Miljarde se korrupsie oopgevlek in Jhb

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg, het tydens die stadsrede gesê korrupsie en bedrog het met nagenoeg R2 miljard afgeneem sedert genl. Shadrack Sibiya  by die stad se interne ondersoekeenheid aangestel is.

“Ons doen moeite om korrupsie bloot te lê en seker te maak dat dié wat skuldig bevind is aan die pen ry,” het Mashaba aan die raadslede in die splinternuwe raadsaal gesê.

Volgens Mashaba is 30 werknemers al sedert die stigting van die ondersoekeenheid in hegtenis geneem.

Mashaba sê hy sal die vordering van die sake voor die hof fyn dophou.

“Daar is 91 werknemers geskors en drie seniorbeamptes het al bedank as gevolg van hierdie ondersoeke,” het Mashaba gesê.

Mashaba het bevestig dat oor die 300 sake tans ondersoek word. Die sake se monetêre waarde oorskry R10 miljard.

Hy het ook gesê die gesprekke waartydens tenders toegeken word, sal van nou af in kamers gehou word wat toeganklik is vir die publiek, die media en alle ander partye wat belangstel.

“Hierdie dinge is vir té lank agter toe deure gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Marina ·

Welgedaan Herman Mashaba! Eks baie bly dat dit gebeur het ek hoop net dat dit die raadslede van die nooddienste in die brandweer departement ook insluit want daar gaan net sulke groot koerupsie aan die gang ! Wanneer gaan Mnr Mccola en sy span ondersoek word wat so gerieflik die unie betaal om hulle monde te hou sodat hulle kan weg kom met koerupsie?wanneer gaan jy kyk na die brandweermanne van city of johannesburg se salarisse wat nog steeds nie aangepas is in 10 jaar nie en al die ander brandwere land wyd se salarisse is jare terug al aangepas behalwe City of Johannesburg se brandweermanne!!! Doen asb iets daaraan want die manne en manninne wag al 10 JAAR en alles word net onder die mat ingevee!!!!

Eben ·

Hoop hy doen vinnig iets omtrent die. Mense besef nie hoe hoogs opgeleid jy moet wees om ‘n brandweer man te word nie.

Jaco ·

Nou wonder ek watse geramtes uit die kas gaan val as die DA dalk in 2019 sou oorneem??

thelsa ·

Berig meld dat 91 werkgewers al geskors is. Dit moet seker wees ‘werknemers’. Vingerfout

Janie Monsieur ·

Dagsê thelsa,
Dankie vir jou kommentaar. Dit was inderdaad ‘n vingerfout! Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Johann Marx ·

So jy gaan my eiendomsbelasting nou laat daal? Hoe harder ek werk om die plek skaflik te maak en te onderhou, hoe meer reken jy en jou trawante is dit werd, en word ek jaarliks daarop belas. My huis is NIKS werd nie….tot ek dit verkoop. Indien ek dit nie verkoop nie, is dit ‘n finansiële las wat ek moet dra, vir die voorreg om daar te bly.

w ·

Welgedaan mnr Mashaba. Huveel huise kon al gebou gewees het en ander departemente kon ook al uit die as herrys het. ANC het net gesteel tu hul Jhb regeer het. Sies. Gesteel vani armes

Johannes Groenewald ·

Ondersoek gerus die tender raad.
Tenders word glo toegeken vir die wat onder die tafel deur kan onderhandel.
En wat het van kwaliteit kontrole geword ?

Ekke ·

Eks baie bly dat Herman Mashaba dit kon reg kry om die koerupsie oop te vlek. Dis n skande dat die brandweermanne so moet saffer deur koerupsie wat deur hulle ” Chief” gepleeg word maar die vraag is :” Gaan Herman Mashaba iets daar omtrent doen?” Het julle geweet dat City of Johannesburg die RYKSTE ” council ” is in die hele Afrika land? En hulle betaal hulle werknemers peaunuts!! Hoop die saak word vinnig opgelos terwille van ons brandweermanne want hulle is almal “Heroes” in my oe. Hulle doen BAIE gevaarlike werk en waag hulle lewens om die van ander te red. Dankie vir elke liewe Brandweerman en brandweervrou van SA julle is awesome!

zahn ·

Die senior beamptes wat bedank het, is hul pensioene aan hulle uitbetaal? Klink vir my soos rotte wat ‘n sinkende skip wil verlaat. Ek hoop hulle bly nog steeds regsaanspreeklik na hulle bedank het? Kan iemand wat weet asb laat weet?

Jan maak n plan ·

Ja ja ons hoor jou maar dis maklik om ye sê soveel sake ten bedrae van soveel rand word ondersoek. Lys die sake aan die publiek sodat ons kan weet en dan monitor.

Afrikaanse Knaap ·

Ek dink oom Herman is die regte man vir die werk. Hy lyk waarlik of hy mense wil dien. In hierdie vertostelike land gee hy my bietjie hoop vanmore.

