Binnekort meer Bokke oorsee as tuis

rugbybalWanneer vier Springbokke eersdaags oorsee gaan om in euro en jen geld te gaan verdien, sal dit die eerste keer sedert die aanbreek van beroepsrugby wees dat meer Springbokke oorsee rugby speel as in Suid-Afrika, berig Rapport.

Die vertrek van Gio Aplon, Keegan Daniel, Jean Deysel en Charl McLeod sal beteken dat 49 Springbokke oorsee rugby speel. Daar is tans 57 spelers in die 2014 Superrugby- en Vodacombeker- groepe wat huidige of voormalige Springbokke is.

Dit sal egter tot 48 afneem na vanjaar se Superrugbyreeks wanneer spelers soos JP Pietersen, Heinrich Brussow, Peter Grant, Ryan Kankowski en Dewald Potgieter terugkeer Japan toe. Dit sal beteken daar is 49 Springbokke oorsee en 48 tuis.

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het aan Rapport gesê die oorsese mark bied sedert 1996 aanloklike vergoeding met lae belasting aan topspelers in die Suidelike Halfrond. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.