Binnelandse sake moet stelsels moderniseer

Die DA sê die departement van binnelandse sake moet sy rekenaaraansoekstelsels aanpas om minstens met moderne tegnologie by te hou. Angel Khanyile, DA-woordvoerder oor binnelandse sake, het die stelsel as iets uit die “Donker Middeleeue” bestempel en gaan nou parlementêre vrae hieroor op ʼn dringende basis indien in ʼn poging om die totale ineenstorting van die stelsel te verhoed.

Khanyile meen ʼn stelsel wat mense in staat stel om hulle visumaansoeke regstreeks dop te hou, sal veral agterstande pak en groter deursigtigheid bewerkstellig.

Volgens Khanyile het die departement onlangs aan die portefeuljekomitee onthul hy het ʼn agterstand in aansoeke wat tot 2016 terugdateer. Dié agterstand is weens die Covid-19-pandemie glo vererger.

“Die huidige agterstand oorskry 74 000, met berigte wat daarop dui dat dit tans op 95 000 staan,” sê Khanyile.

Veral diegene wat aansoek om visums doen, voer ʼn opdraande stryd omdat daar geen toegang tot die aansoekstelsel is nie. Aansoekers kry bloot generiese antwoorde soos “aansoek ontvang” en “aansoek hangende”. Diegene wat telefonies hul aansoeke probeer opvolg, sukkel ook omdat talle kantore eenvoudig nie hul telefone antwoord nie.

“Dié gebrek aan deursigtigheid lei tot groot frustrasie en die DA word oorval met klagtes en oproepe om hulp.”

ʼn Nuwe stelsel sal ook ʼn belangrike rol speel in die toerismebedryf, ʼn groot bron van inkomste vir die land se ekonomie, sê Khanyile.

“Die DA stel voor dat die stelsel opgegradeer word sodat gebruikers regstreeks die vordering van hul aansoeke kan volg.”

Daarom sal die DA binnekort sy parlementêre vrae indien om dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, aan te spoor om sy departement reg te ruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

domheks ·

Daar is nie geld vir opdatering nie, dan kan minder sak toe gaan!

koos10 ·

Hoekom nou eers? Vir 30 jaar is geen opgraderings by enige staastdepartemente gedoen nie, so my vraag weereens: Hoekom nou? Want dit is voor ‘n verkiesing, en dit sal net ‘n verkiesingsbelofte bly. Hoekom is ek so seker? Maklik, ek het navorsing gedoen om rekords elektronies te skandeer en te bewaar. Net vir een klein afdeling in ‘n staatsdepartement sal tussen R1.9 en R2.4 miljard kos (werklike kostes gebasseer op 2024 pryse, nie BEE kostes nie). Die staat het nie die hulpbronne, kennis of geld om dit te kan doen nie. So ja, versuim om in 30 jaar iets te doen nie, druk ons dadelik terug na die middeleeue!

M ·

So absoluut ‘n algehele kenteken van die totale onbevoegdheid van die verrottende en korruptiewe anc kaders !!

Pieter ·

lol
nie jippee nie, maar lag vir die grap!!! Maar julle wil NGV??????? Wys ons wat julle al as sukses onderhou en verbeter met wat daar is en dan kan ons praat oor iets nuut.

Pieter ·

Hierdie dinge kon JARE terug al gebeur het… MOES AL JARE TERUG GEBEUR HET!

Wonder waar gaan hulle die geld kry vir al die infrastruktuur om dit te doen en deesdae is dit nie net ‘n “once off” uitgawe nie.

My genade maar die lot is spesiaal.

PS so paar jaar gelede het dinge nogal lekker gewerk en het ons nie nodig gehad om in vuil, stink plekke vir ure te wag en ons tyd te mors. Man dit was net voor covid-ed. Nou werk niks? nie eers die geboue… Wat se dit vir julle? Is dit software of hardware se skuld? Neeeeeeeeeeeeeeeee Dinge gaan nie verander as die MENSE nie ook nie. Jy kan die wereld se geld he, maar as die mense net gravy train, dan gaan niemand nerens…

Pieter ·

Dis maklik om te bepaal watter poste die meeste geld verdien.
Dis ook nie te moeilik om “papegaai” werk automate.

Die ANC het werkloosheid stats gebull deur om onnodige mense in die staat werk te gee. Hulle hoort nie daar nie en wil ook nie daar wees nie want hulle werk nie. Dis my gevoel.

1. So pas die groot salarisse aan na mark = jy het geld beskikbaar
2. betaal die af wat nie werk = jy het geld beskikbaar
3. omdat jy sommige prosesse automate, het jy mender mense nodig = jy het meer geld beskikbaar.

So daar is geld, begin daar!

Julle sal verbaas wees hoeveel ‘n mens kan regkry met min geld, as jy die regte mense wat WIL gebruik.

Pieter ·

Maar los een probleem op, en skep ‘n nuwe.
Hoe meer IT, hoe minder mense is nodig vir die job…
So nou wat nou van ons werkloosheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.