‘Bid vir die boerdery’, vra Agri SA

kalf-bees-plaas-landbou

Foto: Pixabay.com

Agri SA het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om Vrydag hande te vat en te bid vir die toekoms van die land en in besonder die landbousektor.

“Landbou is een van die belangrikste sektore in die land en kan ʼn groot rol speel in die stimulering van ekonomiese groei,” sê Pierre Vercueil, Agri SA se president, in ʼn verklaring. “Die sektor ervaar tans verskeie uitdagings en politieke en beleidsonsekerhede. Dit sluit in grondonteiening en die wysiging van art. 25 van die Grondwet. Die droogte in die westelike dele van die land en die Karoo het ook ʼn negatiewe impak op boere en plaaswerkers se vermoë om te oorleef.”

Vercueil sê boere is baie dankbaar vir die reën wat reeds in groot dele van die land geval het. “Maar daar is ander dele waar die droogte voortduur, met die gevolg dat mens en dier baie swaarkry.

“Dit is nou die tyd vir gelowiges van alle denominasies om saam te staan en uit te reik na mede-Suid-Afrikaners,” sê Vercueil. Daarom vra Agri SA mense van alle gelowe en kerke om Vrydag 24 Januarie tussen 13:00 en 14:00 vir die volgende te bid:

  • Vir die regering om die regte politieke besluite te maak in belang van die land en die ekonomie.
  • Vir reën om te val in die areas wat steeds deur die droogte geteister word, maar ook om dank te betuig vir goeie reën wat reeds in ander streke geval het.
  • Vir gunstige boerderyomstandighede vanjaar.
  • Vir die veiligheid van Suid-Afrikaners, veral op plase.

“Agri SA beywer hom vir ʼn land waar landsburgers mekaar se regte respekteer, goeie waardes bevorder en mekaar ondersteun. Agri SA hoop om met dié oproep om gebed Suid-Afrikaners nader aan mekaar te bring,” sê Vercueil.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

johan ·

Here U alleen weet U weg….help die boere in ons land …laat U ons lei dat ons ons sondes opreg kan belei…

John ·

… ons kan nie net vir die voorspoed van ons boere bid nie. Hoeveel wit werkers, dorpenaars en stedelinge, het nie die afgelope 25 jaar bitter swaargekry, hul werk verloor of werkloos rondgestrompel nie. Baie kinders kon nie verder gaan studeer nie. Waar was die boere se hulp en gebede? En toe gaan kruip ‘n spul by die regering in die hoop dat hul die lyding gespaar sal bly… En toe volg die surprise…

Ellisras ·

John. Kan jy dit in Afrikaans sê. Ek verstaan nie wat jy sê nie.

Gaitsigubib ·

John meen mens moet vir God se hele volk bid. Ek neem aan, “almal wat tenminse besef dat ons slegs Sy ganade kan ontvang omdat Hy vir ons sondes gesterf het”. En die spul wat by die regering gaan kruip het is al die ou NP’s. Jy is een van hulle.

Johan Bisschoff ·

Die gebed van die goddeloses en afgodsdienaars is kragteloos. Ek vind dit verkeerd dat Agri SA die gebedsversoek nie net aan Christene rig nie, maar die sekulêre roete volg. Natuurlik polities baie korrek. Al waar daar verlossing te vind is, is by die ware Here. God drie enig wat in Christus vir elke sondaar verlossing bewerk het en met die Heilige Gees ons daagliks lei en bemoedig. Daar kan nooit voorspoed in sekulariteit wees nie. Ons kort Christen leiers wat onbeskaamd weer beginsel-gedrewe die leiding in ons gemeenskappe en in die land neem.

Steffan ·

Mnr Vercueil
AgriSA kry dit weer reg om vir die soveelste keer God3 gelyk te stel aan gode.

Mnr Moller het in die verlede n biddag in Bloemfontein gereel.

Almal was toe ook welkom, moslem, hindo, tot n Afrikaner toordokter was daar.

Julle organisasie is n skande en beslis nie n vriend van die ware gelowiges in die land nie.

Wanneer die uitkoms plaasvind, waarvoor julle sogenaamd bid, vir wie gaan julle die dank en eer gee?

Julle mislei en bedrieg en dit gaan jul einde beteken.

Gaitsigubib ·

Agri SA sal nog verdwyn, want God self het gese “wyk satan”!

shark ·

Bid vir reen en veiligheid vir alle suid afrikaners, maar vir die ANC regering is dit tydmors..AMEN

Ouma ·

Hemelse Vader, mag ons asb vra dat U na ons pleit gebede luister en die versoek hierbo dat alle S-Anders in ons land sal hande vat en saambid vir uitkoms. Ons kom kniel vanoggend by U voete Heer. Help asb? Ons vergeet ook soms so maklik om te kom ‘dankie’ sê, maar ek kom solank dankie sê Here, vir U goedheid en U guns. Here, ek wil ook spesiaal vir al ons boere se veiligheid en beskerming kom bid vanoggend. Ons vertrou op U en U alleen, want U alleen is die ewige, ware God. Amen

Mr M Santo ·

Landbou is n industrie . Insekte – spuit gif . Onkruid- spuit gif . kry oesversekering . Wil produksie opstoot- plant GMO . Dit reen nie- uuh , uuh . Nader boerevereniging,dept landbou,president , UN miskien ? Die industrie het Hom wat reen gee uitge- boer maak n plan . Vra die gif rep of meneer megaboer wat nou . Open die boerevereniging vergaderings met Skriflesing en gebed ? Miskien gaan ons nou . Spreuke 19:25

Gaitsigubib ·

Matt 4 vers 10 , toe Santan die Here beproef het, het die Here gese: “gaan weg satan… want die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen”. Saam met Agri SA sal ek nie bid nie en ek wil asb ook nie he hulle moet vir my bid nie. Hierdie land is waar hy is omdat mense hul God nie ken nie.

Chrisjan ·

Die Woord van God se:as my volk oor wie My naam uitgeroep is hulle bekeer van hulle verkeerde wee en bid sal ek julle land genees….

SUSAN ·

Sogenaamde gelowiges wat weier om vir die land en sy boere te bid net omdat Agri Sa dit vra, gaan lees jul Bybels , daar word baie duidelik gese, bid vir die regering. Ek bid vir reen in die dorre streke en ek bid vir die President, hy staan alleen teen vyandige parlementslede. Duidelik ken sommige van jul nie die boerdery nie. Doen die moeite en gaan besoek een van die boere, hul is terdee bewus van die feit dat hul toten taal afhanklik is van God se Genade.

BR Vorit ·

Nuwe hilux e , nuwe duitse weelde motors, helikopters , vliegtuie , 8 wiel trekkers , ekstra plase , groter plase , wildsplase , huis in die dorp , huis by die see . Onluste eenheid teenwoorig met salarisuitbetalings . Plaasbestuurders . Kinders op universiteit en aam en aan .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.