
Die omstrede Bic-advertensie
Die penvervaardiger Bic het ʼn verskoning op sosiale media gepubliseer ná ʼn “bemagtigingsboodskap” skeefgeloop het.
Bic het die omstrede advertensie op sy Facebook-blad gepubliseer om Nasionale Vrouedag te vier. ʼn Vrou verskyn in ʼn snyerspakkie op die advertensie met die byskrif: “Lyk soos ʼn meisie, tree op soos ʼn dame, dink soos ʼn man, werk soos ʼn baas #GelukkigeVrouedag”.
Die plasing het ʼn herrie op sosiale media ontketen en die plasing is uiteindelik uitgevee.
“Hoekom moet ek soos ʼn kind lyk?” wou een gebruiker weet. “Hoekom moet ek ‘dink’ soos ʼn man, maar ek mag nie soos ʼn man optree nie?” het ʼn ander geskryf. Nóg ʼn gebruiker het dieselfde advertensie gewysig sodat dit eerder lees “Lyk soos jouself, tree op soos jouself, dink soos jyself, werk soos jouself”.
“Hello almal. Kom ons begin net om te sê ons is ongelooflik jammer as enigiemand aanstoot geneem het,” het die maatskappy geskryf, toe die kritiek steeds voortgeduur het nadat die advertensie verwyder is. “Dit was nooit ons bedoeling nie, maar ons verstaan waar ons ʼn fout begaan het. Die plasing moes nooit gebeur het nie. Die terugvoer wat ons kry help ons om seker te maak dat só iets nooit weer gebeur nie, en ons waardeer dit.”
Dit is nie die eerste keer wat Bic beskuldig word van seksistiese bemarking nie. Sy pienk “Vir haar”-penne wat in 2012 verskyn het, is bemark met die beskrywing dat dit “gemaklik in ʼn vrou se hand pas”. Die komediant Ellen Degeneres het dié advertensie in haar program veroordeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Ek dink daar is fout dat vrouens kla oor die advertensie! Regtig die vrouens wat so liggeraak is moet weet daar is iewers ‘n skroef los!!
Nee regtig, die klaers is duidelik intellektueel gestremd en verdeeld! Ek kan aan baie beter dinge dink om oor te kla! Lol
Ek, as vrou, vind glad nie aanstoot aan die advertensie nie. Dis oulike woordspeling.
Ag nee regtig, die bohaai is onnodig, konsentreer eerder op dinge wat regtig saakmaak!!
Ironies dat die klaers dink die advertensie is seksisties, maar hulle het nie ‘n probleem met iets so blatant soos ‘vrouedag’ nie.