Binnelandse sake had ‘geen rekord’ van Thabo Bester

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake. (Foto: Siya Duda/GCIS)

Thabo Bester se geboorte is nooit geregistreer nie en daar is ook nooit ʼn identiteitsdokument of paspoort aan hom uitgereik nie.

Die departement van binnelandse sake kon geen inligting oor Bester in sy stelsels opspoor nie, het minister Aaron Motsoaledi Vrydag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Beamptes van binnelandse sake is hierna na die huis van Maria Meisie Mabaso, wat in die media as Bester se ma geïdentifiseer is. Sy het aan die beamptes gesê Bester is op 13 Junie 1986 in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto gebore. Beamptes is daarna na dié hospitaal waar argiefrekords dit bevestig het.

Mabaso het self ook nooit ʼn geboortesertifikaat of ID gehad nie en het dit eers op 37-jarige ouderdom bekom toe haar tannie haar daarmee gehelp het. Sy het toe ook besluit om haar tannie se van, Mabaso, aan te neem in plaas van haar ma se van, Bester. Mabaso het haar drie ander kinders daarna ook geregistreer met die van Mabaso. Volgens haar het Bester in 2006 verdwyn en het sy hom om dié rede nie geregistreer nie.

Mabaso kon egter onthou watter skool Bester bygewoon het en beamptes het die skool besoek en vasgestel dat hy wel die betrokke laerskool in die suide van Johannesburg bygewoon het. Hy het graad 5 voltooi voor hy verdwyn het.

Thabo Bester tydens sy verhoor meer as tien jaar gelede. (Foto: Verskaf)

Rakende berigte dat talle paspoorte in Bester se besit gevind is met sy inhegtenisneming, het Motsoaledi gesê sy departement het nooit ʼn paspoort aan Bester uitgereik nie en dat ʼn Amerikaanse paspoort by hom gekry is toe hy in Tanzanië vasgetrek is. Die naam van ʼn ene Tom Williams Kelly verskyn op dié paspoort.

Volgens Motsoaledi is daar geen rekord dat Bester die paspoort gebruik het om Suid-Afrika te verlaat nie en daar moet dus nog vasgestel word hoe en waar hy en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana, die land se grense oorgesteek het.

Die departement van korrektiewe dienste en die polisie het wel Bester se vingerafdrukke en ʼn foto geneem toe hy destyds die eerste keer in hegtenis geneem is.

Magudumana het Donderdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn ure nadat sy en Bester terug na Suid-Afrika gebring is. Die saak teen haar is tot Maandag uitgestel. Sy sal na verwagting dan saam met die ander medebeskuldigdes in die saak, onder wie haar pa, in die hof verskyn.

Bester sal na verwaging later vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hoe kon hy ingeskryf word by ‘n skool sonder ‘n geboortesertifikaat en ooit aansoek doen vir werk sonder ‘n ID? Hy het miljoene om te spandeer aan omkoopgeld, maar het nie ‘n ID nie?

Aai ·

Sy ouers moes hom geleer het vir wie hy is vandag alles vervals.

Cherokee ·

…hy wel die betrokke laerskool in die suide van Johannesburg bygewoon het. Hy het graad 5 voltooi voor hy verdwyn het.

Pierre ·

Hoe is hy voorheen gevonnis as hy geen identiteits dokument het nie, watse besonderhede is destyds verskaf omrede jou krimenele rekord teen jou identiteit aan geteken word of loop een of ander onskuldige persoon nou met moord en verkragting teen hulle naam?

absoluut ·

kan maar net ander kriminele wees wat hom toe in hegtenis geneem het waar niks saak maak nie

Harley Davidson ·

Hoekom word die populasie gereken op 60 miljoen mense as daar nie meer as 40 miljoen suid Afrikaanse burgers wete glik in sa bly nie,omrede die regering nie weet wat aangaan nie .

Aai ·

Seker daar is duisende in SA waar daar ook geen rekord van is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eerder miljoene. Die bevolking is waarskynlik reeds meer as 100 miljoen.

