
(Argieffoto)
Suid-Afrikaners in veral die binneland moet hulle dié naweek staal vir vrek warm temperature.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn waarskuwing uitgereik vir hittegolftoestande wat oor die volgende paar dae in Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die oostelike gedeeltes van die Vrystaat, die westelike Bosveld in Limpopo en die westelike dele van Mpumalanga gaan heers.
Temperature van diep in die 30’s word vir verskeie plekke voorspel en donderstorms kan plek-plek voorkom.
Die baie warm weer gaan na verwagting tot minstens Sondag duur, het die weerdiens gewaarsku.
Die weerdiens het mense gemaan om genoeg vloeistof in te neem en te verseker dat vee en troeteldiere toegang tot genoeg water het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ons het al die afgelope week temperature wat by 42 C draai in Noordkaap.
Is lekke by die see hier in KZN……
Hoeveel opgaardamme is die afgelope 25 jaar gebou en hoeveel het die bevolking in die tydperk gegroei? Bome neem dekades om groot te word maar vrek deesdae in hope. Niemand wonder oor die brandhout wat orals verkoop word nie… waar dit vandaan kom nie. Stede en dorpe gaan agteruit weens ‘n watertekort maar die bestuur is min gespin en stel bloot net waterbeperkings in. Hoeveel swembaddens is deesdae muskietbroeiplekke? Rye landsburgers met plastiekhouers is deesdae ‘n algemene gesig. In die volgende 10 jaar het ons 10 miljoen meer mense wat water sal gebruik. Wat gaan die ANC doen of mag… Lees meer »
Ag nee wat, ons sal eers moet sien, Deesdae is die weer voorspellers nes die regering, Vol beloftes. Daar was al gepraat van hewige storms ens. n week terug. Elke dag wys daar reen, maar niks gebeur nie.
Ek vat maar elke dag soos hy kom.