‘Billik’ om op veilige plek stil te hou as polisie jou aftrek

ʼn Strafregkenner sê volgens die beskikbare inligtin

(Foto: SAPD)

g lyk dit nié of ʼn motoris wat tot by ʼn vulstasie gery het nadat die Tshwane-metropolisie haar beveel het om stil te hou, verkeerd opgetree het nie.

Maroela Media het Vrydag berig oor die jong vrou wat glo in Lyttelton in Pretoria deur lede van die metropolisie beveel is om langs die pad stil hou. Dit was omstreeks 23:30 en die vrou was alleen in haar motor.

Sy het – oënskynlik uit vrees – tot by ʼn vulstasie gery waar die metropolisie haar hardhandig behandel, haar hande vasgebind en eindelik in ʼn polisievoertuig geboender het. ʼn Video van die voorval is op sosiale media versprei en het groot kritiek ontlok.

Dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner, het by navraag gesê dit lyk of die vrou wou seker maak sy hou op ʼn veilige plek stil. “Sy het dit moontlik ook in haar agterkop gehad dat daar geslote kringtelevisiekameras daar is [wat die gebeure kan opneem].

“Wat kommerwekkend is, is dat dit lyk of sy redelik hardhandig behandel is. ʼn Mens weet nie of sy wél regmatig in hegtenis geneem is en of sy haar dus teen arrestasie verset het nie,” het Curlewis gesê.

“Ek dink nie enige hof gaan dink haar optrede, om tot by ʼn veilige plek te ry om byvoorbeeld ʼn kaping te probeer verhoed, was onredelik nie.”

Argieffoto

Curlewis meen die metropolisie moes eerder kalm aan die vrou verduidelik het hoekom sy in hegtenis geneem is. Dit lyk nie of dit die geval was nie.

“Jy is veronderstel om gehoor te gee aan enige regmatige instruksie van die polisie, maar 23:00 in die nag sou jy dink hulle sal verstaan as jy vir hulle wys jy gaan op ʼn veilige plek stilhou,” het hy gesê.

“Dit is duidelik in ʼn land soos Suid-Afrika is daar baie meer op die spel as iemand wat net te halsstarrig is om af te trek.”

Curlewis sê hy vind dit ook moeilik om te verstaan hoekom soveel polisiebeamptes nodig was om die vrou in bedwang te bring.

“Dit is ʼn baie moeilike situasie en elke voorval sal op sy eie meriete oorweeg moet word.”

Hy het gesê die polisie se eie syfers oor die aantal siviele sake wat teen hom aanhangig gemaak en skadevergoedingseise wat die polisie weens onregmatige inhegtenisneming moes uitbetaal, versterk ook mense se agterdog oor die polisie.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het vroeër gesê die voorval word intern ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

PieterJohannes ·

Mens wonder wat het van die beginsel van ‘Minimum geweld’ geword? As dit in orde is om so in hegtenis geneem te word, veral in die lig dat sommige polisie beamptes self betrokke is by misdaad, en andere wat uniforms en wapens verkoop, verhuur en uitleen, sal mens begin wonder of jy nie naderhand jouself moet verdedig teen die polisie nie?

AmY ·

Maar wat het sy verkeerd gedoen dat hulle haar wou aftrek?
Seker niks, want daar word tot nou nog nie ‘n woord gerep oor wat sy verkeerd gedoen het nie.
En nou is die een polisiemannetjie glo skielik met siekteverlof…

Hanna Hoekom ·

Sy was n jong, blanke dame wat alleen in haar motor was. Dus n sagte prooi. Dit was haar “oortreding”!

JohanR ·

Die vrou het miskien verkeerd opgetree maar om soe mishandel te word is heeltemaal verkeerd. Daar is ‘n slegte manier om ietsie te doen, en ‘n goeie manier. Die vrou is amper aangeval, en aangerand en dit is onaanvaarbaar. Hulle het met haar soos diere aangegaan!! Ek is seker vandag is sy potblou oorels?

Ou bobbejaan ·

Ek dink die polisie en verkeer polisie mut ook begin kammeras in hul karre en by padblokades kry. Wat dan altwee partye kan beskerm as daar n saak opkom. Kan vir byde partye help.

