Binnelandse sake kan weer dienste hervat

Argieffoto

Die departement van binnelandse sake het Sondag bevestig sy aanlynstelsels is weer in werking nadat dit sedert Vrydag nie beskikbaar was nie.

Volgens die departement het ʼn kragonderbreking Vrydag by die staat se inligtingstegnologieagentskap (Sita) veroorsaak dat die aanlynstelsels van al die kantore van binnelandse sake landswyd nie beskikbaar was nie.

Dit het daartoe gelei dat die departement geen geboorte-, huweliks-, doodsertifikaat-, identiteits- of paspoortaansoeke kon verwerk nie.

Nadat die kragonderbreking herstel is, moes die departement al die geaffekteerde aansoeke op sy stelsels eers nagaan, insluitend die nasionale bevolkingsregister en die nasionale identifikasieregister.

“Ons tegnici moes ʼn enorme taak aanpak om te verseker dat die stelsels weer aan die gang kan kom en beskikbaar is om dienste vir ons kliënte te lewer,” het Thulani Mavuso, waarnemende direkteur-generaal van binnelandse sake, Sondag gesê.

“Ons het die toetsproses afgehandel en ons is vol vertroue dat al ons stelsels gereed is om Maandag gebruik te word. Ons vra opreg om verskoning vir mense wat geaffekteer is deur dienste wat nie Vrydag beskikbaar was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

tom ·

Kan nie kla van diens daar is nie.Was al 3 dae daar dan is daar geen diens

Vonkprop ·

Klink eerder na iets wat beplan was veral met al die verwikkelinge in ons land tans.

Karen van Zyl ·

Nee nee, so maklik gaan hulle nie daarvan afkom nie, hoeveel keer in die verlede is hulle al van lyn af, een te veel keer?

John ·

… Was dit nie ‘n langnaweek nie? Mens sit as jy ‘n goeie landsburger is die krag af as jy weggaan… Eskom se ok so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.