‘Bid en glo,’ vra ouers van seuntjie wat byna verdrink het

'n Onlangse foto van Jason Oosthuizen. Foto: Facebook

‘n Onlangse foto van Jason Oosthuizen. Foto: Facebook

Jaco en Jolene Oosthuizen, die ouers van Jason wat verlede Sondag byna by sy huis in Rustenburg in Noordwes verdrink het, glo vas dat God nóg ʼn wonderwerk sal doen.

Jason (3) word steeds in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel met sy ouers en ander familie wat by hom waak.

Maroela Media het vroeër berig oor dié driejarige seuntjie wat mense van regoor die wêreld se harte aangeraak het, asook die “engele” wat hom ná die voorval bygestaan het en wat deur Jolene (29) as wonderwerke beskryf is. Jason is ná die voorval met ʼn helikopter na Garden City geneem waar hy ʼn breinoperasie ondergaan het en in ʼn geïnduseerde koma geplaas is. Hy het Donderdag in die hospitaal drie jaar oud geword.

Jaco (33) het Maandagoggend almal bedank vir hul gebede. “Ek wil net vir julle almal sê dat daar ʼn lewende God is en dat Hy by ons almal is en dat julle moet glo in die krag van die Here. Al lyk die pad donker, sal daar ʼn lig wees aan die ander kant. Die bose mag sal ontbloot word en regverdigheid sal geskied,” het hy op sy Facebook-blad gesê.

“Dankie aan elke siel wat vir Jason gebid het vir volle genesing en dat dit wat nie van God af kom nie, nie vir hom bedoel is nie,” het Jolene gesê. “Mense kan aanhou bid, maar veral ook glo dat God hom ten volle sal laat herstel. Dankie vir elkeen wat in ons almagtige God glo en saam met ons die pad stap. Alle eer aan Hom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ina Jooste ·

Dierbare Vader raak Asb hierdie kein seuntjie aan seen hom en sy ouers. Amen

ansie pretorius ·

In Jesus se naam bid ons volkome herstel o Jason en dat hy niks sal oorhou vd insident nie en gou weer saam sy boetie en ouers kan wees, ek bid ook krag v sy ouers in die moeilike tyd God is groot en almagtig, Hy se doen jy di moontlike ek doen die onmoontlike, ons vra in Jesus Amen

Christine ·

Ai! Julle is deurentyd en altyd in my gebede en gedagtes!!! Siestog, laat hom slaap dat hy gesond kan raak, God SAL hom wakker maak op SY tyd!!! Sterke aan pappa en mamma en almal wat hom omring met liefde!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.