Bheki Cele: Die minister van windlawaai

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Okkie Terblanche, die DA se skadu-adjunkminister oor polisie, meen polisieminister Bheki Cele het Maandagoggend weereens vertonerig opgetree voor die kameras in plaas daarvan om werklike stappe aan te kondig om die geweld in die land aan te spreek.

“Die werklikheid is dat Bheki Cele niks doen nie,” sê Terblanche. “Hy daag op ná ʼn ernstige misdaad gepleeg is, soos die verskriklike verkragtings in Krugersdorp; hy maak emosionele uitlatings en leë beloftes vir die kameras; en dan doen hy niks nie. Hy is die minister van windlawaai.”

Terblanche sê die afgelope paar maande was van die bloedigste in die geskiedenis van ons demokrasie. Mediaberigte in Julie het aangedui dat meer as 38 mense in massaskietvoorvalle dood is. Misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal onthul dat meer as 67 mense daagliks in Suid-Afrika vermoor word en 153 mense verkrag word. Altesaam 364 mense is elke dag die slagoffer van gewelddadige rooftogte.

“En tog, wanneer minister Cele by dié misdaadtonele opdaag, was daar nog nie ʼn enkele sinvolle aankondiging of ingryping nie: nie enigiets om die polisiemag te bekwaam nie – nie in opleiding of beter fasiliteite nie; niks nie.”

Die DA bevraagteken minister Cele se uitlating by vandag se perskonferensie dat daar geen tekorte is aan verkragtingstelletjies by enige polisiestasie nie. “Die DA het ʼn groot oorsigtelike ondersoek van stapel gestuur by polisiestasies landswyd en ons sal binnekort die werklike stand van sake by SAPD-stasies onthul.”

Terblanche meen minister Cele was die afgelope dekade deurlopend onsuksesvol. “Hy het bloed op sy hande.”

Die DA het intussen ʼn petisie van stapel gestuur waar Cele se kop geëis word. “Die petisie word al hoe meer versprei en het nou net minder as 25 000 handtekeninge. Minister Cele gee nie om oor sy mandaat om Suid-Afrikaners te beskerm en te dien nie. As dit vir hom belangrik was, sou hy nie meer so windmakerig gewees het nie en hy sou seker gemaak het dat die SAPD die toerusting en kennis het om misdaad te bestry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Casper ·

Dit weet ons al lankal.Wie gaan Rampie besker as hy waai en die ander ANC rampokkers.

Theuns ·

Swakker as Zuma. Slegste spul ooit sedert 1994. Rama voel vere vir RSA mense. Hy is miljarder met FREE HANDOUTS daarom dink hy ons moet ook alles GEE. Verniet

Waarnemer ·

25000 handtekeninge uit hoeveel miljoen mense?Asb,julle grap seker…..hoe gaan julle hom uitgelig kry met so min handtekeninge?Hoeve .kljoen blankes is ons in die land….en slegs 25000 handtekeni ge.

Frank ·

Waarnemer sal nie want dit sou beteken hy moet iets positiefs dink en doen ipv om bloot ‘n kermende waarnemer te wees

Maritza ·

Hoe weet jy hy het nie geteken nie? Se nie in sy kommentaar dat hy dit nie gedoen het nie

PieterJ ·

Jip, ongelukkig gaan geen petisie help nie, hy is onaantasbaar, nes die res.

Anton ·

“bloedigste in ons demokrasie” ????
Voor “ons demokrasie” het die tipe ding glad nie gebeur nie. Die “verdrukker” het die “verdruktes” mooi opgepas

Nie Verbaas ·

Daar is baie beter beskrywing vir hom maar mag dit nie sê nie. En die ANC regering is vol van hulle.

SjN ·

Net nog n onbevoegde kader op die soustrein wat beskerm word.

Theuns ·

Die hoof kader is due skuldige. Dear fellow citizens en almal glo sy stories. Sy ego groter as hele Afrika. Ability kleiner as hoenderhok wat hy kies en bestuur. Clowns top to bottom

Gertdup ·

Dankie DA . Dit is hoogtyd dat ons die land terug vat van al die kriminele waarvan meeste agv geen beheer oor ons grense van die buurlande kom.

