Bheki Cele in Kaapstad ná vier se skietdood

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Polisieminister Bheki Cele het Woensdagaand die families van drie tieners en ʼn volwassene gaan besoek wat vandeesweek in Kaapstad doodgeskiet is waar hulle in ʼn motor gesit het.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê Cele se besoek volg ná die skietvoorval Dinsdag omstreeks 21:00 in Browns Farm in Nyanga.

Maroela Media het vroeër berig die vier mense, onderskeidelik 28, 19, 13 en 12 jaar oud, het in ʼn Toyota Avanza gesit toe drie gewapende verdagtes die voertuig genader en op hulle losgebrand het. Die aanvallers het daarna van die toneel gevlug.

ʼn Vyfde slagoffer, ook ʼn kind, is tydens die aanval gewond en na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die kind sterk nog in die hospitaal aan.

“Minister Cele is Woensdagaand deur die Nyanga-polisie oor die voorval ingelig. Hy het daarna ʼn besoek by die slagoffers se bedroefde families in Browns Farm afgelê,” het Traut Donderdag gesê.

Volgens Traut sal Cele vandag [Donderdag] om 10:00 lede van die gemeenskap toespreek oor misdaadverwante kwessies en die polisie se ingryping.

Die motief vir die aanval en name van oorledenes is nog nie bekend gemaak nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons speurders werk onverpoos om na die oortreders te soek,” het Traut gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

What ·

Ek mis BHEKI CELE By die plaasmoorde en die moorde op blankes in STEDE En dorpe. Waar ou tannies en ou omies in hulle rolstoele doodgeslaan, gesteek en gemartel word . ONS MIS JOU TEENWOORDIGHEID By die MOORDE op BLANKES CELE .. betaal ons nie BELASTING NIE??? Word ons nie ook deur die grondwet BESKERM nie???

Piet van Zyl. ·

Ek stem saam.
Die man is baie besig (hoop ek) en kan nie alle gevalle persoonlik besoek nie MAAR dan moet hy ook nie selektief gevalle besoek nie.

Realis ·

Wag nou angstig dat hy ook plaasbesoeke gaan doen…
(Gaan egter nie my asem ophou nie)

Carl ·

Hy’s ‘n politikus, nie die Nasionale Kommisaris nie. Hy is vir Wetgewing en regerings beleid verantwoordelik, nie die dag-tot-dag bestuur van die polisie nie. Dis die rede waarom die polisie so ge-politiseerd is, al die binne gevegte en politieke inmenging. Hy het sy tyd as Kommisaris gehad, en ook by korupsie met geboue-kontrakte betrokke geraak. Die politikuste kom op tonele aan en maak uitsprake wat die lede op die grond verwar, en dan agterna nie pa staan in die hofsake nie.

Potlood ·

Presies wat almal hier bo se! Weereens bewys dat sekere stamme bo ander geag word… Smaak my hy het op vakansie gegaan. Wat was die doelwit? kan nie help om te dink dat alles slegs gaan oor stemme nie (popularity contest).. wat sal hy anders daar doen want as hy sy job in die eerste plek gedoen het, sou die land tog veilliger gewees het…

Amanda ·

Hy gaan besig wees want ek neem aan hy gaan ook die mense/slagoffers besoek wat beinvloed is deur plaasmoorde ….

rollie ·

Plaasmoorde het vanjaar so afgeneem dis nie meer ‘n prioriteit nie.

Dit was nog nooit ·

Plaasmoorde was nog nooit ‘n prioriteit nie, moenie droom en gesigte sien nie .. maar . volgens Sisulu het ons NET ‘n klomp wetsgehoorsame burgers en het nie EEN boer hierdie jaar gesterf nie … Toe die bus aan die brand slaan eergister en die geldwa ontplof het . toe skrik hulle weer wakker en besef NIE ALMAL IS SO WETSGEHOORSAAM nie . NET DIE PLAASMOORDENAARS IS!

Annie ·

En gaan hy plaas besoeke ook doen !!!! As hy dit moet doen sal hy nooit tyd in sy kantoor deur bring nie sal permanent oppad na plaas aanval toe wees.

Oom Kalahari ·

Daar gee “rollie” die uitslag en het seker die statistieke dat plaas aanvalle geweldig afgeneem het en nie as prioriteit hoef beskou te word nie. Dankie rollie ons waardeer jou insette.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.