Bibberweer vir die Kaap dié naweek

Argieffoto.

Argieffoto.

Inwoners van Gauteng kan gerus ook die komberse nader trek die naweek, met ʼn kouefront wat die Wes-Kaap tref.

Volgens Victoria Nurse, ʼn weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, tref  ʼn kouefront die Wes-Kaap Donderdag en sal hy eers teen Sondag uitwoed. “Dieselfde front sal dan Vrydag na die Oos-Kaap oorbeweeg.”

Die temperature vir Kaapstad sal more slegs ʼn maksimum temperatuur van 12°C bereik, met swaar reën wat vir dié stad voorspel word. Oos-Londen se maksimum temperatuur is môre nog 23°C, maar sal teen Saterdag na 14°C daal. Port Elizabeth se minimum temperatuur is more 7°C met ʼn maksimum temperatuur van 19°C.

Dié front sal ʼn hoëdrukstelsel tot gevolg hê, wat sal veroorsaak dat Gauteng en die noordelike dele van Suid-Afrika koue lug van die suide van die land af ontvang. Die maksimum temperatuur vir Pretoria en Johannesburg is môre onderskeidelik 23°C en 22°C. Pretoria sal egter Saterdag na 20°C daal en Johannesburg na 18°C.

Die weer in KwaZulu-Natal sal egter lekker sonnig wees oor die naweek. Vrydag se minimum temperatuur is 16°C en die maksimum temperatuur ʼn hoë 28°C.

In die Noord-Kaap word temperature van matig tot warm verwag, met Vrydag se maksimum temperatuur 15°C, Saterdag se maksimum temperatuur 17°C en Sondag 21°C.

In die Vrystaat sal môre se minimum temperatuur 1°C wees en die maksimum 19°C. In Potchefstroom in Noordwes sal dit môre nog lekker warm wees met ʼn maksimum temperatuur van 24°C. Temperature sal egter oor die naweek daal met temperature van onderskeidelik 17°C en 18°C.

Limpopo kan uitsien na matige weer Vrydag (22°C) en Saterdag (23°C) maar temperature sal Sondag skerp daal tot ʼn maksimum van slegs 13°C.

Die Laeveld kan matige temperature verwag oor die naweek, maar dit sal wel bietjie daal teen Sondag tot 16°C met reën wat voorspel word.

Nurse het die publiek aangeraai om warm aan te trek in die koue dele van die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiger ·

Dis baie goeie nuus!Nou sal die betroger bevolking in die Kaap eerder tuisbly as om verder amok te maak en abder onskuldige motoriste te verontrief met hulle snert!Ek hoop dit kapok dik!

Tiger ·

Ah goeie nuus!Dit sal die betogers darem van die N2 snelweg af hou vir ‘n tydjie!

Penellope Jones ·

SO bly oor die reen! As dit tog not asseblief in die opvangsgebiede wil reen dat die land se damme kan water kry.
Tog vanoggend oor die 7-uur radio nuus het ons gehoor dat dit net baie koud en bewolk sal wees met geen reen.
Ons is dankbaar vir elke druppel wat val. Mens, dier en plant en grond en damme het dit so ontsettend nodig.
In die winter is dit koud, sommige dae net kouer as ander, maar dis ook reg, dis hoe dit moet wees!

Nico K ·

Tiger jy praat die waarheid. Niks soos reen om ‘n betoging te laat doodloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.