Hoekom ·

Het hy nie ook beloof dat daar nooit weer so plundertog soos in Natal sal plaasvind nie, die polisie is gereed…

#Thembisa01/08/2022

Nico ·

Laat die president en Bekhi Cele sonder enige lyfwag die betrokke plekke besoek sodat hulle kan sien wat aangaan.

Miena ·

Dis juis waarom hy so tekere gegaan het en geskreeu het soos n vark-ter-slagting – Ian het dit juis vir hom uitgespreek onder mandaat van die mense en kyk wat het gebeur. Hulle sal nie sonder hul VIP-PU (Protection Unit) nerens heen gaan nie. Vergeet dit maar. Dit is uit soos laas maand se pay…

annie ·

Cele is glo ‘n geheelonthouer, maar daar is baie ander dinge om aan verslaaf te raak, bv die ka-mê-ê-ê-ra. En dis ‘n moeilike een om glo te oorkom, volgens navorsers. Daar is sovele van voorbeelde van sulke lyers. Dink aan ouma Nancy en Zollyy en Lord Johnson. Net die gedagte aan oorloë en bloed vererger die behoefte daaraan om voor in die linie van die lens te staan… ‘n hele vuurpeloton van diesulkes nog te beter vir sulke arme martelare. Camera, action… Shoot!

Kokerboom ·

Die man is ‘n “disgrace ” vir ons land en CR doen niks!!! Dis om van naar te word!

Swerwer ·

Almal weet hy is ‘n windlawaai of soos die bejaardes sal sê, meer bek as binnegoed.

Hennie ·

Hierdie nar word gesien as ‘n held in sekere nagklubs in Kaapstad se middestad! Hy word soos ‘n God behanded as hy sonder sy lywagte daar in stap!

Theuns ·

Dis tyd dat daar ‘n Kommissaris van polisie aangestel word wat RUGGRAAT het en die praatwerk oorneem. Die mompelende minister hoort in sy kantoor agter toe deure weg van publiek besig om sy begroting uit te sort en performance te meet. Ramsposa selfs skuldiger met bloed aansy hamde om onvevoegdes te behou fodat hy president kan bly. Egos groter as enige landsbelang. Meer mense vermoor per dag in RSA met net bv 15 in OORLOG in Oekraine… voor skool se jindertuin wat polisie polisie speel met akteurs in hoofrol.

Theuns ·

Dan is daar ander situasies waarvoor niemand anders blameer kan word as onsself nie. Ons eie dwaasheid, stiksienigheid, eiesinnigheid en blindheid veroorsaak dat ons in die nagmerrie situasies beland. Almal wst geglo het daar is ‘n government in waiting is gekke. Dis MAJORITY rule. Geen Demokrasie nie. Van dag 1. Mandela het de klerk verdryf en met minagtong hanteer as swakkelimg. Pw sou hy nooit so hanteer het nie. Looters breed looters.

Jack ·

Cele beskerm sy herkoms en al sy gebrek aan optrede veral in Durban getuig hiervan. Hy word polities van buite voorgese en ons weet almal wie in die nuwe hoofstad Nkandla sit. Hy is by uitstek n marionet en ons president ondersteun die gebrek aan optrede deur niks aan sy aanstelling te doen nie.

Yvonne ·

Hoed se vorige termyn in die SAP het gewys hy was nie geskik nie en wraggies hy kry toe n toppos

Willem ·

Kaderontplooiïng (van die minister af ondertoe) het die polisie vernietig. Hoekom is al daardie onwettige immigrante wat nou skielik gearresteer is nie lankal uit daardie mynhope verwyder nie? Noudat almal se aandag op die situasie gevestig is as gevolg van die brutale aanval, nóú kan Cele en sy bende skielik dosyne van hulle vasvat. Wat in hierdie land aangaan sou lagwekkend wees as dit nie so tragies was nie.

Ria ·

Cele is gedurig daar waar n kamera hom kan afneem. Ek verkies n ou wat nie gesien wil word nie, maar n doener

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.