Bheki Cele mislei die publiek oor plaasmoorde

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum het die adjunkminister van Landbou, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy die publiek mislei oor die werklikheid op Suid-Afrika se plase en dat hy die pleidooi van diegene wat hulle vir die prioritisering van plaasmoorde beywer, nie ernstig opneem nie. Dit volg nadat Cele vanoggend tydens ’n mediakonferensie oor plaasmoorde uitgevra is, waarop hy geantwoord het dat mense moet ophou om van plaasmoorde ’n rasse-aangeleentheid te maak. Klik hier om meer te lees.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat Cele hierdie taktiek gebruik het om die ware omvang van die krisis te ontduik. “In plaas daarvan om die noodsaak vir die prioritisering van plaasmoorde te erken, word valse beskuldiging van rassisme gemaak.”

Roets het verduidelik dat dit eerder wil voorkom of die regering deur ʼn rassebril na plaasmoorde kyk en om daardie rede nie bereid is om in te gryp nie. “Die harde feite is dat die meerderheid boere wat vermoor word, wit is. Of dit so is bloot omdat die meeste boere wit is, of omdat daar ’n onderliggende rasmotief is, sal op hierdie stadium op spekulasie neerkom. Ons weet egter dat swart boere en plaaswerkers ook tydens plaasaanvalle vermoor word.”

Roets het bygevoeg dat AfriForum nie op grond van ras onderskei wanneer daar vir die prioritisering van plaasmoorde gevra word nie en dat AfriForum selfs al vir die president geskryf het na aanleiding van swart plaaswerkers wat ook in plaasaanvalle vermoor word.

“Die probleem is egter dat die prioritisering van plaasmoorde oënskynlik nie by die regerende party se politieke agenda inpas nie. As die regering die nodige hulpbronne aanwend en die nodige politieke leierskap aan die dag lê, sal plaasmoorde stop. Wat in die praktyk gebeur is die teendeel daarvan – boere word as politieke slaansakke voorgehou en snedige kommentaar word gemaak teenoor dié wat hulle vir die prioritisering van plaasmoorde beywer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JZ ·

Daar word beweer dat dit maar n klein % boere is van die getal moorde in SA,maar daar word gerieflikheid nie na getale verwys nie.20,000 moorde klink baie teenoor 3000 plaas moorde ,Maar 20,000 moorde teen 47,000,000 van die mense in SA is baie baie beter,as 3000 teen 32000 boere.haal maar julle rekenaartjies uit en bereken die % ,dit is om eenige mens se mond te laat oop hang vir die werklikheid.

JZ ·

En die miete dat dit nie rassisties is nie drae ook nie meer water nie!

SANDRA MOOLMAN ·

Dit is as gevolg van malema se uitlatings kill a boer kill a farmer. Maak nie saak hoe hulle dit
ontken nie. Dit wys jou net hulle ontken dade wat werklik n verskil kan maak vir n beter S A

pop ·

Hoekom is Cele hoegenaamd deel van die regering. Hy was korrup in die polisie, nou wat gaan maak dat hy nou stop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.