“ʼn Koue front beweeg oor die land vanaf die suide wat die kouer temperature na die binneland bring,” het ʼn voorspeller by die weerdiens gesê. Temperature in Gauteng het Donderdag tot 16 °C gedaal, met ʼn 30% kans op reën.
Die koue weer sal tot Saterdag voortduur, maar temperature sal weer teen Sondag begin styg.
Die minimum temperature in Johannesburg sal Vrydag én Saterdag 9 °C wees met maksimum temperature wat onderskeidelik 19 °C en 20 °C sal bereik. Pretoria sal net effens warmer wees met ʼn minimum temperatuur van 10 °C en ʼn maksimum van 20 °C en 22 °C Vrydag en Saterdag.
In Limpopo sal dit ook teen Sondag warmer word, met ʼn maksimum temperatuur van 18 °C wat Donderdag vir Polokwane voorspel word. Vrydag word ʼn minimum temperatuur van 8 °C voorspel en ʼn maksimum van 23 °C.
Ook in Mpumalanga sal dit koud wees tot Sondag. Barberton het Donderdag ʼn maksimum temperatuur van 14 °C terwyl daar ʼn minimum van 11 °C en ʼn maksimum van 19 °C vir Vrydag voorspel word.
In Noordwes is dit effens warmer, met ʼn maksimum van 23 °C in Vryburg vir Donderdag sowel as Vrydag.
Dit is ook vandag koel in die Vrystaat met ʼn maksimum van 18 °C vir Bloemfontein en ʼn maksimum van 24 °C vir Vrydag.
ʼn Warm 29 °C word vandag en Vrydag vir Springbok in die Noord-Kaap voorspel. In die Oos-Kaap sal die maksimum na verwagting 22 °C bereik in Oos-Londen en 23 °C vir Vrydag. In die Wes-Kaap word ʼn lekker warm 30 °C vandag vir Kaapstad voorspel en ʼn nog warmer 31 °C Vrydag.
In KwaZulu-Natal is dit ook koeler met 22 °C wat vandag vir Richardsbaai voorspel word. Dit sal Vrydag effens warmer wees met 25 °C wat voorspel word.
Ja en die eerste goeie ryp lê voor die deur vir die Gautengers
Waar is die grapjasse.
Dis so koud, ……………
Leeukoud….
Selfs die oulike hondjie op die foto se gesiggie voorspel koue……. Die winter bring sy eie mooi vir ons natuurliefhebbers.
Natuurlik moet ons dierekinders ook warm kry. Myne slaap lankal onder die komberse met ‘n watersak !!! Wat ‘n voorreg is dit nie om tenminste een dier te versorg.