‘Bid vir Lara’ vra ma ná twee van drieling sterf

Baba Lara in die hospitaal. Foto: Facebook

Baba Lara in die hospitaal. Foto: Facebook

ʼn Egpaar van Kaapstad het hul tragiese verhaal, nadat hulle twee van hul drieling-babas aan die dood moes afstaan, op sosiale media gedeel en ʼn beroep op mense gedoen om vir hul derde baba, wat steeds om haar lewe in die hospitaal veg, te bid.

Jean-Mari Kellerman van Vuuren en haar man, Divan, se drieling-dogtertjies is op 30 Oktober 2016 op 26 weke vroeg gebore. Die egpaar het ook twee ouer kinders.

Lily, Julia en Lara was vanaf hul geboorte dadelik in ʼn stryd om oorlewing aangesien al drie met gate in hul hartjies gebore is. Volgens die Facebook-groep “Bid vir baba Lara”, is Lily net ʼn dag later in die hospitaal oorlede. Daarna het Julia op 3 Januarie vanjaar “ook haar engelvlerkies” gekry.

Baba Lara in die hospitaal. Foto: Facebook

Baba Lara in die hospitaal. Foto: Facebook

Jean-Mari het op Facebook die gebeure as terselfdertyd die grootste seën en die hartseerste belewenis van haar lewe beskryf. “Grootste blessing ooit om [Lily] vir 26 weke te kon dra, kon voel skop en een daggie te kon sien en haar lyfie te kon vashou. Hartseerste belewenis ooit in my lewe om totsiens te gesê het aan my liewe Lily dogtertjie,” het sy op 31 Desember geskryf.

Op 3 Januarie het sy ook aan Julia hulde gebring. “Rus sag, my liewe dogtertjie, rus sag, Julia. My hart is totaal uit my borskas geruk. Jy was nog oukei gister. Ek kon jou vashou. Ek voel dood. Here, hoekom? Rus sag, liewe Julia. Vir altyd, jou mamma.”

Nou het Jean-Mari en Divan ʼn Facebook-blad begin waarop hulle vra dat mense vir Lara bid wat steeds om haar lewe veg. “Lara het almal se gebede nodig om sterk genoeg te raak sodat sy ʼn hartoperasie kan ondergaan wat lewensnoodsaaklik is vir haar,” is op die groep geskryf.

“As gevolg van die hart-PDA [patent ductus arteriosus] wat so groot is, tel sy nie vinnig genoeg gewig op nie. Dr. Susan Vosloo, die hartspesialis, kan eers die operasie op 1,8 kg doen en Lara is nog myle ver van 1,8 kg af. Die PDA veroorsaak groot komplikasies op die oomblik.”

Baba Lara in die hospitaal. Foto: Facebook

Baba Lara in die hospitaal. Foto: Facebook

Die blad verduidelik ook dat Julia oorlede is nadat haar maag so groot opgeswel het dat haar ingewande gebars en sy inwendig begin bloei het. Dieselfde gebeur tans met Lara se magie. “Dit swel vreeslik op omdat die dermpies nie genoeg bloed ontvang om reg te funksioneer nie.”

Teen Donderdagmiddag het Lara se ondersteuningsblad 658 volgers gehad en talle boodskappe van bemoediging en gebede is reeds op die blad gedeel. Volg die blad hier.

Jean-Mari kon nie Donderdagoggend vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jane ·

My hart bloei vir hierdie ouers. So jammer oor julle verlies. Sal saambid vir genesing en herstel van julle laaste ou dogtertjie. Dis so ‘n voorreg om ‘n drieling te kon gehad het, so jammer dinge het nie uitgewerk nie. Mag julle troos vind in die feit dat hulle geliefd was en goeie versorging gehad het. Baie sterkte met Lara!

Frans Scheepers ·

Vader ons dank U dat u ons verhoor. U is lief vir kinders en maak hierdie een gesond. Our help cometh from the Lord.

Sommernet hartseer ·

Dit is sommer net hartseer, baie sterkte vir julle en hierdie klein poppie, ons dink aan julle in hierdie stryd.

BOLANDER ·

Ons gebede is saam met hierdie ou mensie en mag HY julle op tel en vir haar genees. AMEN

Riaan ·

Dit is uiters hartseer, my hart is uit my bors geruk. Sy is so n kleine meisiekind. My vraag is hoekom gebeur sulke dinge in die wereld, Ouers my meegevoel is met julle,mag God sy hand our julle dogter hou en ha sterk maak.Ek is self n ouer en my seun is Februarie due, my dogter is 5 en ek sal my Lewe gee sodat hulle kan leef

Landi Slatter ·

Dagsê snoefie

Dankie vir jou navraag. Die kindertjies is soos in die berig vermeld op 30 Oktober 2016 gebore.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Petro ·

ai ek kry skoon trane!!! Here ek dra Lara op na u en vra dat u haar sal spaar en u hand oor haar klein ligaampie sal hou.AMEN

Jenna ·

Alla sterkte aan die ouers van Lara, ek kon ook nie die trane keer nie. Lara hierdie tannie bid vir jou my poppie, jy moet sterk wees die hele land bid vir jou. Lief jou alreeds.

snoefie ·

sterkte aan die ouers. mag Lara van krag tot krag gaan en oorleef. die sorg moet nou al n astronomiesebe.drag beloop. weet iemand of daar fondse vir hulle ingesamel word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.