Vita ·

Wanneer die SAP of Metro n persoon wil arresteer moet jy jou eers self bekend stel aan die persoon , die rede hoekom jy wil arresteer en jou aanstelling ID wys , dan moet die persoon se regte voorgelees word, dit is duidelik dat nie een van die Metro polisie dit gedoen het nie, die vrou het n baie sterk saak, Sy kan hulle sommer goed laat hoes , net die regte advokaat kry

stem ·

hulle sal enige verskoning gebruik want wie of wat is getuie
metro en polisie voertuie moet maar “dash cams” kry om hul saak te bewys

Dirk ·

Hulle sal dit nooit doen nie anders gaan dit opgevang word hoe hulle bribes kry..

Jj ·

Wayne Minnaar van TMPD kom op vir die beamptes. En wil hul optrede regverdig

George in Bloem ·

“Die saak word intern ondersoek”……yeah right. Ou grapgat. Dis ANC taal vir “onder die mat invee”. Almal weet dit tog al teen die tyd

m.d.r. ·

Vraag: waarom het hullehaar in die eerste maal probeer aftrek ? Om haar voertuig se padwaardigheid en lisensie na te gaan ?Toe sy by die vulstasie stilgehou het en uitgeklim het was dit genoeg aanduiding aan hierdie helde dat sy wel hulle instruksie gehoorsaam. Het hulle nadat hulle in hulle voertuig toegesluit het en weg geneem het , het hulle toe die ondersoeke aan haar voertuig gedoen sonder dat sy teenwoordig was ?He geldig sou hierdie optrede wees?
Ek verstaan uit berigte dat sy aangekla is weens roekelose en nalatige bestuur…..het dit VOOR die aanvanklike blokkade gebeur, of daarna..?
Ek verstaan ook dat sy haar noodligte aangeskakel het—wie sou nou NALATIG bestuur met noodligte aan..?
Hier is baie duidelik ‘n sieklike magsvertoon met rassitiese ondertone aan die gang.
Na my mening moet hierdie uniformgeklede boelies sonder meer voor die hof gedaag word en vir tenminste 5 jaar tronk toe gestuur word–as waarskuwing aan ander helde wat deur middel van hulle uniforms andere terroriseer.
‘n Geldelike eis gaan niks help nie–die Metro gaan dit betaal, nie hierdie helde nie.
Laat hulle aan hulle lywe voel wie en wat hulle werklik is—in diens van die belastingbetalers.

Danie Bosman ·

Sluit aan by Afriforum en laai hul 911 toep af. Hulle sal verduidelik hoe hulle sal help. Dit is soos om n noodknoppie te druk en na my mening wat elkeen moet hê. Baie lesers vra hulle moet in hierdie geval help. Deur aan te sluit help jy Afriforum juis om te kan help.

Pieter ·

Dit is goed wat die vrou gedoen het, maar ook nie goed vir haarself nie, want nou word sy as ń misdadiger behandel. Die publiek moet leer om te erken as hulle verkeerd en ń oortreding begaan het en dan te stop op die bevel van ń beampte. Jy weet mos as jy verkeerd was. Maar as jy skoon is dan weet jy dit is die ander skurke beamptes wat jou vir ander redes wil stop

Karlahari ·

Duidelik bly jy nie in Suid Afrika nie. Dit is nie veilig vir n persoon om in n donker straat af te trek nie. Jy sit jou noodligte aan en ry na die naasteveilige plek.
Die meisie is vantevore in n padblokade afgetrek deur vals polisie en sy het identikits opgestel. Ek wonder wie van die “helde” was betrokke….

Scalla ·

Wys jou net wat gebeur, hierdie is toevallig op kamera vasgevang, stuur dit die hele wêreld vol dat hul kan sien hoekom ons rommel status geniet, hoop vervolging begin sodra die siek persoon herstel.

Sdl ·

Wonderlik hoe daar altyd aan publiek raad gegee word. Saps en metro. Vat raad by my. Lui julle mense beter op en maak julle evaluering strenger.

PJC ·

Om te stop is gevaarlik maar om weg te ry is ook gevaarlik want hierdie “cowboys” is gewapen.so ń mens weet regtig nie wat is die regte opsie nie. Ek staan nog steeds by my standpu t dat ń groot deel van die metropolisie sowel as die polisie onbevoeg is en derhalwe ń groot gevaar vir die publiek inhou wat nie weet hoe om op te tree wanneer hulle deur hierdie mense gekonfronteer word nie. Genadiglik is al my kinders en kleinkinders landuit en hoef ons ons nie nog hieroor ook te bekommer nie. Dit is al klaar genoeg moeite om net te sorg dat jy veilig is in jou eie huis.