Fanie ·

News 24 het selfde artikel maar noem dit oor die R10Biljoen. nou wonder ek al klaar weer.

Jaco ·

News 24 het hulle Afrikaans en hulle getallestelsel verkeerd, onder die slegte invloed van die Amerikaners.
MM is reg.
Gaan lees bietjie iewers hoe dit werk.

Janie Monsieur ·

Dagsê Fanie,
Dankie vir jou kommentaar.
‘n “Billion” in Afrikaans is ‘n “miljard” en “trillion” is ‘n “biljoen”.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Deon ·

Fanie, R10bn = R10miljard. Janie, ek stem nie saam nie. Die Engelse het jare gelede al opgehou om die term “milliard” te gebruik. Ek kyk elke dag BBC & Sky News en het nog nooit die term gehoor nie. Die ganse wereld volg die Amerikaanse terminologie. As jy in die Suid-Afrikaanse pers lees oor “biljoene”, bedoel hulle eintlik miljarde. In volksmond is 1 000 000 000 ‘n biljoen en 1 000 000 000 000 is ‘n “trljard”.

Janie Monsieur ·

Dagsê Deon,
Dankie vir jou kommentaar. Die sesde weergawe van die HAT lees: “Daar is ‘n sterk neiging onder Afrikaanssprekendes om, onder invloed van veral Amerikaanse Engels, ‘biljoen’ vir ‘n duisend miljoen te gebruik, eerder as ‘miljard’. Nietemin, die standaardgebruik in Afrikaans bly steeds ‘miljard’ vir duisend miljoen en ‘biljoen’ vir ‘n miljoen miljoen.”

Ek hoop daar is nou meer duidelikheid.

Groentis
Janie nms. Maroela Media

John ·

Hierdie vergrype wat oor twee dekades maklik triljoene beloop moet aan buitelandse hoofstroommedia bekendgemaak word. Volgens die regering is dit maar dood-dollies en in die gang van sake as geld oor die rand van die emmer stort na modderslootjies van selfverryking. In SA sal dit slegter gaan as in enige Suid-Amerikaanse land, selfs Mexiko, en ons kan ook nie noord of suid vlug nie; met ons letterlik en figuurlik tussen die duiwel en die diep blou yskoue see… Koop gerus dollars en ponde… die ANC toon erge massa-selfmoordneigings…

Kaspaas ·

Het ook daaraan gedink om in n’ ander geld eenheid te bele. Maar hoe?
Sal dit waardeer as iemand dit kan verduidelik en/of ander metodes kan voorstel, om te voorkom dat ons rande in asblikke beland…

Darius Els ·

Bewyse van toegewyde werk deur politici dwing mens om se : MASHABA VIR ADJ PRES en Terror Lekota vir President.
Die ondersoeke sal bewys dis almal cANCer lede wat betrokke eis.
Hoop Niehaus / Moleketi se aksies in 2008-2012 werp ook lig.

E.K. ·

Dankie DA! Julle gaan nog jare lank sukkel om eers finansies reg te kry en dan regtig groot dinge te doen, hoop tog net mense verstaan die vrot nalatenskap wat hul ge-erf het en nou eers moet probeer regmaak. Gisteraand op E-nuus gesien die vrou wat in beheer is van dinge soos strate ens in die metro het vertel hoe sy alhoewel sy IFP is, saamwerk met die DA en hoeveel “potholes” hul alreeds herstel het. Geduld emnse, geduld, hulle werk en mens kan dit sien, Rome is nie in een dag gebou nie en ek het respek vir wat hul alreeds reggekry het.

Jaco ·

Dis wonderlik! Baie mooi so! As dit die begin van meer is, is daar hoop vir ons land.
Stem hierdie mense oral in.

Jaco Grobler ·

Mooi so! Goeie nuus inderdaad, ek hoop die kultuur verander ook van help-myself na bedien.

Pietsepan ·

Kort meer sulke burgemeesters. Bring besteding af en verminder belasting.

pietie ·

En nou lees ek dat hier in Kaapstad mense wat in huise bly met waardasie van R1m of meer R250 ekstra vir elektrisiteit sal moet opdok. Dit grens aan uitbuiting. Wil die Kaapse burgemeester nie ‘n slag huis skoonmaak nie?

Pop ·

Ai tog. Mnr Makhaya kan ons jou nie opdeel en na ander stede en dorpe uitdeel nie. Ons waardeer wat jy doen daar. Wys die ander dat almal nie korrup is nie. Baie dankie vir goeie nuus te midde van gaos.

Pierre ·

Baie dankie Mashaba, onthou net om ook te regeer asb want daar moet balans wees.
Die slaggate wat besig is om te verrys in Jhb is nie goed vir jou beeld nie, die Johannesburgers sien dit raak.

christa ·

Knap Gedaan so bly dit begin oop gevlek word nou sal ons kan aan beweeg Kom OU Solly van Tzhwane begin ook hul nou uit haal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.