Bheki Cele dalk ondersoek na roekelose opmerkings

Bheki Cele. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die Demokratiese Alliansie (DA) versoek die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange om Bheki Cele, minister van polisie, se ondeurdagte kommentaar ten tyde van die afsondering onder die loep te neem. Die party het ook pres. Cyril Ramaphosa versoek om Cele uit sy posisie te verwyder.

Dit volg na die minister die afgelope drie weke talle onvanpaste opmerkings gemaak het wat daarop neerkom dat die polisie buite die wet kan optree.

Andrew Whitfield, DA-LP en woordvoerder oor polisie, sê Cele het onder meer voorgestel dat die polisie mense na hulle huise toe moet “stoot”. Hy het ook die polisie opdrag gegee om misdadigers “hardhandig” te behandel en “geen genade vir verdagtes te betoon nie”.

Cele het ook onvanpaste kommentaar gelewer oor die vrou wat na bewering deur ʼn polisiebeampte ten tyde van die afsondering verkrag is. “Dit was die man van die vrou, wat toevallig ʼn polisiebeampte was, wat haar verkrag het. Om te sê dit was ʼn polisiebeampte wat die vrou verkrag het, is onwaar,” lui Cele se opmerking.

Whitfield verwys ook na Cele se kommentaar op 12 April waar hy gesê het dat die polisie op sjebeens wat alkohol tydens die afsondering verkoop, sal toeslaan. Hy het glo gesê dat die polisie nie net die drank gaan konfiskeer en mense in hegtenis neem nie, maar ook die infrastruktuur vernietig.

Whitfield sê die DA het reeds ʼn beroep op die president gedoen om Cele uit sy posisie as minister te verwyder.

“Hierdie roekelose opmerkings van ʼn parlementslid is onaanvaarbaar. Dit is strydig met die parlement se kode vir etiese gedrag en openbaarmaking van lede se belange. Die kode lui duidelik dat alle lede etiese gedrag by wyse van leierskap moet bevorder en ʼn voorbeeld moet stel. Cele het tot dusver geen etiese leierskap getoon nie,” sê Whitfield.

Whitfield sê Cele se opmerkings moet dringend deur die parlement ondersoek word.

In ʼn verslag deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het agt mense weens die polisie se toedoen gesterf en dertig misdrywe, onder meer aanranding, is teen die polisie tydens die eerste week van die landwye afsondering aangemeld.

Die DA het ʼn e-pos- en WhatsApp-lyn beskikbaar gestel waar alle klagtes teen die polisie aangemeld kan word. Sowat 200 klagtes wat verband hou met mishandeling en wangedrag deur die polisie is reeds aangemeld.

“Dit is nou belangriker as ooit dat die parlement sy lede verantwoordelik moet hou vir hul gedrag,” sê Whitfield.

Rig ʼn e-pos aan [email protected] of stuur ʼn WhatsApp-boodskap aan 067 977 9324.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek kan nie verstaan dat CR nog nie vir Bheki Cele in die bek geruk het nie. Sy uitlatings is skokkend en onvanpas. Bheki Cele hoort nie met sy tipe benadering in so posisie aangestel te wees in n tyd soos die nie. Hy is soos n lont vir plofstof. Hy moet van sy pos onthef word voor hy nog meer skade aanrig.

Elsa ·

Hoekom “dalk”? Tyd dat hierdie ou wat nooit in daardie pos moes gewees het nie, op sy plek gesit word.
Maak van hom n voorbeeld: 6 maande of langer sonder salaris

Alleen Wolf ·

Hy al nooit onthef of gedissiplineer word nie, hy is ‘n kader

Sobymykoolkop ·

Siestog, hierdie voordurende, kinderagtige gevraery van die DA om altyd een of ander senior amptenaar of minister te laat verwyder is besig om my en baie ander ń aanval van diarree te gee. Kom ek sê dit stadig……… DIT GAAN NIE GEBEUR NIE. Nie in ons tyd nie

Die Wolf ·

Iemand moet n geraas maak. Dit is goed vir beeld politoer.

Ricus ·

Dissiplienelose mag agv dissiplienelose regering dissiplienelose regering agv dissiplienelose jeug want hul is die leiers van more

marius ·

Ongelukkig is dit Afrika . Die man weet dat pleit en smeek geensins werk nie. Dit geval nie die da nie , maar hulle is welkom om uniforms aan te trek en die werk te gaan doen .

Jaco ·

Wanneer die polisie te min teen misdaad doen, dan kla die DA. Wanneer die polisie wel, soos nou, baie teen misdaad doen, dan kla die DA ook. So wat wil die DA nou eintlik hê?

Alleen Wolf ·

Dit gaan nie oor die werk wat die polisie doen nie, maar oor die onvanpaste uitlatings wat hulle ministermaak, groot verskil.

Fedup ·

Just get rid of him. Oh sorry, would anyone here want to down vote me for not liking him as well? Or saying something not to your liking? Anyhoo, i want a new police minister.

Jacobus ·

Goeie genade, waarom word die handhandige behandeling van gewone (dikwels honger) burgers nie iewer gespaar vir kriminele. Of is daar ‘n vrees by amptenary en magshebbers dat hulle vriende gaan kwyt wees na Civid.

Nieko ·

Intussen lees ek vandag van sy korpslede wat gesit en suip het by ‘n sjebeen en ander wat korrupsie gepleeg het. Sal graag sy “terugvoer” wou gehad het

Hans ·

Kies by watter rol in die fliek pas ons eie sherrif cowboy, “THE GOOD, THE BAD OR THE UGLY”. As hy nie so n gevaarlike posisie beklee het nie sou ek geskskater het elke keer as hy n “verskyning” maak. Selde vir hoof nar “Mbaks” Daar is net nie n einde aan dwase in die anc nie. Ek hoor daai antie wat nou die dag by pelle gaan eet het was al weer nie by die huis nie, toe brand dit nou af. Sy was toe al die tyd in Durban vir n sameswering ag akskies n konferensie….

Kobus ·

Dalk probeer hy die John Wayne van SA wees.Daai hoed beeld van hom maak van hom ‘n cowboy.Wens hy was so ywerig as dit by brandstigters,plaasmoordenaars,verkragters ens kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.