Binnelandse sake langer oop in Februarie

Die departement van binnelandse sake se kantore sal vandeesmaand langer oop bly vir die publiek.

Die departement het Maandag aangekondig dat kantoorure vir die hele Februarie daagliks met drie uur verleng word. Dit is egter nie duidelik waarom dié besluit geneem is nie.

Luidens ’n verklaring sal klante weeksdae van 08:00 tot 19:00 gehelp word, eerder as die gebruiklike 08:00 tot 16:00. Die departement sal ook toesien dat almal wat teen uitkloktyd nog binne die kantoor is, eers klaar gehelp word.

Die departement raai kantoorbestuurders egter aan om die kantoor 30 minute voor toemaaktyd te sluit, onderhewig aan die aantal persone wat nog gehelp moet word. Dit is om amptenare toe te laat om al die nodige werk voor uitkloktyd af te handel.

Luidens die verklaring moedig die departement ook mense aan wat van voorneme is om sy kantore te besoek, om dit so vroeg as moontlik op hul voorkeurdag te doen.

Aansoeke en die afhaal van ID-kaarte en paspoorte sal tydens die verlengde werkure geprioritiseer word. Ander dienste soos die uitreiking van geboortesertifikate, sterfsertifikate en aansoeke om wysigings en regstellings sal ook gelewer word.

ID-kaarte kan na verwagting twee weke ná die aansoek afgehaal word. Die departement het tans sowat 400 000 ID-kaarte reg oor die land wat nog nie afgehaal is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mienks ·

So nou gaan mens eindlik nog langer in die tou sit want daar is geen haas om mense te help nie.

Charmain ·

Ek was gister & vandag by Akasia, die rye staan in die pad af en beweeg elke uur met 1 persoon! Die ry net om die register te teken vat 45 min dan word jy n ry buite die gebou toegewys waar jy heel oggend staan. Om 13.00 sluit die deure en as jy nog nie in die gebou is nie, word jy aangesê om more weer te kom! Kan iemand verduidelik hoekom is daar n inteken register, want jy word nie n nommer toegeken nie…

Stof ·

Met dank aan die Departement vir die toewyding. Slegs met uitsondering is enkele kantore dalk nog in opleiding. Maar die oorgrootte meerderheid publieke takke se amptenare is toegewyd en doeltreffend.
Baie dankie aan die personeel, wat ons wat dikwels daar moet draai, se ervarings so mooi stroomlyn en ‘n vreugde maak.

Ester ·

Hoop maar hulle is aanlyn… was gister by DHA in Akasia en moes omdraai omdat hulle nie kan help nie?!

Leonie ·

My man het my 16 jarige dogter Edenvale toe gevat maar no luck. Daar is mense wat daar rondbeweeg en as jy hulle R750.00 betaal vat hulle jou papiere na die naaste toonbank. Baie onregverdig as jy my vra. Almal het nie daai geld nie en ek sien dit as bedrog. Aanlyn aansoek gedoen maar glo my dit help jou ook niks nie. Kan ook nie direk na bank gaan nie want sy het nognie ‘n rekening nie. Binnelandse sake moet soos vroeër jare na die skole gaan om die kinders daar te help. Hulle diens is treurig verby.

Moedeloos ·

Ek is in 1979 getroud en daardie tyd was jou trousertifikaat in jou blou ID geplak. My pensioenfonds vereis egter bewys van hierdie sertifikaat. Ek kan aansoek doen ON LINE of moet ek n kantoor gaan besoek?

netekalleen ·

Ek het vanoggend n whatsapp gekry wat se die groen id boek is van einde maart af ongelgig. Oplyn gerigistreer maar die vorm wat jy moet aflaai wil om die dood toe nie aflaai nie. So dis n helse gesukkel. weet nie hoe waar die whatsapp boodskap is nie, maar dan maak dit sin dat al die kantore skielike langer tye oop is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.