Frans Kalp, ʼn vriend van die Binnelanders-skrywer Elsabé Roux wat op Kersdag oorlede is, het gesê sy sal altyd in hul harte bly.
Kalp, ook ʼn medeskrywer van dié gewilde sepie, het aan Maroela Media gesê Roux was in die hospitaal met ʼn maagsweer. “Sy is weens mediese komplikasies oorlede,” het hy gesê.
Roux (40) was ’n talentvolle draaiboekskrywer wat haar loopbaan by Egoli: Plek van Goud begin het. Deur die jare was sy by talle sepies betrokke, onder meer Villa Rosa, Binnelanders, Generations en Isidingo.
“Elsabé sal altyd in ons harte wees en ons sal vir haar lief bly,” het Kalp bygevoeg.
Die vriende is tans by Roux se huis om mekaar te ondersteun.
Elsabé laat haar sesjarige dogtertjie, Stella, agter.
Maroela Media het vroeër berig kykNET en Binnelanders het Kersdag afskeid geneem van Roux en die bekende vervaardiger, Friedrich Stark.
Rus in vrede.
Nog so jonk. Die arme sesjarige kleuterkind wat nou sonder mamma gelaat word. Dis baie hartseer.