Biervereniging wil hernieude drankverbod beveg

(Argieffoto: pixabay)

Die Biervereniging van Suid-Afrika (Basa) het Sondagaand aangekondig dat hy regsadvies gaan inwin om die regering se hernieude verbod op drankverkope teen te staan om die lewensbestaan van mense in dié bedryf te beskerm.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat die verkoop van alkohol verbied word om die druk op die land se gesondheidstelsel te verlig.

Volgens Basa is groot byeenkomste, ʼn gebrek aan sosiale afstand en die versuim om maskers in die openbaar te dra egter die rede waarom Suid-Afrika so ʼn skerp toename in infeksies sien en dat alkohol nie die probleem is nie.

“Ons het die regering herhaaldelik daarvan bewus gemaak hoe die vorige verbod op alkoholverkope duisende ondernemings verwoes het en hul eienaars, werknemers en dié se gesinne sonder ʼn inkomste gelaat het. Baie meer ondernemings sal finansieel krepeer weens die jongste verbod.”

Basa en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Drankhandelsname (Salba) het ook ʼn beroep op die regering gedoen om eerder hul aandag op ʼn grootskaalse inentingsveldtog te rig as om mense se bestaan in gedrang te stel.

“Daar is ʼn entstof teen die koronavirus, maar nie een teen armoede nie.”

“Indien ʼn wydverspreide inentingsprogram nie doeltreffend geloods word nie, sal daar elke paar maande ʼn nuwe vlaag van infeksies wees wat die ekonomie se hersteltydperk langer vertraag,” het Sibani Mngadi, voorsitter van Salba, gesê.

Basa het bygevoeg dat die breër alkoholbedryf hul fasiliteite beskikbaar gestel het as toets- en inentingsentrums en dat dié bedryf bydraes gelewer het in die aankoop van beskermende toerusting vir gesondheidswerkers en die stigting van die Nasrec Covid-19-veldhospitaal in Johannesburg.

“Ten spyte hiervan, asook die gebrek aan bewyse dat alkohol ʼn direkte verwantskap met die hoë infeksiesyfers het, is die regering steeds gewillig om die werke van duisende Suid-Afrikaners in gedrang te stel.”

Impak van dié verbod

Volgens Mngadi gaan die jongste verbod slegs die onwettige handel van alkohol aanmoedig en tot gevolg hê dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se inkomste drasties verminder.

“Euromonitor International het in Mei vanjaar aangeteken dat die onwettige handel in alkohol sedert 2017 jaarliks met 17% toegeneem het. Dié onwettige bedryf is tans sowat R20,5 miljard werd in Suid-Afrika. Hiermee saam het SAID ook sowat R11,3 miljard in belasting verloor weens onwettige alkoholhandel,” het Mngadi gesê.

Die kumulatiewe ekonomiese impak van die drankverbod verlede jaar, asook die een wat vir vyf weke tot in die nuwe jaar geduur het, het sowat 200 200 werke in die alkoholbedryf in gedrang gebring. Dit is gelykstaande aan 1,22% van alle werke in die formele en informele sektor in Suid-Afrika.

SAID het ook sowat R29,3 miljard se inkomste in belasting verloor, wat 2,3 % van alle belastinginkomste vir die regering uitmaak. Ongeveer R8,7 miljard in aksynsbelasting het ook intussen verlore gegaan. Dit is gelyk aan 21,2 % van SAID se aksynsinkomste.

Die bedryf het in geheel sowat R36,3 miljard in drankverkope verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Magda G ·

Soveel huishoudings nou weer sonder inkomste. Die regering se hantering vd pandemie is pateties. Tree daadwerklik op teen die groepe wat vergader maar hier word n blinde oog gegooi,. Regering word getart en is te bang om op te tree

Lourens CFG ·

Mal emma het juis sy volgelinge gesê “defy the lockdown”.

Pietertjie ·

Daar is ook nie medisyne vir ‘n gebrek aan common sense nie. En as daar so-iets was, sou dit seker nie goedgekeur wees vir menslike gebruik nie.

Johann ·

Die hele doel van die absurde inperkings op drank en restaurante is maklik: verwoes bedryf vir bedryf…mense se inkomste…en maak hulle of desperaat genoeg om ook te begin brand en breek en verwoes( kweek anargie) en maak NOG massas afhanilik van die ANC STAAT.

Lourens CFG ·

Rama het dan self gesê hulle wil ‘n “new african economy” inbring.
Dit is hoekom die huideges eers moet onder gaan.

Pieter ·

Die anc kommuniste het die land op sy knie. En nog steeds neem ons nie standpunt in nie.

Mieke ·

As een persoon het ons geen kans nie. Maar as ons in die grote meerderheid saamstaan dan KAN ons die ANC op sy knieë dwing. Wanneer gaan ons kan hande saamsit en iets ordentliks dien. Dis nou tyd om jou trots te laat staan en saam aan iets te begin werk.

Cherokee ·

Nou stel ‘n standpunt Pieter, Laat ons sien of ons saamstem. Jy sal ook moet verduidelik wat moet gedoen word wanneer ons standpunt ingeneem het.

Die Boerepompie ·

Hulle sevhulle n plan .N plan om die mense sonder kos te laat gaan slaap

Anonymouse ·

Ons is by die 4de drank verbod nou. So tot nou toe het hulle net gedruig toe hulle hulle stemme dik gemaak het, en nou moet ons weet hulle is ernstig. Basa, julle het sover al drie kanse gehad en nie gebruik daarvan gemaak nie, niemand neem julle meer ernstig op nie. Miskien kan julle ding of twee gaan leer by die tabak ouens. Julle is soos daai hane wat hulle oppof, meer bek as binnegoed. As ek ‘n lid was van julle organisasie, het ek dit gekanselleer.

SjN ·

Wat van die alkoholiste, word hul nie in ag geneem met die besluite nie, hul het ook mos menseregte? Moet hul ook begin bande brand en klip gooi op paaie om gehoor te word, hul het ook stemreg?

Francois Le Cochon ·

Daar is twee Halaal Spurs in Kaapstad wat nog nooit enige drank verkoop het nie, en altwee bestaan al vir baie jare. Verduidelik dit!

KaRoOkWaGgA ·

Die regering sal dié proses so sloer. Daar sal nie enige hond haar af gemaak word voordat die nuwe vlak 4 inperking hersien word nie. Hulle voel net eenvoudig niks vir sake sektore van ons land nie en ons kan nie eers belasting terug hou nie, want dan is ons ook in die moeilikheid. Ons gaan NOOIT wen nie.

Nico ·

Die swart shebeens word oor gesien want hulle mag maar drank verkoop en die polisie doen niks daar omtrent nie want die polisie is net so skuldig wat absoluut onregverdig is.

lodewyk ·

Jamer om te se maar ons regering is idiote en soek altyd fout op ander plekke,hoe meer mense hulle werk verloor,hoe meer mense gaan begin hulle wend na kriminele aktiwiteite,as jou familie honger ly gaan jy alles probeer doen om vir hulle te sorg….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.