Bfn-werkers val drie verdiepings ver

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Spesialis-reddingswerkers is na ‘n konstruksieperseel in Bloemfontein ontbied nadat twee  konstruksiewerkers ernstig beseer is toe hulle drie verdiepings ver geval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die werkers het ernstige beserings opgedoen nadat hulle van steierwerk afgeval het. Een van die mans is in ʼn kritieke toestand.

“Die werkers het in ʼn gebied te lande gekom waar spesiale toureddingstoerusting en draagbare gebruik moes word om hulle af te bring na grondvlak,” het Botha gesê. Paramedici kon met behulp van provinsiale reddingsinstrukteurs daarin slaag om ʼn toustelsel te prakseer waarmee die mans bereik kon word en hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“Die presiese besonderhede van die val en die oorsaak daarvan sal deur die polisie ondersoek word,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dadelik sal veiligheidsgordels hier ter sprake kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.