Binnelandse sake besorg oor moontlike staking

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake (Foto: ANA)

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Donderdag aangekondig dat sy departement ʼn kennisgewing van ʼn staking ontvang het deur vakbonde wat kantoorpersoneel verteenwoordig.

“Indien hierdie staking sou voortgaan, sal verpligte dienste wat binnelandse sake aan burgers kragtens die Grondwet lewer, geraak word. As binnelandse sake is ons dus baie besorg oor die dreigement van ʼn staking voor een van ons besigste periodes in die jaar, naamlik die wintervakansie. Die aantal versoeke vir reisdokumente styg gewoonlik in hierdie tydperk wanneer families gereed maak vir die lang vakansie,” het Apleni tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê.

Hy het gesê werknemers het besluit om te staak oor ʼn voortslepende dispuut oor werksure. Dit is die kantore wat versoeke ontvang en prosesseer vir verskeie dienste van Suid-Afrikaanse burgers en ander kliënte.

Indien die staking op 19 Junie gebeur, sal dit onbeperk voortduur.

“Die vakbonde het Dinsdag die kennisgewing oorhandig ná onderhandelings vasgeval het, veral oor die verskaffing van dienste aan kliënte op Saterdae.

“Personeel werk al sedert 2004 op Saterdae. Tussen 2004 en 2010 het ons oortyd betaal, maar dit was nie volhoubaar nie. Van 2010 tot 2014 het ons ʼn afdag gegun vir persone wat op ʼn Saterdag gewerk het, en personeel kon enige dag van die week af vat. Dit het egter ernstige uitdagings gebring. Personeellede het verskillende dae in die week afgevat en die departement moes gereeld met beperkte personeellede bedryf word.”

Apleni het gesê ʼn voorstel is ingedien, waarvolgens personeel elke Woensdag sou af kry vir elke Saterdag wat daar gewerk is, om die uitdaging van die beperkte personeel te oorkom.

“Ons is nie in ʼn finansiële posisie om oortydbetaling te oorweeg nie. Ons het dus die alternatief voorgestel, sodat personeellede nie ses dae ʼn week sou werk nie, en dat hulle binne 40 uur sou bly,” het hy gesê.

Hy het gewaarsku indien die staking sou voortgaan, sal dienslewering hierdeur benadeel word.

“Ons mense het geen alternatief vir die dienste wat binnelandse sake lewer nie. Ons moet dus vinnig ʼn oplossing kry.

“Ons sal niemand intimideer nie en het nog nie enigiemand gedurende hierdie hele proses geïntimideer soos die vakbonde beweer nie. Ons sal ook nie persone se arbeidsregte skend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vra net. ·

Doen tog asb dringend iets omtrent die saak. In ag genome met al die mense wat nou alles in die brande verloor het en I.d’s en paspoorte dringend benodig.
Asb doen net iets.

Daan ·

Dit sal 2 vliee wees met een hou soos wat by a staalfabriek gebeur het. Die werkers het ‘n verhoging gekry en almal is heraan gestel en die blankes wat nie getsaak het nie, het hulle werk verloor.

zahn ·

Is 40 uur per week dan baie? Vat hoeveel personeel daar is, dan saljy sien julle kan met die helfde daarvan wegkom. O ja, ek praat nou van die helfte wat wel werk. Op Worcester is dit pateties om te sien hoe mense struggle om boggerol te doen.

Schalk ·

Is dit nie ironies nie? Mense kry werklik swaar en om oortyd te kan werk verlig soms die druk as jy vergoed word natuurlik. Die afdag is ‘n bonus al is dit nie in randwaarde nie. Die 40 uur week het destyds al begin om produksie te laat afneem in talle ondernemings. Voeg daarby die selfoon en rokers se vyf minute elke uur en die som wys duidelik dat die 40 uur werk per week net ‘n getal is. Bitter min mense werk werklik die 40 uur eerlik.
So gee eienaars van besighede maar toe aan die wet en werkers vereis net meer en meer. Aan die eerlike harwerkendes wat die werksplek respekteer en binne die basiese regulasies van by werk die werk doen en tee en etenstye gebruik om te rook en selfoon te gebruik , Baie Dankie JULLE is min!!!

Johan. H. ·

Anc ons werwag eintlik maar niks beter van julle nie,, Julle skiet julself in die voet,,Kyk maar op die langduur, geen werk, geen kos en tronke oorvol ,,,en die armes voel dit eerste…

Johann ·

In Nelspruit is binnelandse sake vir ‘n tyd al toe, sommer net toe en dit staak nie eens nie.

Nico K ·

Net om vir almal wat kommentaar lewer te verduidelik. Hierdie staking word deur die Vereniging van Staatsamptenare gedryf, wat die meeste blankes verteenwoordig en tradisioneel die blankes se unie was. Dit gaan daaroor dat ‘n werkgewer nie eensydig jou werksure kan verander nie. Die ANC verteenwoordiger die werker waar dit hulle pas, maar as hulle in gesagsposisies is, steur hulle hul nie aan arbeidswetgewing nie.

alida ·

Of enige staatsinstansie nou ‘n staking afkondig of nie hulle staak in elk geval want die diens is power net waar jy kom. Of hulle eet by die toonbank of staan en gesels (skreeu) eerder vir die “dowe” een langs hom. Eers as jy ‘n paar keer gehoes of op die toonkank geklop het sal jy miskien gehelp word mits dit nie naby sy tee of etenstyd is nie. Indien dit naby sy etenstyd is is “sorry I’m on lunch” die enigste diens wat jy kry. Makes no difference.

Esra Nell ·

Gaan hulle nou eers staak, ek het al agtergekom en tot die slotsom gekom dat die meeste staats departemente permanent op staak is, orals le en sit dit en van diens is daar geen sprake nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.