Bielie van ’n blou diamant in Cullinan gevind

Die blou diamant wat Maandag gevind is. Foto: Petra Diamonds

Die Petra Diamonds-mynmaatskappy het Maandag ʼn uitsonderlike blou diamant by sy Cullinan-myn in Gauteng ontdek.

Dié blou diamant van 20,08 karaat is as ʼn tipe llb geklassifiseer. Dié tipe word as die skaarsste soort diamant ter wêreld beskou met minder as 0,1% van alle natuurlike diamante wat in hierdie klas val.

“Dié vonds toon nie net die kwaliteit van Petra se batebasis nie, aangesien die Cullinan-diamantmyn ’n belangrike bron van seldsame blou diamante bly, maar dit bevestig ook die voorkoms van uitsonderlike stene in die Cullinan-ertsliggaam, asook die vermoë van die myn se aanleg om die volledige spektrum diamante uit te haal,” het die maatskappy gesê.

Die maatskappy sal op Maandag 21 Oktober verslag oor die produksie- en verkoopsresultate vir die kwartaal geëindig 30 September doen.

Die diamant wat in Maart ontdek is en intussen verkoop is. Foto: Petra Diamonds

Petra Diamonds het in Maart ʼn enorme wit diamant van meer as 420 karaat by die Cullinan-myn ontdek.

Die steen van 425 karaat is as D-kleur tipe IIb geklassifiseer en is in Mei vir net minder as $15 miljoen verkoop.

Cullinan is bekend vir sy groot, hoëgehalte edelstene en die wêreld se belangrikste bron van uiters seldsame blou diamante.

Cullinan het sy naam in die geskiedenisboeke verewig toe die Cullinan-diamant in 1905 gevind is, die grootste ongeslypte diamant ooit – 3 106,75 karaat. Dié steen is in twee gesny en is die twee belangrikste diamante in die Britse kroonjuwele.

Talle van die wêreld se bekendste diamante kom uit Cullinan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KrokodilBotha ·

Mooi in blou. Diamante is glad skaars nie, eerder die monopolie wat pryse bepaal.

Dr Phil ·

Nou het ek 2 en 2 by mekaar getel: die prinsie en sy gade is nie toevallig nou in SA nie – hulle het hulle diamant kom haal…

Koos ·

Julle inligting is nie heeltemal akuraat nie. Die Cullinan diamant is nie net in twee gesny nie. Die 2 grootste stene is wel die belangrikste van die kroon juwele. Daar is 9 hoof stene en dan ñ redelike aantal kleiner stene uit hom gesluip.

Finansiele raadgewer ·

1 Eskom die grootste deel.
2 Beveiliging vir boere(sonder krag is dit
onmoontlik.)
3 Opleiding verpleegkundiges
4 Bijbelverspreiding in alle talle(Die hoort op die 1ste plek, maar sonder krag en veilgheid kan niemand behoorlik bybel lees nie.

Bert ·

‘N “bielie van ‘n diamant”, ongeveer 4 gram dus ‘n klippie van so 12-13 mm.
Maar dit bly natuurlik wel ‘n uiters skaars kleur.

SjN ·

MM, volgens die foto en opskrif moet diamant baie groter as 20.08 karaat wees in vergelyking met die ander wit een van 420 karaat.

humor ·

Finansiele Raadgewer, man, jy moes ons president gewees het.

Finansiele raadgewer ·

Humor, lees my kommentaar by die artikel oor julius oor die erfenis en die stem? Dit is geplaas onder my ander naam transvaalse nooi

vanessa ·

Blue is the second rarest fancy color. The second position has always been a battle between blue and pink, but the pink seems to be a bit more common than the blue. The most famous Blue Diamonds are the Hope Diamond and the Wittelsbach Graff.

Pampoen ·

Wat van die ‘Heart of the ocean’ wat daai ander tannie in die see laat val het?

aj ·

Dink ek jet sulke klippies in my tuin gesien toe ek rose geplant het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.