orals opgesit. Maar stel dit nie net maar die volgende inbraak of erger uit nie? Hierdie is soos ‘n wapenwedloop. Jy spandeer nog geld en dan begin die booswigte maar net met nuwe planne. Dis net nie genoeg om maar te hoop dis nie jy en jou gesin/vriende wat gaan deurloop nie. Volgende is dit in elk geval weer jou ‘beurt’. Ek weet nie of daar nog hoop is vir die land nie. Ek dink nie so nie.

Theresa ·

Vang die “mense”wat ander so mishandel. Verkragting is so goed soos moordpleeg.
As dit nie iets vreesliks is nie, weet ek darem nie, maar nou ja…
Mens behoort dit te kan uitdruk presies soos mens dit voel.

Mag die aanvallers spoedig gevang word.

Theodeen ·

Mag onse Vader julle dra deur hierdie lelike gebeurtenis waar deur julle moes gaan. Ek kan myself nie in so situasie in dink nie. Wat baat hulle nou juis daar uit om onskuldige mense so seer te maak en soveel skade?! Dan wonder ons “regering” hoekom almal die land verlaat. Kan nie verstaan wat hulle dade so spesiaal maak dat geen vervolging plaas vind of dat hul so ligtelik van als kom nie… ek wonder darm maar as so iets met hulle moet gebeur of hulle genot daar uit gaan viind of gaan hul voel soos ons wat so geteiken word… sterkte aan hierdie 2 mensies

Oom Boer ·

Laat ek liewer my emosies beheer en terughou wat ek graag wil sê, maar is so woedend oor sulke lafhartige dade wat gepleeg word en altyd in ‘n groep, want een tot een sal hul dit nie eers probeer nie. Kastreer elke verkragter na skuldig bevinding en verbrand daai afgesnyde dele. Alle simpatie aan hierdie famila wat jul moes deurmaak en beleef het en die impak wat so ‘n trauma op jul lewens plaas. Bid vir hierdie misdadigers, want hul weet nie wat hul aan ander se lewens doen nie. Die vrou moes baie deurmaak ten aanskoue van haar geliefde man en is hartseer. Sterkte vorentoe en wens ‘n spoedige herstel toe.

Oom Boer ·

Ai tog MM, weereens verdwyn jou kommentaar en mens weet nie meer om hoe sagkens ‘n skrywe te plaas nie. Alles word gedurig net verwerp en maak mens net woedend. Dalk moet mens dan seker die misdadigers net goed praat dan word jou skrywe geplaas. Ons leef tog nie in ‘n kindertuin nie asb.

Sune van Heerden ·

Dagsê Kobus

Dit is nie bloot net die woorde “hierdie gemors” wat die probleem is nie, uiteraard moet die konteks waarin die woorde gebruik is en die hele sinsnede in ag geneem word. Ons kommentaarbeleid laat nie kommentaar toe waar iemand dood gewens word of dat die persoon mag ly onder enige ander gewelddadige aanval nie.

Ons volstaan by ons besluit.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anneke ·

Hoe moet mens jou gevoelens uit spreek, as jy nie reguit mag sê hoe jy voel nie??!!. Here hou asseblief die twee mense styf vas.

Takkie Takuuza ·

Ja regtig Sunê? As mens ‘n verkragter nie eers ‘n “gemors” kan noem nie? Is julle dalk deel van die Maties se bestuur? Of dalk Wits sin? Waaronder klas julle daai woord? Seksisme, rassisme, haatspraak? Sal julle verkies as ons die woord “rommel” gebruik? Regtig?

Sune van Heerden ·

Dagsê Takkie

Volgens ons bepalings en voorwaardes word kommentaar, wat enige vorm van haatspraak, of kommentaar wat geweld aanwakker of haatspraak verteenwoordig nie toegelaat nie. Die woord “rommel” sou dus ook afgekeur word in hierdie konteks.

Ek verwys jou ook na ons kommentaarbeleid wat bepaal dat die “redes vir die verwydering van kommentaar nie deur Maroela Media verskaf hoef te word nie”.

Let asseblief ook daarop dat jy telkens aandui dat jy die bepalings en voorwaardes aanvaar wanneer jy kommentaar lewer.

Die redaksie volstaan by sy besluit oor die betrokke kommentaar.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rowwe Bill ·

All this crime is going to lead to civil war. You mark my words. Enough is enough.

Theresa ·

Ek sien dit ook kom, maar behoede ons. As leiers nie ‘n land kan lei nie – kan hul ook nie oorlog hanteer nie.

Takkie Takuuza ·

Suné, ek voel nogsteeds dat ek geen van julle reels verbreek het nie. Dit kan nie haatspraak wees nie want julle het geen bevolkingsgroep in die berig genoem nie, dus het ek geen bevolkingsgroep ‘n “gemors” genoem nie. Ek het ook geen geweld aangemoedig deur te bid God hulle met die dood sal straf nie, ek het niemand anders tot geweld aangemoedig nie. In ‘n kommentaar hierbo noem die skrywer die woord barbare, maar my “gemors” is te rof vir julle reels.
Ek verwag nie ‘n antwoord nie en respekteer jou opinie, maar ek hoop jy lees hierdie en respekteer myne ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.