Anni ·

Hierdi is onaanvaarbaar, ek Hoop Sy Kry n baaaaaaaie goed opgeleide persoon om hierdi saak te hanteer. Maar ek verstaan ook ni Wat suk Sy so laat alleen waar ookal ni, nadat Sy al n vorige keer ook n nare ondervinding gehad het ni. Wel ek Hoop Sy gaan okay wees

J ·

Annie sy het babysitting gedoen. So sy kom van die werk af. Genade mag mens nie meer in die aand ry nie?

PieterJohannes ·

Wat het geword van die beginsel van minimum geweld? Sy het uitgeklim om te hoor wat hulle wil hê.

De Wet ·

Kan die persoon in die geel hemp en blou kortbroek nie meer lig op die saak werp nie,hoekom is hy so stil?Lees seker nie MM nie

George in Bloem ·

Is daar nie erens ‘n prokureur wat skerp met die soort van ding is om sommer pro-bono die dametjie te help en om Metro eerstens van ‘n stewige bedraggie te verlos nie en om hierdie oorywerige heldhaftige Rambo’s van die swaar las van hulle werke(waarvoor hulle tog so duidelik op die video nie bevoeg en goed genoeg opgelei is nie) te verlos en vir hulle elk ‘n tydjie van rus te reel in een van ons staat se wonderlike vele gratis verblyfplekke landwyd nie?

Sarel ·

Jy weet nie of dit werklik die Polisie is nie. Dink aan die ” Blou Lig Rowers ”
In vandag se tyd moet Dames ook nie dasrdie tyd van die nag alleen rondry nie

Attie ·

As die publiek hulself moet beskerm teen diegene wat hul moet beskerm, is dit duidelik dat die regering van sodanige land GEEN bestaansreg het nie.

Parlement ·

Ek sal die Minister van Polisie dagvaar dat dit nie snaaks lyk nie. En glo my dit sal ook n saak wees wat hulle met graagte buite die hof sal wil skik.

Corrie ·

Dit is nie SAPS, maar wel die Tswane Metro Polisie; dus niks met die Minister van Polisie te make nie. Ek sê weer die manne kyk net vir maklike teikens; hoekom vat hulle nie die Taxi-bestuurders aan nie. Hulle is vrekbang vir die manne in die kombi’s, daarom dat hulle doen wat hulle wil, d.i. die Taxi bestuurders.

SjN ·

En die skikkingsbedrag kom uit belasting betalers se sakke, as hul die geval reg hanteer het volgens voorskrifte was dit nie nodig vir alle partye nie, bewys van onkunde.

Eunice ·

Hoop regtigwaar, die arme vrou sal OK wees! Wat gebeur het, is n nagmerrie! Om iemand, te dagvaar is ongelukkig, n baie duuuur proses, veral as advokate gaan moet begin INkom en n frustrende langdraadige proses! Beste is, ons bly ini Wilde Weste, met gewapende “cowboys” opi paaie…probeer LAATNAG gebruik van paaie snags, totaal uitskakel, as jy vrou-alleen is!!

Werner ·

En dan wonder die mense hoekom daar groepe soos die Crusaders ontstaan

Boerseun ·

Ek sou graag die histerie wou sien en hoor indien 4 gesette wit poliesemanne ‘n tingerige swart vroutjie uit haar voertuig gepluk het en in’ n vangwa geboender het….

JZ ·

Ja hoekom is daar nou n doodse stilte van die President,die ANC. EEF.en DA, Ek weet,om dat dit n wit vrou was. As alles anders om was wit poliesie en n swart vrou het al die partye al moord geskee.

Cornelia ·

‘n Soveelste duidelike voorbeeld van die onoorbrugbare kloof tussen “gedrags etiek” waardige krisis hantering, voorbeeldige lewens beskouing, selfrespek en respek vir die AMP se identiteit as ‘n veronderstelde bekwame wetstoepassings funksie. Afriforum, staan op vir die dame asb. Die oorsaak van geregverdigde wantroue en vrees, kan alleen voor die deur van die huidige bewind en sy geweldskultuur gelê word. Tree vir haar in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.