Bic vra om verskoning

Die omstrede Bic-advertensie

Die omstrede Bic-advertensie

Die penvervaardiger Bic het ʼn verskoning op sosiale media gepubliseer ná ʼn “bemagtigingsboodskap” skeefgeloop het.

Bic het die omstrede advertensie op sy Facebook-blad gepubliseer om Nasionale Vrouedag te vier. ʼn Vrou verskyn in ʼn snyerspakkie op die advertensie met die byskrif: “Lyk soos ʼn meisie, tree op soos ʼn dame, dink soos ʼn man, werk soos ʼn baas #GelukkigeVrouedag”.

Die plasing het ʼn herrie op sosiale media ontketen en die plasing is uiteindelik uitgevee.

“Hoekom moet ek soos ʼn kind lyk?” wou een gebruiker weet. “Hoekom moet ek ‘dink’ soos ʼn man, maar ek mag nie soos ʼn man optree nie?” het ʼn ander geskryf. Nóg ʼn gebruiker het dieselfde advertensie gewysig sodat dit eerder lees “Lyk soos jouself, tree op soos jouself, dink soos jyself, werk soos jouself”.

“Hello almal. Kom ons begin net om te sê ons is ongelooflik jammer as enigiemand aanstoot geneem het,” het die maatskappy geskryf, toe die kritiek steeds voortgeduur het nadat die advertensie verwyder is. “Dit was nooit ons bedoeling nie, maar ons verstaan waar ons ʼn fout begaan het. Die plasing moes nooit gebeur het nie. Die terugvoer wat ons kry help ons om seker te maak dat só iets nooit weer gebeur nie, en ons waardeer dit.”

Dit is nie die eerste keer wat Bic beskuldig word van seksistiese bemarking nie. Sy pienk “Vir haar”-penne wat in 2012 verskyn het, is bemark met die beskrywing dat dit “gemaklik in ʼn vrou se hand pas”. Die komediant Ellen Degeneres het dié advertensie in haar program veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gideon ·

Ek dink daar is fout dat vrouens kla oor die advertensie! Regtig die vrouens wat so liggeraak is moet weet daar is iewers ‘n skroef los!!

magriet ·

ja Gideon, die skroef is los by die mans wat sulke bollie advertensies uitdink. ‘n Man se brein is nie bevoeg om te werk soos ‘n vrou s’n nie.

Paul ·

Magriet, die bemarkingspersoon van Bic wat die advertensie laat uitgaan het, is ‘n vrou, Wandile Setlhodi.

Berhalet Beukes ·

Nee regtig, die klaers is duidelik intellektueel gestremd en verdeeld! Ek kan aan baie beter dinge dink om oor te kla! Lol

Jollie Jacqueline ·

Ek, as vrou, vind glad nie aanstoot aan die advertensie nie. Dis oulike woordspeling.

Arina ·

Ag nee regtig, die bohaai is onnodig, konsentreer eerder op dinge wat regtig saakmaak!!

Pieter ·

Ironies dat die klaers dink die advertensie is seksisties, maar hulle het nie ‘n probleem met iets so blatant soos ‘vrouedag’ nie.

Pieter dp ·

Ja dis soos somige vroue is. Kyk net waar kan hul hul pen in slaat om te veroordeel. Plaas om te kyk waar kan hul op bou en die samelewing ver beter.

Aan die Vroue wat dit verdien ,n verbetering en liefde in die siek werld bring ,MAG ELKE DAG N VROUE DAG WEES VIR JULLE.

Ghost ·

Waaroor gaan die mense nog kla. Een van die dae gaan jy aangekla word as jy n joke maak oor nlondines of n Van der Merwe grap vertel.

Cornette ·

Ag genade – wat nou nog….. ek persoonlik dink dis ‘n oulike boodskap… Wees ‘n dame (ons wil tog almal een wees?) maar moenie die dogtertjie in jou verloor nie (die opregtheid en onbeteulde vreugde van kindwees – as jy jonk van gees is lyk jy ook sommer jonger) dink soos ‘n man (hulle dink mos hulle kan enige iets doen *wink*) en werk soos ‘n baas (met ander woorde gee alles).

Griet ·

Briljant gestel! Vroue wat geaffronteer is deur die stelling: bou ‘n brug en kom asseblief daaroor. Geen inteligente, selfversekerde, sterk vrou sou gesit en wroeg het oor die stelling nie. Daar is te veel om te DOEN!!!

Piet Pompies ·

Die advertensie is kreatief en oorspronklik met so ‘n lekker tong in die kies inhoud.
Maar soos dit in SA gaan, die skrif is aan die muur, Bic het gefouteer en moet in die openbaar verskoning maak…… ga

THEA SWART ·

ek het ook gedink dis ‘n baie oulike advertensie en heel gepas in vandag se tyd en ek sal defnitief nog BIC penne koop – hulle skryf in elke geval die lekkerste – agge nee wie ook al daaroor gekla het moet groot word

Riette ·

Ag nee regtig!! word groot mense ek kan aan baie ander goed dink waaroor daar gekla kan word!!

pop ·

Al die vrouens wat so womens lib begin het< het regtig nie aan vrouens n guns bewys nie. En die mans??? hulle is slim genoeg om tjoepstil te sit en dit toe te laat. Nou werk ons buite die huis, voldag, ons moet nog steeds die huis aan die gang hou, kinders oppas, presies alles doen soos voorheen en BAIE meer, Dis mos uit die mans se hande gevat. En daar sit meneer lekker en TV kyk en geniet al die perks wat daarmee saamgekom het. Ai man, my ma vertel my baie hoe lekker dinge in haar dae was.

EMK ·

Baie belaglik en die pienk pen storie wat Ellen veroordeel – wtf?? Uiters belaglik! Geen advertensie sal my in elk geval ooit onseker oor my plek in die ssamelewing of besigheidswereld laat voel nie. Mense met ‘n minderwaardigheidskompleks raak onsteld oor nonsens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.