Bietjie goeie nuus vir motoriste

Argieffoto

Die departement van energie het bekend gemaak dat die brandstofpryse Woensdag gaan daal.

Die departement het in ʼn verklaring gesê 93-oktaan petrol sal met 29c per liter daal, terwyl die prys van 95-oktaan petrol met 34c per liter sal daal.

Die prys van 0,05%-sulfaat diesel gaan met 22c per liter daal, terwyl 0,005%-sulfaat diesel 26c per liter goedkoper gaan wees.

Die maksimum kleinhandelprys van gas sal met 71c per kg daal.

Die departement het gesê hoewel die gemiddelde internasionale pryse van petrol, diesel en paraffien sedert verlede maand toegeneem het, het die rand teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die daling word daaraan toegeskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ferdi ·

Wat groot klug tov daling vir wi is di joke gaan kyk in di winkels of jy di kos kan bekostig R40 spanspek in PickPay koop dit eerder op straat vir R15 dan is dit groter en beter

Johann Marx ·

Ferdi, dis tyd om die middelman te begin uitsny. Die boer wat die plaas betaal, werkers betaal, brandstof betaal, saad betaal, kunsmis betaal, saad in die grond kry en bid vir reën…..kry byvoorbeeld R4 000/ton vir sy mielies……….Die groot meulenaars koop dit, haal die mielie-kiem (en 85% van die voedingswaarde) uit…….en verkoop vitamien-verrykte stysel aan die publiek vir R7 795,00 per ton? Daardie uitgedrukte mieliekiem-olie verkoop vir NOG R4 500,00 per ton. Die boer doen die werk, die middelman maak die wins, en die verbruiker duik in die hek.

Cherokee ·

Sug… (met ‘n kopskud)… ferdi, jy kan nie spanspek in jou kar se tenk gooi nie tensy jy dit stook.

Johan ·

Johann vergewe my as ek jou gedagte net bietjie ekonomies uitdruk: Die boere dra al die riesikoe met die minste proffyt…
Ek verstaan dat die boere nie sommer direk kan bemark nie, maar mense die middel manne byt die hand wat hulle voed…

Kobus ·

Brandstof pryse styg,alles op die winkelrakke se pryse styg want,so sê die winkeliers,voorraad was gelewer teen die verhoogde brandstofpryse.Aanvaarbaar. Brandstofprys daal,maar pryse bly onveranderd want so sê die winkelier,dis voorraad wat nog teen die vorige prys gelewer is! Punt is daardie voorraad word nooit uitverkoop nie. Volgende brandstof prysverhoging word aangekondig en dan word die nuwe pryse op die vorige hoë pryse bereken,en so gaan dit aan.

Erick ·

Toe ek gisteraand die nuus hoor, het ek sommer uitgebars van die lag. Wie dink hulle bluf hul? Voor elke kers vakansie styg die prys met ‘n belaglike bedrag, maar na die vakansie daal die prys met slegs ongeveer die helfte van die oorspronklike styging. Hierdie tendens is al die afgelope paar jaar die orde van die dag.

Chris Ws ·

Ons land is baie geisoleer van die eerste wereld lande agv ons ligging heel onder op die mees suidelike punt van Afrika.Dit jaag pryse van alles op.Ons is onderworpe aan wereld mark pryse van ruolie EN die wisselkoers van die Rand/Dollar.Ons bure wat aan ons grens beteken vir ons niks want ons dra hulle met baie dinge soos brandstof en elektrisiteit.Beste van als hulle brandstof is heelwat goedkoper as ons sn!Onthou julle nog toe Sasol ‘n reuse hoeveelhed brandstof aan Zimbabwe verskaf het teen net 11 sent per liter?Wie dink julle het daai een geborg?ONS!
Al hoop vir ons land is die ontdekking van ‘n reuse onderaardse ruolie bron binne ons landsgrense of in die see om ons wat nog nie gebeur het nie.So kla kan ons maar kla dit sal niks help nie.
Wat sal help is as die wereld weer vertroue in Suid Afrika kry en dit hang alles af van watter rigting die regering gaan inslaan.So die anc het die brandstof pryse in hulle hande.Sou Cyril president word en die swak ekonomiese praktyke van zuma omkeer soos in heeltemal omkeer en belegger vertroue baie verbeter en dit die Rand nog sterker teen die Amerikaanse dollar maak ,kan ons brandstof pryse heelwat daal.So dis nou vir wag en kyk watter rigting die anc regering gaan inslaan.

Cherokee ·

Wanneer raak gelees word hoe oud-terroriste nou op voorname bespreek word dring die besef deur hoe bevorderlik digitale media is vir breinspoeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.