‘Bid vir Pierre’ vra familie; dis vandag ‘n jaar

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Die familie van die ontvoerde Pierre Korkie het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vandag vir hom te bid, presies ‘n jaar nadat hy in Jemen ontvoer en gyselaar geneem is.

Pierre en sy vrou, Yolande, is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen deur militante ontvoer en gyselaar geneem. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat die noodlenigingsorganisie Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het.

“Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrika om tot God te nader in vas en gebed op 27 Mei,” het Yolande in ‘n verklaring gesê. Sy het ook vir Suid-Afrikaners gevra om vir wysheid te bid vir alle partye wat by die onderhandelings betrokke is.

Maroela Media het verlede week berig dat bronne in Jemen bevestig het dat Pierre steeds leef. “Ons het sowat 10 dae gelede bevestiging van meer as een bron ontvang dat Pierre lewe. Hy en ʼn ontwikkelingswerker vir die Verenigde Nasies van Sierra Leone, wat ook verlede jaar ontvoer is, is saam gesien,” het Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, gesê.

Yolande het ook verlede week opnuut in ‘n videoboodskap vir haar man se vrylating gepleit.

Lees ook:
Bronne sê Pierre Korkie leef
Video: Yolande Korkie pleit om man se vrylating
Pierre Korkie: ‘Dis al ‘n jaar’
Gesin bekommerd oor Pierre Korkie se gesondheid
Al-Kaïda soek steeds losprys vir Pierre Korkie
“Laat my man vry,” smeek Yolande Korkie weer
Pierre Korkie: 48 uur-spertyd verval vandag
‘Vordering’ in Korkie-saak
Pierre Korkie leef sê bron
Geen nuus van Korkie-ontvoerders
Jemen-bemiddelaar ís geloofwaardig – AFP
Korkie-”bemiddelaar” se geloofwaardigheid bevraagteken
“Ontvoerders sal Korkie nie teregstel nie”
Video: Yolande Korkie doen finale beroep vir haar man se vrylating 
Pierre Korkie: Ontvoerders swyg; spertyd kruip nader
Korkie-onderhandelaar vlug na Dubai
Pierre Korkie: Onderhandelinge erg gespanne
Pierre Korkie lewe- Ebrahim
Pierre Korkie: Al-Kaïda maak kontak
Ebrahim doen emosionele beroep op Korkie se ontvoerders
Yolande Korkie nie in staat tot onderhoude nie
Nuus van Korkie-ontvoerders
“Onheilspellende stilte” van Korkie-ontvoerders 
Ebrahim na Jemen vir Korkie-gesprekke
Korkie-gyselaarsdrama: “Groep is hardekop”
Nuuskommentaar: Om Korkie-losprys te betaal of nie…
“Die ergste oomblik van my lewe” – Yolande Korkie
Yolande Korkie pleit vir haar man
Yolande Korkie deel vandag haar storie
Dreigemente van Korkie-ontvoerders
Pierre Korkie: Onderhandelings is ingewikkeld
Onderhandelinge duur voort vir Pierre Korkie
Organisasie wil bewys Pierre Korkie is ʼn SA’ner
Onderhandelings duur voort vir Pierre se vrylating
Een van Korkie-egpaar vrygelaat
Nederland-paartjie in Jemen vrygelaat 
Video: Nederlandse paartjie pleit om hul lewe
Geen nuus oor ontvoerde SA-paartjie
Stappe om ontvoerde SA egpaar te bevry
SA egpaar glo deur Al-Kaïda aangehou
Ontvoerde SA’ners in Jemen is egpaar van BFN
Jemen-ontvoering: Vyf verdagtes in hegtenis geneem
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Ontvoerdes in Jemen wel van SA
Gerugte van ontvoerde SA’ners in Jemen ondersoek
Twee van SA glo in Jemen ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Sterkte aan die Korki familie. In ons gebede word julle opgedra aan ons Hemelse Vader sodat Sy naam ook veheerlik kan word.

Chalkie ·

Die goeie nuus is dat hy nog in die lewe is, beste nuus sal wees wanneer hy vrygelaat word. Moenie ophou bid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.