Bheki Cele: ‘Misdadigers moet gejag word’

Bheki Cele by die begrafnis van die gevalle Ngcobo-polisiebeamptes wat gesterf het toe ʼn groep aanvallers verlede week op die plaaslike polisiestasie toegeslaan het. Foto: ANA.

Bheki Cele, die nuutaangestelde minister van polisie, het Dinsdag aan polisiebeamptes gesê om hul wapens te gebruik om hulself te verdedig.

Cele het dié uitlatings gemaak toe hy die begrafnis toegespreek het van die gevalle Ngcobo-polisiebeamptes wat gesterf het toe ʼn groep aanvallers verlede week op die plaaslike polisiestasie toegeslaan het.

Cele het gesê die wet maak voorsiening vir die polisie om enige gepaste weerstand te gebruik wanneer hulle met ʼn gevaarlike situasie gekonfronteer word.

“Julle is diegene wat die gemeenskap moet beskerm; jy kan nie die gemeenskap beskerm as jy nie jouself kan beskerm nie. Geen misdadiger moet vrees by ʼn gemeenskap inboesem nie. Ons werk is om die gemeenskap te beskerm en ek glo hulle is ook hartseer oor wat gebeur het,” het Cele gesê.

“Deel van die wet is om onskuldige inwoners van Suid-Afrika te beskerm. As daar misdadigers en bendes is wat mense doodmaak in die teenwoordigheid van die polisie is daar iets wat ons moet regstel. Ons moet misdadigers jag en nie dié wees wat deur die misdadigers gejag word nie,” het hy gesê.

Hy het ook gesê polisiebeamptes wat hul kollegas moet begrawe moet iets van die verlede word.

“Ek weier dat die polisiebestuur wat hier teenwoordig is begrafnisondernemers moet wees wat jong mense begrawe. As jy ʼn 33-jarige en ʼn 30-jarige begrawe, hoe oud is hulle kinders?” het Cele gevra.

Hy het ook belowe om ondersteuning aan die kinders van die gevalle beamptes te bied en gesê die kinders moet gehalte-onderrig ontvang. Hy het die polisie bedank vir hul goeie werk toe hulle die verdagtes gekonfronteer het en gesê indien die polisie hulself weer in ʼn soortgelyke situasie bevind, moet hulle dieselfde optree.

Hy het ook sy bekommernis uitgespreek oor die moontlikheid dat kerke moontlik kriminele aktiwiteite wegsteek en gesê die polisie sal nadere ondersoek na sommige kerke instel.

“Sommige kerke voer die mense slange. Ons gaan hierdie kerke ondersoek. Moet asseblief nie dink ons is gekant teen geloof nie. Ons beveg nie kerke nie, maar ons wil kerke hê wat plekke van aanbidding is en nie gebruik word as ʼn rookskerm vir ander doeleindes soos wat hier plaasgevind het nie,” het Cele gesê.

Hy het ook vir Fikile Mbalula, voormalige minister van polisie, bedank vir die uitstekende werk wat die polisie gedoen het.

Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap, het ʼn beroep op Cele en die polisie gedoen om voort te bou op die fondasie wat deur Mbalula gelê is.

“Ons verwelkom die verandering in die polisie se leierskap, maar ek wil die vorige polisieminister bedank vir sy spoedige reaksie ná die voorval. Hy was baie toegewy aan sy werk en was persoonlik betrokke by die polisie. Sommige van die beloftes wat hy gemaak het moenie verbreek word nie. Dit is immers dieselfde regering met ʼn ander gesig.”

Die beamptes wat verlede week doodgeskiet is, is ao. Zuko Mbini (45), konst. Zuku Ntsheku (38), konst. Nkosiphendule Pongco (32), konst. Sibongiseni Sodlana (32) en konst. Kuhle Metete (27).

Freddy Mpandeni (58), ʼn soldaat van die Suid-Afrikaanse weermag, is ook doodgeskiet toe die verdagtes van die toneel gevlug het.

Sewe verdagtes is die afgelope naweek doodgeskiet toe die polisie toegeslaan het by hul wegkruipplek by die Seven Angels Mancoba Ministries-kerk.

Vyf ander verdagtes het Dinsdag in die hof verskyn. Die saak is tot 8 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jerry ·

SA is in n slegte situasie met wetstoepassing. Sommige wetstoepassers het self kriminele rekords. Die SAPS is nie goed opgelei nie en bang en skiet misdadigers voor die voet dood en so ook onskuldiges. Wanneer wetstoepassers ook begin optree as regters flikker die rooi ligte gevaarlik vir Jan Alleman! OPOD gaan elke skietvoorval waarby die SAPS betrokke raak moet ondersoek.

Attie ·

Minister, so bly jy is terug in ons midde. Mens kan ‘n huis in ‘n oogwink afbreek maar dit vat maande om hom weer op te bou. Hopenlik kan die opbou proses nou begin stadig maar seker.

christa ·

ek sten Cele. Roei al die skelms uit dat hierdie land kan skoon wees en weer ‘n vry land om in te beweeg. Waar is die tye wat kinders tot laat buite kon speel, of ek veilig buite my huis kon beweeg

DewaldS ·

Ag, Al Capone – jy kan nie eers jou pad uit ‘n natpapier-sak jag nie. Maar ons ken julle ANC conmrades al – maak net so paar mooi-klinkende geluidjies sodat niemand agterkom hoe diep julle besig is om julle hande in die till in te druk nie, Dis in elk geval al waarvoor julle daar is – daai hand in die till.

Mosie ·

Hang af wie die misdadigers is net mnr Cele? Die wittes sal gejag word en die swartes sal medaljes kry vir elke boer wat hulle vermoor.. neewat gisteraand het ek duidelik gesien wie julle almal is.

Gerrie ·

Hy kon dit nie eers die eerste keer reg kry nie hoe gaan hy dit die tweedemaal regkry

Wim ·

Ek sal graag vir Bheki Cele en Morgan Freeman in dieselfde fliek wil sien, die een die held, die ander die boef, dit sal naalkou tot op die einde wees om te sien wie die oorwinnaar gaan wees. Die rook sal nog so uit die 45 langloop revolwer se loop trek, kruit dampe die wêreld vol, knyp sal ek knyp, maar die einde sal ek nie misloop nie.

marous ·

Stel vir elke inwoner twee polisiebeamptes aan , dan sal die land regkom.

leon ·

Jou problem kom pel! Jy het gedink ‘n paar dwelmkoppies is ‘n uitdaging.

maak beloftes skuld ·

Cele daar was ook in 2010 beloftes gemaak om die kinders te ondersteun van die sewe polisiemanne wat gesterf het in die helikopter ongeluk, 5 wit, een swart en een kleurling, Met navraag was daar altyd stories en toe skielik besluit nee datum is eers van 2013 af . Nou is jy terug wat se jy nou oor jou beloftes van 2010?

Louwrens ·

Enigste mense wat vandag geld maak is die mense wat elke paar dae nuwe fotos moet neem van nuwe ministers wat in aanklag kantore en ander staatsdepartemente se kantore opgehang moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.