Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Sondag vir goddelike ingryping gevra tydens ʼn toespraak by ʼn kerk in die Vrystaat.
“Ons vra vir gebede. Moenie net vir die regering bid nie, bid vir die ANC,” het hy aan lidmate van die AME-kerk in Tumahole gesê. “Die ANC is ʼn instrument in die hande van God om mense se lewens te verander.” Hy sê dit is ‘n reël in die ANC dat almal wat deel is van die party Sondae moet kerk toe gaan. “Dit is nie weens die ANC se weë dat ons die regering is nie…dit is deur God se wil.”
Mantashe het ook verwys na de Ekonomiese Vryheidsvegters se beleid om grond te herverdeel sonder vergoeding. “Kyk na Zimbabwe. Dit was voorheen die broodmandjie van Afrika. Vandag voer hulle omtrent alles uit. Die Zimbabwiese dollar het verdwyn. Die ekonomie sal verdwyn indien dit die voorbeeld is wat ons wil volg.”
Mantashe het ʼn beroep op die gemeente gedoen om vir die ANC te stem “alhoewel hulle stem ʼn geheim is.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Mens bid nie vir die duiwel nie.
God Almagtig vra om gedien te word, iets wat ek nog nie by die ANC waargeneem het nie. Moenie Hom vir gunsies vra terwyl julle Hom ontken nie.
God laat nie met Hom spot nie.
Dit gaan nie nou help om hulp te vra nie , ou Mantash. Julle is die afgelope 20 jaar deeglik getoets maar het die toets van Christelikheid en regverdigheid en eerlikheid jammerlik gefaal. Pasop om vir “ingryping” te vra – dalk kry julle die ingryping wat julle volgens julle werke verdien, en dit mag katastrofies wees.
Ek bid elke dag vir die ANC – maar dit is dat hulle tot ‘n val moet kom. Dit het begin sleg gaan in SA nadat Geloftedag afgestel is.
Weereens misbruik die ANC God se Naam vir politieke doeleindes. Die ANC is moreel bankrot en doen enigiets om stemme te kry. Die ANC moet onthou God laat Hom nie bespot nie.