Bheki Cele se plan om misdaad te bekamp

Bheki Cele. Foto: GCIS

Polisieminister Bheki Cele het Maandag gesê selfs administratiewe polisiebeamptes landwyd sal as deel van ʼn nuwe misdaadbekampingsveldtog agter hul lessenaars moet uitskuif om misdaad in die land te help bekamp.

Cele en genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, het Maandag tydens ʼn inligtingsessie ʼn plan bekend gemaak wat ten doel het om misdaad in Suid-Afrika finaal ʼn nekslag toe te dien.

Cele het gesê hy het die SAPD se topbestuur opdrag gegee om ʼn buitengewone operasionele benadering te neem om die skielike toename in misdaad in die land te stabiliseer.

Volgens hom gaan die polisie daarom voort met streng ingryping om sigbare polisiëring te verhoog in ʼn poging om die drastiese toename in misdaad hok te slaan.

Cele sê dié misdaadbekampingsveldtog sal “die migrasie van hulpbronne vanaf ʼn strategiese raamwerkvlak tot ʼn operasionele raamwerkvlak behels”.

“Dit beteken dat provinsies soos Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, wat die meeste geraak word deur die toename in misdaad, se polisiëringsigbaarheid verhoog sal word deur meer luitenantgeneraals in die provinsies te ontplooi. Ons sal ook alle lede mobiliseer wat gewoonlik administratiewe pligte het om die sigbaarheid van polisiebeamptes te verhoog – veral in geïdentifiseerde areas [waar die misdaad hoog is].”

Cele het gesê die transitorooftogte, motorkapings, moorde en verwante misdade, huisrooftogte, bendegeweld en taxi-geweld sal geprioritiseer word.

Volgens hom sal die polisie ook meer aandag gee aan onopgeloste sake. “Ten einde ʼn volhoubare afname en stabilisering van misdaad te verseker, het ons besef dat ons die onopgeloste sake beter moet bestuur. Toegewyde speurders sal al om die uur werk om bewyse in te samel om diegene te identifiseer wat verantwoordelik is vir die pleeg van ernstige en gewelddadige misdade.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Willem ·

Sy gesig lyk nie soos iemand wat n plan het nie. Miskien n aftree plan dis omtrent dit.

Ian ·

Jip. Die ontplooiing van meer generaals behoort die sigbaarheid van die polisie aansienlik te verhoog… Sien uitdaarna om hierdie generaals op voetsoolvlak te sien diens doen.

thinus ·

hy bedoel seker lui beamptes moet vir ‘n slag hul agterstewes uit die stoele lig en begin dink aan werk!

tamboti ·

En nie ‘n enkele verwysing na plaasmoorde/ marteling nie, laat mens dink. (nie regtig nie, ons weet lankal hulle voel vere)

Lollo Odendaal ·

Niks nuut nie. Hoor dit al sedert 1990. Geen resultate nie.

Riaan de Bruyn ·

Dis n wonderlike plan, maar die strafreg stelsel is n groot proebleem. Polisie beamptes waag hulle lewens om misdadegers aan te keer net om hulle weer die volgende dag op straat te sien! Maak strawe swaarder en weier borg! So hou ons krimenele van die straat af! Waar in die wêreld behalwe SA kry jy 10 jaar vir moord……belaglik! Geen genade vir geweldsmisdaad!! Dit alles breek n polisieman/ vrou se spoed om hulle werk reg te doen. Daar is baie goeie betroubare polisie beamptes daar buite!
Strekte met dit en ek bid die Here se hand van beskerming oor elke lid van ons polisie!

chris ·

HAHAHAHAHAHA Riaan De Bryun jy is nogal baie snaaks ek het nou lekker gelag

Minister Show Me The Money @Ystervark.ZAR ·

Minister of Police Bheki Cele, why should the South African citizenry have trust in and respect for the South African Criminal Justice System?

