Bielie van ʼn diamant in Cullinan gevind

425.10 karaat D-kleur Tipe II-diamant wat op 29 Maart 2019 by Cullinan gevind is (Foto: Petra Diamonds)

Petra Diamonds het gesê hy het ʼn knewel van ʼn diamant Vrydag by Cullinan-diamantmyn gevind.

Marianna Bowes, woordvoerder van Petra Diamonds, het in ʼn verklaring gesê die steen is ʼn 425.10 karaat D-kleur Tipe II edelgesteentegehalte diamant.

“Dié vonds is ʼn verdere bewys dat daar steeds stene van dié aard in Cullinan beskikbaar is en is ʼn teken van die myn se vermoë om die volledige spektrum diamante uit te haal.”

Die steen sal na verwagting later vanjaar verkoop word.

Cullinan is bekend vir sy groot, hoëgehalte edelstene, insluitend Tipe II-stene en die wêreld se belangrikste bron van uiters seldsame blou diamante.

Cullinan het sy naam in die geskiedenisboeke verewig toe die Cullinan-diamant in 1905 gevind is, die grootste ongeslypte diamant ooit – 3,106 karaat. Dié steen is in twee gesny en is die twee belangrikste diamante in die Britse kroonjuwele.

Talle van die wêreld se bekendste diamante kom uit Cullinan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Oppas ·

Julle maak sulke goed bekend passop vir “inside” jobs om julle te roof. Baie gevaarlik in SA.

Jerry ·

Bo en behalwe inside jobs, kan hulle in hulle massas Cullinan toe stroom. Dit het nou onlangs gebeur op n plek waar goud ontdek was. In SA noem jy nie plekke se name nie! “Son of a soil” gaan se dit behoort aan die gepeupel!

Disselboom ·

Die feitefoute in hierdie artikel is darem net te woes om sonder kommentaar te laat verbygaan, en ondersteun ongelukkig die persepsie van baie Engelssprekendes oor Afrikaners wat nie regtig veel van die mynwese se handelskant weet nie: een regstelling: die Cullinan-diamant is nie net in 2 dele geslyp nie, maar in 105 dele, waarvan 9 groot diamante was, die grootste twee 530 en 317 karaat onderskeidelik. Diamante is fassinerend, en beriggewing daaroor mag gerus so bietjie beter ingelig wees.

lion ·

Ek wens ek kan so iets uit my backyard uirhaal..?sal nogal lekker wees…hehe dan word my erf ‘n myn verklaar…wara wara dis lekker om te kan droom… ja suidafrica se culinan kan verewig trots wees op sulke fondse….dia baie groot

Elize ·

Oppas Petra Diamonds. Een van die dae kom breek hul jul hekke af om daar te delf. Die land behoort mos aan OUR PEOPLE, en wat hulle wil hê, die vat hulle. SAPD staan gewoonlik veilig weg en monitor die situasie, want hulle is net so magteloos soos wetsgehoorsame burgers.

Michael ·

Hou net die ANC daar weg voordat hulle daai dorp ook heeltemaal verwoes.

Agnes ·

Kan iemand vir my inligting? Aan wie gehoord die diamond eintlik, aan die person wat dit vind, aan die mynmagnate of aan die land? Waar word hy gebere, wie gaan hom be werk? Wil graag weet uit intressantheids onthalwe.

Gustav ·

Hy word waarskynlik op die myn se perseel in n kluis gebêre. Maar Petra kan hom op enige ander geheime plek ook laat bewaar tot hy opgeveil word. Die koper laat hom op die plek van sy keuse verwerk, waarskynlik iewers in Europa. Of dalk besluit die koper om hom eerder in sy natuurlike vorm te behou. Met sulke groot diamante is alles net raaiskote.

Zelda Boshoff ·

As ek dit reg het behoort alle diamante en goud aan die de Beers/Anglo American groep.

Lisel ·

De Beers het die man verkoop aan Petra so dit behoort aan hulle.

Agie ·

Ek verwonder my steeds aan die SKEPPER van die hemel en die aarde!!!!!!
HOE GROOT IS U!!!!

Johanna Botha ·

Die inkomste kan dalk help om die gate in die dorpie se paaie te help stop !

Wessie ·

Praat bietjie met Petra Diamonds Johanna.
Hulle kan nie net skep en die plek so verwaarloos laat lyk nie!

Willemien ·

Mooi Johanna, beste kommentaar! 100 uit 100 vir jou! XxX

Ai.. ·

Gaan die edel gesteente ok nou opgsny word en aan haar die uwe u majesteit oorgehandig word… Hul gaan dit nodig het na die brexit fiasko…

Henry ·

Dit is die regering en plaaslike dorpsraad se werk om gate in paaie reg te maak! Petra diamante betaal mos hul belastings en skep baie werk in Cullinan. Ek myn ook en dit kos baie geld en nie altyd maklik om kop bo water te hou nie.

Ek wonder ·

Het hy nie gesê dat die diamant hom aan n skaapkop laat dink nie?

Lukas vd Merwe ·

Die Rothilds sal seker binnekort die daimant besit.

Weskus Tannie ·

Na hierdie nuus wereldwyd gepubliseer is kan die veiligheid by die myn seker maar opgeskerp word net om seker te maak! indien dit enigsins sal help vir beskerming?

Heksie ·

Ai dit bly maar mooi!!!!!
Aan wie sal dit dan verkoop word? Guptas? en waar gaan die geld heen? Staatskas of Ramapokker en sy maatjies se sakke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.