Anna84 ·

Verseker, dit is beslis die rede waarom mense letterlik met moord wegkom

Tanya ·

Het hulle nie ‘n ID nodig gehad om hom destyds toe te sluit nie en wat was hulle plan van aksie toe hulle vermoed dis sy liggaam wat in die sel uitgebrand het, mens kort ‘n ID om ‘n dood-sertifikaat uit te reik. Ek vind dit alles baie snaaks.

Estelle ·

Voordat Bester (weer) verhoor en (hopelik) gevonnis word, moet hy eers vir ons kom vertel hoe het hy dit reggekry om so slim te geword het sonder niks.

Perdeby ·

Dit klink vir my hy het op straat groot geword as hy 2006 verdwyn het, en daar raak hulle baie slim met die regte ( verkeerde ) mense

Kobus ·

Iemand lieg vir iemand…..vraag is wie? Dis mos nou klomp snert. Die ministers val nou oormekaar om mense te paai. Niemand wil/kan/sal verantwoordelikheid vat nie

Papsak ·

Nee kyk hulle sal altyd van niks weet nie of kry nie maar hulle broer sal hulle beskerm pateties hy moes sekerlik skool geloop het hy is gebore waar sy sertifikate dan hulle plan gemaak altyd onskuldig

MJLS ·

O, die weë van die misdadigers in SA. Die buiteland lag ons kliphard uit.

Eugene ·

Ons is nie stupid nie. Geld het krag. Binneland se sake is omgekoop. Dr Aaron, jy “fool” jouself. Dis snacks. Almal wat deur die ramp-phosa regering aangestel word, is dokters.

Herman L ·

Die hospitaal, die skool, die hof, die polisie en die gevangenisdiens weet van hom, maar die departement van binnelandse slape weet nie van hom nie. Suid-Afrikaners begin gewoond raak daaraan dat die meeste staatsamptenare ‘n salaris verdien sonder om ‘n steek werk te doen.

Perdeby ·

Ek wonder maar net waar kom die Bester van vandaan, was die pa blank of kleurling.

Casper ·

Die ma het by wyse van ‘n laatregistrasie van geboorte haar identiteitsdokument bekom.Slegs DNA toetse sal bevestig of sy wel Bester se ma is.As jy by ‘n skool inskryf moet jy ‘n geboortesertifikaat toon.Watter name het hy gebruik.Het hy nooit aan verkiesings deel geneem nie.Hoe kom hy in besit van die Amerikaanse paspoort.Vat die paspoort na die Amerikaanse ambasade om die egtheid te bepaal.Hy het SA onwettig verlaat na Mosambiek toe en is vandaar na Tanzanië.Ek het as immigrasiebeampte baie vals registrasies van geboortes ondersoek,waar die applikante “ouers” koop.

Genis ·

Dis lagwekkend, hy was voorheen aangekla, en tronk toe, sonder n ID. Hulle ondersoek vir maande, geen ID… Afrika- geld maak als wat krom is reguit

Rooikop ·

So hy was op 20jarige ouderdom in gr5 as hy 1986 gebore is en in gr 5 verdwyn in 2006

Jinksie ·

Ons weet almal daar sluip pensionarissse in die laerskool klasse rond wat nie die onderwyser is nie.

Jinksie ·

Jare gelede weens n tikfout van n amptenaar by die onderwysdepartement, (sekretaresse by public school) is ek gesê om my I.D te verander. Omdat my I.D nie by hulle sn pas nie, kon hulle my nie my salaris gee nie. Binnelandse slape in die Ooskaap wou my bittergraag Pretoria toe stuur. Ekt baklei, tot hulle gesê het die amptenaar by die skool moet my i.d reg in tik. So hoe wakker is die departement van slape. Tik hulle nie dalk verkeerd in nie.

Lida ·

Net nog n bewys hoe korupsie en wetteloosheid seefier in SA????

Delia ·

Want daar bestaan nie n Thabo Bester nie. Ook n opgemaakte naam en van

muffin ·

Binnelandse sake het baie 100 miljoen mense omkoop geld aanvaar om ID en Passpoort vir vlugteling uitreik om cANCer te stem . so die skole en hospitaal en polisie kry ook omkoop vir hulle om nie inligting noem nie.

boerie ·

Het hulle regtig dit self agtergekom, kan dit nie glo nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.