Riaan ·

Nie eers dit werk nie. Ek weet van maatskappye wat van die 1930S al bestaan. BEE het gekom. Nou is die maatskappy se deure toe.

Johanna Botha ·

Plan op plan op plan ….ja sure ! NIKS werk nie man …skelms het meer regte as wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal ! Die geldkraantjie loop droog !

ferdi ·

Mnr B Cele om misdaad te bestry moet jy inligting bekom jou poligie manne is verskeie oorgewig en hopeloos met geen dissipline of respek vir hul werkof medemens swak aanstelling en bevelvoerders wat onbevoeg is. Senior lede wat 20jaar en meer in hul range is en verarm omdat hul ni voorento kan beweeg ni junior lede gaan hul verby da is geen motivering in di polisi vir di lede ni

Sarel ·

Jislaaik die grap van die dag. Hoe lekker lag ek nou. Wat word beskou as misdaad in SA. Afbrand van geboue en voertuie en paaie beste en mense met lippe gooi is nie misdaad nie dit is uitoefening van demokratiese reg? Kindermolesteeerdes word vrygelaat op waarskuwing. Moordenaars en verkragter word vrygelaat op borg omnog misdade te gan pleeg??

HPV ·

Te laat Bheki, die land is reeds vasgevang in ‘n volskaalse anargie, slegs ‘n VN vredesmag kan dit nou stop. Soos in ander Afrika lande of derdewêrelde soos dit ook genoem word. Ons is nou amptelik deel daarvan.

Jacques ·

1 Thessaloniconse 5;3
Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ’n skielike verderf hulle

JoeV ·

Daar is geen poging deur die staat om mense bewus te maak van wette nie, Indien veldtogte soos die ‘zippit in ‘n ziebie’ (melenials sal nie verstaan nie) geloots word sal daar groot verskil kom in die houding van mense. Kan nie dink dat so groot deel van ‘n land te dom is om die wet te oorweeg nie, hulle ken dit eenvoudig nie, is nou al 70 jaar geleer om te verset daarteen.

Koos de Meyer. ·

Daar is te veel dubbel standaarde. Kyk maar net na bedrog en korrupsie in die polisie. Pateties verby. Jy kry manne en vroue wat lojaal is maar ongelukkig ook die skuim wat agter die uniform wegkruip.

Israel ·

Voer net die wet uit, ek was self in die polisie vir 10 jr, n plan help niks as jy dit nie deurvoer nie, die mense is nie behoorlik gekies en opgelei nie, admin mense sal probleme veroorsaak ,hulle sal loop en gesels soos waiter by restaurante

Max ·

Bewustelose sigbaarheid en korruptiewe sigbaarheid bevorder misdaad. Mens los nie n probleem op deur dit met hulpbronne te gooi nie.

Deloris ·

….en dr word gesè missaad het afgeneen… en hiermsê Bheki dit het verhoog……

Siener van Melbourne ·

Jy sal Bheki in die parlement moet begin skoonmaak want want daar is Bheki baie misdadigers daar. n Vis vrot van sy kop af.

Hennie ·

Strategiese raamwerk…operasionele raamwerk…wow, dis darm groot woorde die! Hy weet van poelieswerk bokerall!

Andre Kruger ·

Ja ek hoor jou agbare minister. Hoe kan jy misdaad bekamp met ‘n spul kriminele. Dink net aan die 15% inkomste wat die regering gaan verloor deur verlies van wtb.

Johannes ·

…wat ‘n grap! “Skielike toename in misdaad…” is dit nou die skielike toename onder ANC/SAKP beheer sedert 1994?

