Bibbernag vir Wes-Kaap voorspel

Foto: https://pixabay.com

Foto: https://pixabay.com

Inwoners van die Wes-Kaap kan maar hul komberse nader trek, aangesien die eerste sneeuval vir 2016 Saterdagnag plek-plek in die provinsie verwag word.

Volgens Snow Report kan sneeu op die hoogste bergpieke in die provinsie verwag word, veral in die gebied rondom Wellington. Die Matroosberg-nattuurreservaat sal na verwagting ook ligte sneeuval sien en die temperature sal vanaf Saterdagaand drasties val volgens die voorspelling.

Die sneeuval wat voorspel word sal egter lig wees en word tot dusver slegs Saterdagnag verwag.

Die temperature oor die Wes-Kaap is reeds baie koeler as die afgelope paar weke en volgens Mountain Forecast kan temperature vanaand in die suidelike dele van die provinsie tot -6˚C val.

ʼn Volledige sneeuvoorspelling is op Snow Report se webtuiste beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eduard Visser ·

Koue te vroeg ja maar dit help aan die ander kant vir slaap periode vir bladwisselende vrugte

alison steyn ·

Ek stem saam boere
ek hou ook NIKS VD ERGE HITTE nie.verkies nog altyd ons koue hoeveldse winter.maar met 2 skoonseuns ini boerderybedryf…eish..julle weet nie watse “knock” hul albei gevat het die jaar nie

susan ·

Amen! Dankie vir die winter wat oppad is heeltemal te veel hittegolwe hier in die bosveld gehad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.