Bibberweer op pad

Argieffoto.

Argieffoto.

Haal maar jou ekstra komberse uit die kas, want volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens gaan ʼn kouefront temperature landwyd laat daal.

Die weerburo het gewaarsku dat sneeu, reën en koue temperature verwag kan word nadat sterk yswinde Maandag die Wes-Kaap getref het. “Die aanhoudende binnelandse vloei aan die Kaapse suidkus sal na verwagting wydverspreide reënbuie en moontlike swaar reën aan die kus tot gevolg hê, waarna dit na die binnelandse gebiede sal versprei.”

Die bibberweer sal na verwagting Dinsdag en Woensdag verskerp. “Teen Woensdag sal daar na verwagting koue temperature oor die westelike dele van Limpopo, Gauteng, die hoëveld van Mpumalanga en groot dele van KwaZulu-Natal voorkom.

Volgens die weerburo sal die Wes-Kaap na verwagting swaar reën kry terwyl verspreide donderbuie moontlik oor die sentrale en westelike dele van die land sal voorkom. Temperature onder vriespunt kan moontlik ligte sneeu oor dele van die Oos-Kaap tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gielie - Namibia ·

Lekker Wes-Kaapse winter…heerlik en om te geniet. Dankie Vader vir die genadegawes!

neelsie ·

Onthou;;
Daar is ander wat nie die luukse van warm klere en komberse het nie.
Gee vandag, more is dit koud.!

CHRISTA ·

Ek het warm klere en komberse maar ek HAAT die koue met ‘n passie. My minimum is 26 grade Celsius!!!

Eliza-beth ·

Tyd vir lekker sop, sterk kerries en rooiwyn met biltong. En dan vergeet mens nie ander wat minder het nie, hou maar ‘n lemoen of twee en paar pakkies sop (vat nie baie plek) in die kar vir die hongergesigte langs die pad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.