Waar is die woorde PLAASAANVALLE EN PLAASMOORDE in sy plan? O ja wag, AfriForum hou seker nog praatjies met die polisie om dit te prioritiseer…

bgj van der westhuizen ·

dit was al gese ek sal eers wag en kyk of eits daar van sal kom hulle het altyd n plan maar kan dit nie uit voer nie wand as jy kyk wie is n bevel van alles dan kan jy verstaan

Piet ·

Hoop net nie hy sluit weer huurkontrakte vir geboue teen n verhoogde prys nie. Dan gaan hy dalk weer uit die SAP en hierdie keer hom hy terug as presedent.

jan ·

Mooi woorde,woorde beloftes wat nooi na gekom word nie,ken julle nie die rege.. nie ons mense word net gepaai, ba

vonnie ·

Ek het n briljante voorste. Stel die oud polisie lede aan…………………………die polisie kort slegs leiding!!!….

Rerig??? ·

Ek hoop ek mag die vraag vra vir die agbare Minister. Weet jy van een geval waar n blanke in n onbekende persoon aan hom n onsinnige moord gepleeg het vir net geld en n motor en n vuurwapen en n selfoon en gevlug het? Weet jy van n blanke wat n motor sommer net gekaap het? Weet jy van n blanke wat plaasbewoners swart/wit gaan aanval en martel het? Weet jy van n blanke persoon wat inbreek in n oumens se huis en haar dan martel en brand ens ens ? Weet jy van blankes wat betrokke was in n transito rooftog? As jy al die vrae kan beantwoord as negatief, dan kan jy besluit wie is die skurke in ons land en teenoor wie drasties opgetree moet word. Maar omdat die minimum skuldiges aan die bogenoemde wit is, word ons gedurig getreister met rasisme en sg haatspraak. Ons regering is korrup en siek, waarvan die SAP eerste staan in die ry.

M ·

Hierdie misdaad in ons land moet holisties na gekyk word, nie net meer polisie moet ontplooi word nie.
Opvoeding, maatskaplike omstandighede, godsdiens in skole, wetgewing, grenspos regulering. Elkeen van hierdie areas moet aandag; genoeg befondsing kry om hierdie probleem oor d lang termyn te stabiliseer.
Mnr Cele , kom ons gee hom n regverdige kans en begin by onsself meer positief dink en praat. Sulke negatiewe kommentaar soos hierbo gaan net mooi niks help nie.

Alida ·

Ai mense gee die man ‘n kans ASB!!! Het julle vergeet toe hy aan die stuur was tydens die sokker wereldbeker? Daar was nie een dag se misdaad nie. Kan enigiemand aan iemand beters dink. Asb laat ons weet.

@ ALIDA ·

JA ONS KAN aan baie beter oplossings dink, maar onthou die oortreders mag nie hang nie, hulle mag nie tronktoe gaan nie, hulle mag nie geskiet word nie .. so hoe kan jy nou misdaad so bekamp?

Afrikaanse Knaap ·

Daai het baie meer te doen gehad met begroting en fokus as sy insette.

Elize ·

Regtig, die helfte is nie eens bekwaam genoeg om agter ‘n lessenaar in te skuif nie, nou moet hulle sigbaar wees en misdaad bekamp. Die skelms is beter bewapen, bekwaam en opgelei as meeste van die wat nou op straat los gelaat gaan word.

Elize ·

Dit is waar wat Alida se, maar boetie laat ons jou vang rook op straat dan gaan jy darem nou gestraf word, maar dit is in orde as jy mense beroof, aanval, beseer en dood of vir dood agterlaat, dan draai ons die rug op jou.

Blommetjie ·

En nogsteeds word daar niks gemeld oor plaasmoorde en plaasaanvalle nie! Dit is blykbaar vir ons regering nie n prioriteit om die mense wat die kos maak te beskerm nie.

Theresa ·

Ok, focus on the terrible murders, torturing and death, rapes, child abuse and drug dealing. Public transport causing chaos and death on roads: Those are most horrific and rife in our country.
When those are under control and almost non-existing in this country, move on to the next lesser level of crime. It will be much appreciated by ALL South African citizens if the serious high level of crime takes a curve down. Kindly do not let the admin become a problem in itself. It is a totally different department and very necessary as well to be driven, managed and done properly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.